► Terrorisme bars los in Mpumalanga en Limpopo met drie plaasaanvalle die afgelope naweek: Saterdagaand op plaas in Roodepoort-gebied naby Warmbad, man (61) onder die ken doodgeskiet en vrou (55) in bors gewond, name nog nie bekend; ook Saterdagaand Gert Kruger (81), sy vrou Rita (71) en dogter Marietjie (45) op hul plaas buite Marble Hall deur vier gewapende rowers oorval, ernstig aangerand en beroof; derde voorval Sondagoggend op plaas naby Waterval-Boven, ses aanvallers oorval David Hempson (72), aangerand en beroof ► Vir diepgaande ontleding deur swart navorser Cristopher Gumbi aan Universiteit van Limpopo oor aard en sielkunde van plaasaanvalle, volg hierdie skakel ► Vroeër Woensdag 10 April 19 oorrompel drie gewapende mans 53-jarige vrou en haar kinders in hul huis in Uitenhage, bind hulle vas en roof klere, selfone, juweliersware, ʼn skootrekenaar en kontant ► Volgens berig in The Zimbabwe Mail het China verlede jaar grond-tot-lug missiele (SAM) in Zimbabwe geïnstalleer en is China op die punt om ʼn geheime ondergrondse militêre basis in Zimbabwe te bou en van hul elite spesmagte in Zimbabwe te stasioneer – volg hierdie skakel vir meer inligting ► Rapport en City Press berig dat adjunk-pres. David Mabuza, Minister van Minerale Bronne Gwede Mantashe en ANC verkiesingshoof Fikile Mbalula, onder die top ANC-leiers wat volgens hul eie “Integriteitskomitee” onbevoeg is om in die Parlement te dien ► Sasol open nuwe Impumelelo Steenkoolmyn van R5,6 miljard naby Balfour, Mpumalanga, kan 10,5 miljoen ton steenkool per jaar lewer en het 1 760 mense in diens ► Franco Smith, afrigter van Cheetahs, aangestel as nuwe hoofafrigter van Italië vanaf Januarie 2020 ► Blitsbokke staan uit die as op en wen internasionale Sewestoernooi in Singapoer deur Fidji in eindstryd met 20 – 19 te klop – nadat hulle rustyd 0 – 19 agter was ► Australiese agterspeler Israel Folau, voorste drie-drukker in Super14-reeks en op R21 miljoen per jaar besbetaalde rugbyspeler in die wêreld, met skorsing gedreig uit alle rugby omdat hy as Christen sê dat homoseksueles hel toe gaan ► In gholf sprokiesverhaal toe legendariese Tiger Woods ná 14 jaar weer major gholftitel wen met oorwinning afgelope naweek in 83ste Amerikaanse Meesterstoernooi te Augusta, Georgia ►

Afrikaner Opheffing (25)

Die werklikheid van sowat 8 000 blanke kleuters wat elke skooldag in 87 skole landswyd van ‘n maaltyd voorsien moet word ten einde honger by hulle hok probeer slaan, gryp ‘n mens aan die hart. Dit is die werklikheid wat Solidariteit Helpende Hand verlede week in ‘n media verklaring uitgespel het. Wat nog meer ontstellend is, is dat die nood so groot is en die behoefte by die dag so erger word, dat Helpende Hand beplan om hul projek #StopHonger volgende jaar uit te brei na sowat 12 000 kleuters – 'n massiewe 2,4 miljoen etes per jaar.

Die voedingsprogram van Helpende Hand spruit uit hul Kosblikkie-projek wat in 2009 begin is en geleidelik uitgebrei is na gelang van die nood, totdat in 2018 vir altesaam 6 500 kleuters van 82 skole landwyd elke skooldag 'n bord kos voorsien kon word. Intussen ontvang Helpende Hand soveel versoeke om ook by kinderhuise, ouetehuise en behoeftige gesinne – hoofsaaklik blank - in te gryp, dat as bykomende veldtogte #StopHonger en #HelpJag begin is ter aanvulling van die Kosblikkie-projek.

Volgens die mediaverklaring is #HelpJag in 2018 van stapel gestuur weens 'n tekort aan ʼn goeie, goedkoop proteïene en word jagters aangemoedig om wildsvleis vir Helpende Hand te skenk om dié tekort aan te vul. Om vir 'n jaar aan die daaglikse minimum proteïeninname van kleuters te voorsien, benodig #HelpJag 160 ton wildsvleis.

Elke koedoe kan ongeveer 40 kleuters vir 'n maand voed, terwyl 'n gemsbok 26 kleuters vir 'n maand voed. Selfs 'n springbok kan 6 kleuters per maand van 'n gesonde maaltyd help voorsien.

Die mediaverklaring lui verder: “Jy kan betrokke raak en Helpende Hand só help om 2,4 miljoen etes vir 12 000 kleuters landwyd te voorsien: SMS die woord STOP na 38969 en skenk ʼn bord kos vir ʼn honger kleuter. Die SMS kos R10. Of besoek www.stophonger.co.za vir meer besonderhede oor verskillende opsies om hierdie projek te ondersteun.”

Moordende swart ekonomiese bemagtiging, regstellende aksie en ander skreiende rassediskriminasie van die ANC-regime die afgelope 25 jaar is duidelik besig om sy tol grootskaals te eis. Hoewel armoede in Suid-Afrika volgens Statistieke SA (SSA) steeds toeneem vanweë swak ekonomiese groei, hoë werkloosheid en groeiende afhanklikheid van huishoudings van krediet, bestaan geen amptelike prentjie van armoede onder spesifiek die blanke segment van die bevolking nie.

Na raming deur Ditsem Nuus aan die hand van navorsing deur verskillende instansies gedoen, leef uit 'n bevolkingsegment van sowat 4 miljoen meer as 800 000 blankes in SA in erge armoede, meesal in tot soveel as 1 000 blanke plakkerskampe of –gemeenskappe. Onlangs is mense op sosiale media aangemoedig om Google in te span om “Wit plakkerskampe in SA” op te soek en het die uitslae 'n oorweldigende aantal beelde gewys waar blankes in haglike omstandighede woon.

Dit is duidelik dat op die Afrikaner, die behoudende gedeelte waarvan sigself beskou as 'n Christelike volk in eie reg, 'n enorme uitdaging wag. Die uitdaging is nie net materieel nie, maar ook en veral die gepaardgaande diepe morele verval onder die Afrikaner.

Volgens ‘n mediaverklaring van Solidariteit Helpende Hand vandag 4 April, sorg hulle dat minstens 8 000 kleuters in 78 skole landswyd, grotendeels blanke kleuters, elke dag ‘n maaltyd kry, waarskynlik hulle enigste kos van die dag. Dit word gedoen onder die #StopHonger-projek, wat beplan word om weens die eskalerende nood uit te brei na 12 000 kleuters en dit sluit in slegs versoeke en geen verdere ondersoeke in blanke plakkerskampe nie.

Intussen woord ook versoeke ontvang van kinderhuise, ouetehuise en nog meer behoeftige gesinne. Om die #StopHonger-projek te ondersteun, SMS woord STOP na 38969 en skenk ʼn bord kos vir ʼn honger kleuter (SMS kos R10). Besoek ook www.stophonger.co.za of skakel 081 374 5043.

Die projek toon die weidverspryde armoede onder blankes in SA.

In 'n tyd waarin die kultuurerfenis van die Afrikaner in die land verguis word soos nooit te vore nie, wys feite daarop dat hierdie erfenis inderwaarheid veel bied om op trots te wees. Ter wille van perspektief dien hierdie erfenis gesien te word teen die agtergrond van die werklikhede van die verlede en hede van Suid-Afrika.

Sedert die magsoorname in 1994 deur die ANC, is die Afrikaner toenemend deur die nuwe bewindhebbers en hul manipuleerders, die Nuwe Wêreldorde (NWO), subtiel geboelie. Dit was eers geleidelik subtiel en toe eskalerend openlik – sg. regstellende aksie, swart ekonomiese bemagtiging, sport- en studiekwotas, verdringing van Afrikaans, plaasmoorde, vervanging van plekname, verwydering van standbeelde, gedreigde konfiskering van grond sonder onteiening, kriminalisering van geskiedenis en kultuurerfenis – alles wat uitgeloop het vandag op 'n onverklaarde burgeroorlog teen die blanke en spesifiek die Afrikaner.

Teen hierdie agtergrond van verguising, onder die dekmantel van die sg. Nasionale Demokratiese Revolusie (NDR), staan die volgende sleutelfeite soos 'n paal bo water:

  • Die Afrikaner het geen grond gesteel nie en is daar ook geen bewyse voor nie. Die voorsate van die Afrikaner het sedert 1652 in grootliks onbewoonde en onbesette gebiede gevestig en hul vestiging op eerbare wyse uitgewerk met swart en bruin mense wat self in 'n proses van intrek en vestiging was.
  • Die voorsate van die Afrikaner en later die Afrikaner self was die mense wat die beskawing in Suid-Afrika ingedra het – die Evangelie, die alfabet, die wiel, die maatstok en wet en orde.
  • Ná die Anglo-Boere-oorlog was die Afrikaner letterlik platgeslaan, maar het desondanks opgestaan om 'n volk in eie reg te word en dit op elke lewensterrein, vanaf onderwys tot die staatkunde.
  • In die 20ste eeu het die Afrikaner die leiding geneem om saam met anderskleurige landsburgers Suid-Afrika op te bou tot die enigste ontwikkelde staat op die vasteland.
  • HF Verwoerd het as eerste minister 1958-66 die aangesig van Suid-Afrika ingrypend verander vanaf apartheid na 'n eie toekoms vir elke volk in die land, grootliks gefinansier deur blanke belastingbetalersgeld.
  • In hierdie tydperk het SA die kruin van voorspoed bereik en was die ekonomiese groeikoers 7,9% (die tweede hoogste in die wêreld), was die werkloosheidkoers onder swartmense 5% (teenoor 40% vandag), was die moordkoers 60 per jaar (teenoor 2 000 per jaar vandag) en was daar geen plakkerskampe nie.
  • Met die komplotsluipmoord op Verwoerd in 1966, is SA deur die NWO gepootjie en verswelg, wat uitgeloop het op die verraad in die negentigerjare - met die res tot vandag die tragiese geskiedenis wat dit is.
  • Die Grensoorlog in die noorde van destydse Suidwes-Afrika en in Suid-Angola is deur die SA Weermag beslissend gewen, hoofsaaklik met bloedjong dienspligtiges, In die proses is nie net plaaslike terroristegroepe verslaan nie, maar ook Kubaanse en selfs magtige Russiese magte – soveel so dat dit die prop uitgetrek het vir die val van die Ystergordyn.
  • Die ANC het in hul terroristiese stryd teen die SA veiligheidsmagte nie 'n enkele veldslag gewen nie, trouens hulle het nooit kans gesien om die veiligheidsmagte kop aan kop aan te vat nie. Die beste wat hulle kon doen, was die lafhartige Kerkstraat-bom in 1983 waarin 19 soldate en burgerlikes gesterf het en 217 beseer is.

Binne die omvattende aanslag teen die Afrikaner vandag, behels die dryf om spesifiek die kultuurerfenis van die Afrikaner af te kraak en te kriminaliseer, o.m. die volgende:

  • Pogings om die Afrikaner as inherent boos voor te stel deur wanvoorstelling en leuen dat sg. apartheid 'n misdaad teen die mensdom was.
  • Om op skoolvlak sover moontlik met tradisioneel Afrikaanse skole weg te doen en die positiewe geskiedenis van die Afrikaner uit leerplanne uit te skryf.
  • Afrikaans en Afrikanerskap uit eens trotse Afrikaanse universiteite uit te skop sodat daar tans net een tradisionele universiteit oor is – NWU Potch – wat Afrikaans as primêre taal van onderrig het
  • Die klakkelose verandering van plek- en straatname van Afrikaner-oorsprong t.g.v. die name van struggle-leiers en buitelandse Kommuniste.
  • Dit word gevolg deur die voorneme van die ANC-regering, die EFF en ander swart politieke radikalisme om grond in die land sonder vergoeding te onteien, uitdruklik gemik op blankes / Afrikaners.
  • Die onlangse aansoek van die Nelson Mandela Stigting by die Gelykheidshof om die vertoon van die vorige landsvlag tot haatspraak, onregverdige diskriminasie en teistering te verklaar en sodanige vertoning te kriminaliseer.
  • In die hoofstroommedia en op sosiale media die sing van Die Stem in die publiek as 'n skande voor te stel.
  • Sopas is in 'n voorlopige verslag van 'n taakspan van die Dept. van Kuns en Kultuur aanbeveel dat, omdat dit aanstoot gee, standbeelde van sg. koloniale en apartheidsfigure vanaf prominente openbare plekke verwyder moet word om in sg. temaparke geplaas te word.

Die geestes- en kultuurerfenis wat die wese van die Afrikaner opmaak, kan soos volg opgesom word:

  • Christelik-gereformeerde godsdiens wat soos 'n goue draad deur sy geskiedenis loop tot vandag toe, afvallighede ten spyt.
  • 'n Volk in eie reg, die enigste wit stam van Afrika en nie bloot 'n groepering of setlaars nie.
  • Afrikaans as taal – in gehalte bewys en wetenskaplik beoordeel as van wêreldklas. Vandag is Afrikaans die huistaal van nagenoeg agt miljoen mense.
  • Die Stem 'n volkslied wat vanjaar 100 jaar gelede deur CJ Langenhoven geskryf is en later deur ML de Villiers getoonset is. As sulks vertolk dit die diepste psige en wese van die Afrikaner.  
  • Die vorige landsvlag – die oranje, blanje, blou - waaronder 'n groot verskeidenheid prestasies en heldedade gelewer is waarop by enige standaarde met reg trots gewees kan word.
  • Die uiteindelike feite van die saak en die onvermydelike slotsom waartoe gekom word, is dat die Afrikaner 'n trotse geskiedenis het, dat hy ondanks foute sy anderskleurige landgenote op 'n Christelike wyse behandel het en dat die aandeel van die Afrikaner grootliks van SA die topland gemaak het wat dit aan die begin van die negentigerjare was. Daarom kan die Afrikaner inderdaad trots wees op sy geestes- en kultuurerfenis en is dit sy reg om dit steeds en ook vir die toekoms te koester en uit te leef.

Projek VatVyf het ‘n eie lokaal verkry – in die gebou van die NG kerk in Kleingeluk, maar is apart van die gemeente en het sy eie buitedeur. Die lokaal, aan die oostekant van die gebou, was voorheen onbenut en is goedgunstelik deur die kerkraad aan Projek VatVyf gratis beskikbaar gestel.

Die lokaal, wat onafhanklik van die gemeente benut en bedryf word, is deur VatVyf op eie koste opgeknap – geverf, nuwe vloer, opwasbak en blindings ingesit en gemeubileer - met substansiële borgskappe van verskeie ondernemings in die dorp.

Die lokaal word aangewend vir konsultasies, berading en groepbesprekings. Vir meer inligting of om betrokke by Projek VatVyf te raak, skakel 082 570 5390 of epos Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..">Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

Ná 25 jaar onder ANC-bewind waarin Suid-Afrika as 'n land gekorrupteer is tot internasionaal-verklaarde rommelstatus en waartydens om die nek van Afrikanerskap steeds die meulsteen van sg. apartheid as misdaad teen die mensdom gehang word, is daar desondanks onder Afrikaners 'n opmerklike opbloei van trots oor hul erfenis op alle lewensterreine. Die verskynsel is dat terwyl Afrikaners foute in hul verlede erken, hulle vra wie se hande is so skoon dat hulle vingers kan wys?

Inteendeel, word in regsinnige Afrikaner-geledere die standpunt gestel dat die Afrikaner as volk veel het om op trots te wees wat betref sowel sy geskiedkundige as huidige erfenis op terreine soos intergroepverhoudinge, kultuur, taal, ekonomies, landbou, godsdienstig, onderwys, medies, wetenskaplik, sport, militêr en, ja, ook polities. Hierdie erfenis van die Afrikanervolk kan o.a. soos volg kortliks aangestip word:

► Geskiedkundig:

  • Vandat Jan van Riebeeck en sy geselskap op 6 April 1652 hier voet aan wal gesit het as onbedoelde volksplanters, is verbintenis tot Christelike beskaafde riglyne aanvaar en uitgeleef. Dit het ook gegeld teenoor alle ander nomadiese en verspreide etniese groepe waarmee hulle en hul nageslag deur die volgende drie en half eeue in kontak mee gekom het.
  • Die voorsate van die Afrikaner het die Bybel, die alfabet, die wiel, die maatstok en wet en orde in 'n onontwikkelde en onbeskaafde sub-kontinent ingedra, sonder om aggressief, verowerend of kolonialiserend te wees. Hulle was bouers en nie afbrekers nie en tot vandag is daar geen bewys dat hulle grond gesteel het, van enige vry persoon 'n slaaf gemaak het, of 'n oorlog begin het nie.
  • Hulle was egter superrealiste wat beskawings-verskille erken en eerbiedig het, maar wat hard kon werk, planne kon maak en, rateltaai gebrei deur oorlewingsvereistes, defensiewe vegters sonder weerga was.
  • Vanweë hul hoë vlak van beskawing en onwrikbare geloof in God-Drieënig loop 'n ononderdrukbare vryheidsdrang soos 'n goue draad deur hul lewe en strewe, tot vandag toe. Dit is uit hierdie breë agtergrond wat die Afrikaner as volk met 'n volle eiesoortige kultuur en erfenis ontwikkel en gegroei het, tot die hoogtepunt van wat die Republiek van Suid-Afrika in 1966 was.
  • Tot op daardie stadium was die beleid onder eerste ministerskap van dr. HF Verwoerd afsonderlike ontwikkeling, d.w.s. volledige vrymaking van individuele swart volke op hul eie grondgebied en nie bloot diskriminerende “apartheid” nie. Daarvan getuig die staatstrukture wat vir die Xhosas, Sotho's, Tswanas, ens. op hul eie grondgebied geskep is.
  • Ná die Illuminati-geïnduseerde sluipmoord op Verwoerd in 1966 is afsonderlike ontwikkeling stelselmatig afgetakel en verander in 'n onhoudbare politieke en staatkundige gedrog, wat uiteindelik in 1994 uitgeloop het op die verraderlike magsoorname aan die ANC met sy terroristiese verlede. Die res is tragiese geskiedenis.

► Teen hierdie agtergrond kan die volgende enkele feite omtrent die Afrikaner aangestip word:

  • Die Gelofte van Bloedrivier soos verwerklik op 16 Desember 1838, asook ander geloftes soos dié van Jan van Riebeeck (1654) en Paardeberg (1880) is ingebed in die DNA van die Afrikaner.
  • Die spore van sendingwerk wat vanuit Afrikanerkerke uitgegaan het, is onuitwisbaar. Met deurslaggewende insette van Afrikaners is die Bybel vandag in al 11 amptelike landstale vertaal.
  • Sedert Afrikaans as taal in 1875 deur Afrikaners beslag gekry het, het dit in gehalte ontwikkel tot 'n taal van wêreldformaat. In SA self is bv. die meeste boeke wat verkoop word in Afrikaans; bewys jaarlikse Matriekuitslae dat die Afrikaanse onderwysstelsel toonaangewend is ; is die meeste universiteite in die land Afrikaner-geïnisieerd; geld dieselfde t.o.v. die grootste mediagroepe in die land; word Afrikaans as saketaal Tinteltong-gevier; floreer die Afrikaanse filmbedryf; is in die musiekbedryf Afrikaans letterlik Groot; en so kan die lys aangaan.
  • Uit Afrikaner-geledere het deur die geskiedenis pasaangeërs soos Andries Pretorius, MT Steyn, Paul Kruger, Christiaan de Wet, Koos de la Rey, JD Kestell, DF Malan, Totius, Van Wyk Louw, Pierneef, Chris Barnard, Mimi Coertze, Gé Korsten, Naas Botha, Frik du Preez, AB de Villiers, Gerrie Coetzee en 'n menigte ander onuitwisbare konstruktiewe bydraes tot die Suid-Afrikaanse samelewing en selfs wêreldwyd gemaak.
  • Op ekonomiese gebied stig Afrikaners Sanlam, Santam, Volkskas, Yskor, Sasol, AVBOB, om enkeles te noem, die meeste waarvan wat ná 'n eeu die land steeds met onderskeiding dien.
  • Op maatskaplike terrein met sy velerlei fasette staan o.m. die volgende agter die naam van Afrikaner-ondernemerskap: Vanaf 1955 – 1984 het die getal swart skoliere in SA 31 keer vermeerder, vanaf 35 000 tot 1 096 000 / In 1978 het Soweto o.a. 115 sokkervelde gehad, 47 tennisbane, 39 kinderspeelparke, 365 skole, 11 poskantore, 2 300 besighede geregistreer in die naam van swartes, ens. / In 1987 was Baragwanath Hospitaal, feitlik uitsluitlik vir swartmense, die grootste hospitaal in die wêreld, met 3 200 beddens, 23 operasieteaters, 8 000 personeel insluitend 450 dokters, 112 000 pasiënte en 1,62 miljoen buite-pasiënte.
  • Slegs 5% van die swart bevolking was teen 1966 werkloos. In 1970 verdien swart werkers 'n totaal van R1 751 miljoen oftewel 25,5% van die totale loongeld in SA, 'n syfer wat styg tot R17 238 miljoen in 1984 (1 000% groei).
  • SA voorsien in die graanbehoeftes van sy buurlande en wyer - in 1980 word 250 000 ton mielies na Zambië uitgevoer, 150 000 ton mielies en 50 000 ton koring na Mosambiek, 100 000 ton mielies na Zimbabwe plus nog na 9 ander Afrikalande.
  • Die SA Weermag is opgebou tot die magtigste op die vasteland en het dit in die tagtigerjare die Grensoorlog in die noorde van die destydse SWA / Angola beslissend gewen teen die Russiese en Kubaanse magte en sodoende 'n sleutelrol gespeel het in die uiteindelike val van die Ystergordyn. Teen hierdie weermag was die ANC-Umkhonto we Sizwe in nie 'n enkele veldslag betrokke nie.
  • Die Stem as vorige volkslied in 1918 deur CJ Langenhoven geskryf en later deur ML de Villiers getoonset, die diepste psige en wese van die Afrikaner vertolk.  
  • Uit hierdie syfers volg dat met die prestasies en heldedade behaal onder die vorige landsvlag, die vlag 'n kultuurskat vorm waarop by enige standaarde met reg trots gewees kan wees.

► Die onvermydelike slotsom waartoe gekom word, is dat die Afrikaner oor 'n ryke erfenis beskik waarop hy met reg trots kan wees en wat hom onlosmaaklik deel maak van Suid-Afrika as ook sy vaderland.

► Dit is in die lig hiervan dat vir die huidige en die toekoms o.a. die volgende gedoen word:

  • Die FAK pas 'n veldtog van stapel gestuur het om spesifiek Afrikaner-erfenis deur talle projekte te help uitbou – sien bl. 4 van hierdie uitgawe.
  • 16 Desember regdeur die jaar lewend gehou word d.m.v. die jaarlikse Geloftefeeskalender en die spesiale Facebookblad deur Ditsem Nuus geskep.
  • 6 April trots as Stigtingsdag in groeiende mate deur Afrikaners gedenk word – sien ook bl. 4.
  • AVBOB ter eeufeesviering 'n uitstekende museum in Bloemfontein geopen het – sien bl. 3 binne.
  • Orania, gestig in 1991, stelselmatig ontwikkel word as groeipunt vir 'n toekomstige Afrikanervolkstaat – sien bl. 5-7.

Dit is ons submissie dat in die Bybel vier tipes samelewings verbande vir God belangrik is, nl. huwelike tussen man en vrou, gesinne met ouers en kinders, families en dan volke. Bv. waarom die ellelange familieregisters – dit is omdat dit vir God belangrik is.

Die punt is dat die verskeidenheid van volke ooreenkomstig die wil van God is en dat daarom ook op die Afrikaner die onus rus om sy volksidentiteit te erken, te koester en uit te bou. Hierdie siening is reëlreg teenoor die strewe van die Illuminati of NWO van eenwêreld met alle etniese en kulturele grense uitgewis.

Daarom sê ons dat al hoe blanke Afrikaans sprekendes in SA sal kan oorleef, menslik gesproke, is om as volk te verenig, saam te staan en selfbeskikking toe te pas – altyd met respek vir ander nasionaliteite, etnisiteite en groeperings. Die eintlike naam vir die Afrikanervolk is die Boerevolk, soos wat dit deur die eeue ontwikkel het tot vandag toe.

In die huidige omstandighede van die land en die wêreld – gaan die Boerevolk opstaan, verantwoordelikheid vir sy eie lot aanvaar onder Gods albestier en so sy plek in die wêreld inneem?

“Afrikaanse skole moet hulself posisioneer om ten volle te privatiseer om sodoende te verseker dat onderrig in Afrikaans steeds in 2030 sal plaasvind.” Dit is een van die kernaanbevelings wat ’n span Afrikaanse kundiges maak in ’n verslag getiteld Afrikaans: Visie 2030. Die verslag sal in detail bespreek word tydens ’n beraad van Afrikaanse organisasies wat in November gehou word. Afrikaans: Visie 2030 kan hier afgelaai word.

Die outeurs van Visie 2030, Bertus de Villiers, Deon Geldenhuys en Heinrich Matthee, is kundiges op die terreine van vergelykende staatkunde, politieke dinamika en strategiese studies. Hulle het die werk onderneem in opvolging van ’n beraad van Afrikaanse organisasies wat in 2017 plaasgevind het. Tydens die 2017-beraad is die behoefte uitgespreek dat ’n oorhoofse visie vir die behoud en ontwikkeling van die Afrikaanse taal en kultuur vir 2030 daargestel word.

Die outeurs beklemtoon dat Afrikaanse onderwys vanaf kleuteronderrig tot universiteitsopleiding dié belangrikste vereiste vir die behoud en ontwikkeling van die Afrikaanse taal en kultuur is. Vanweë die koste verbonde aan onderrig en die verwagte afname in regeringsubsidies vir Afrikaanse onderrig stel hul die volgende voor:

  • Vestiging van Afrikaanse kleuterskole vir elke woonbuurt of dorp waar dit geregverdig kan word. Die ideaal is om ʼn selfgefinansierde kleuterskool wat in Afrikaans onderrig aanbied, op plaaslike vlak daar te stel. Kerke en kerkterreine kan ’n baie nuttige basis hiervoor wees.
  • Vestiging van Afrikaanse laerskole vir elke plaaslike gebied wat dit kan regverdig. Die ideaal is om ʼn selfgefinansierde laerskool te vestig in elke omgewing waar ongeveer 5 000 tot 7 000 Afrikaanssprekendes woon. Sakelui kan betrek word om fasiliteite te ontwikkel en te verhuur.
  • Vestiging van Afrikaanse hoërskole vir elke gebied wat dit kan regverdig. Die ideaal is om in elke omgewing waar ongeveer 10 000 – 12 000 Afrikaanssprekendes woon, ʼn selfgefinansierde sekondêre skool te vestig of om met bestaande onafhanklike skole saam te werk.
  • Die aanbied van onderwysopleiding om onderriginstellings op alle vlakke te bedien. Sodanige sentrum sal vanweë skaalbesparing waarskynlik slegs op nasionale vlak aangebied kan word.

’n Onvermydelike implikasie van hierdie voorstelle is dat Afrikaanse onderrig nie in elke dorp of elke woonbuurt sal kan plaasvind nie. Keuses sal gemaak moet word waar dienste aangebied kan word en hoe verblyf en vervoer ontwikkel kan word vir kinders wat reis. Die outeurs beveel ook aan “dat ʼn kultuurakkoord met die regering onderhandel word waarvolgens die plek van Afrikaans in die samelewing erken word, die bydrae van die Afrikaanse kultuur waardeer word en ’n gedeelde patriotisme bevestig word.”

Ten slotte word voorgestel dat “plaaslike diensverskaffingsbesighede” gestig word om basiese dienste op ’n kontrakbasis aan plaaslike owerhede te verskaf. Sodoende kan plaaslike gemeenskappe saamwerk om hul lewensgehalte te verbeter.

Die outeurs huldig die mening dat Afrikaanse organisasies hulself dringend moet herposisioneer met die oog op 2030. Die tyd het aangebreek om die regte dinge te doen en om dié dinge reg te doen. “Indien daar nie nou opgetree word nie, sal die prentjie vir die Afrikaanse taal en kultuur in 2030 droewig daar uitsien,” aldus die verslag.

Visie 2030 word bespreek tydens ’n driedaagse beraad wat vanaf 1 tot 3 November 2018 plaasvind en wat geborg word deur die Solidariteit Navorsingsinstituut om kritieke gesprekvoering oor Visie 2030 te bevorder.

Die Volksraadverkiesingkommissie (VVK) het bekendgemaak dat weens verslegtende landsomstandighede besluit is om die datum vir die verkiesing van die volgende Volksraad uit te stel vanaf 13 Oktober na 23-24 November 2018.

In die lig hiervan sê die VVK in 'n mediaverklaring: “Dit is noodsaakliker as ooit dat elke volksgenoot met inligting oor die komende Volksraadsverkiesing bereik moet word en tydige geleentheid ontvang om daaraan deel te neem; hetsy as kandidaat of as kieser. Gevolglik is besluit om die Volksraadverkiesing uit te stel na 23-24 November en die proses om kandidate te nomineer te verleng tot en met Saterdag, 15 September 2018.”

Vir meer besonderhede: 083 538 8777 / 012 803 0712 / 079 740 7214 / Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. / www.vvk.co.za.

ToekomsVonk is 'n burgerregte-organisasie wat in September verlede jaar te Pretoria gestig is met die visie om die Afrikaner as “‘n gebroke volk / nasie te herstel na ‘n selfstandige, onafhanklike en trotse volk.” As sulks het ToekomsVonk volgens 'n mediaverklaring ten doel om “ons mense te versterk en ons kinders ‘n toekoms te gee, nie met leë beloftes nie, maar met daadwerklike programme soos werkskepping, veiligheid, onafhanklike volksplase, skole en media.”

Volgens hul webwerf streef ToekomsVonk die volgende waardes na: Christelike waardes / Familie- en gesinswaardes / Integriteit / Volkstrots / Morele standaarde / Respek. Die direkteure is Helga Swart (besturend), Marius Coertze, Wessel Basson, Englie Botha, Amor Gerber en Steve Hofmeyr (nie-uitvoerend).

Vir meer besonderhede, www.toekomsvonk.co.za, epos Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of tel. 087 654 2899.

Dat die verguising waaraan blanke Suid-Afrikaners, in besonder die Afrikaner, onderwerp word, propagandistiese snert is, staan soos 'n paal bo water indien die ware feite in ag geneem word. Die voorgeslagte van die Afrikaner het beskawing na die donker sub-kontinent gebring, geen grond gesteel nie en effektiewe besetting van onbewoonde en onbenutte grond daargestel.

Veral die afgelope twee eeue het blanke Suid-Afrikaners feitlik uitsluitlik die leiding geneem om Suid-Afrika te ontwikkel in die enigste moderne nywerheidsland op die vasteland. Hieruit kan moed geskep word, asook uit die feite verder soos hieronder.

Blankes het, toegegee met nie-blanke arbeid, infrastruktuur gebou, paaie beplan, fabrieke ontwerp, voedsel gekweek vir die nasie, myne ontwikkel al het hulle dit nie besit nie, skole en hospitale opgerig en ordelike regering gevestig. Almal het toegang gehad tot skoolonderrig, verdere opleiding, gesondheidsorg, kos en polisiëring.

Al die hoekstene van enige beskaafde samelewing was in die land teenwoordig, voordat dit aan die swart terroristiese ANC oorhandig is – met die res ná 24 jaar geskiedenis. Nou blyk dit die swart regering en talle van hul volgelinge kan nie rykdom skep sonder om van iemand anders te steel nie. Hulle is steeds nie in staat om voedsel te produseer nie, hospitale en skole in stand te hou nie en te keer dat misdaad soos 'n golf oor die land spoel.

Kortom, die ANC het die gans wat die goue eiers gelê het, doodgemaak. Miljoene wit Suid-Afrikaners sit buite die land en dophou, afwagtend vir die gety om te draai. Honger vergete swartes kyk met groot oë na hul leiers wat in onwelvoeglike luuksheid leef terwyl hulle in die stof vir kos krap. Dit is ook die patroon van Afrika.

Daarenteen weet blanke Suid-Afrikaners wat nodig is om 'n veilige en vrye samelewing te skep binne die struktuur van 'n geordende staat met 'n volhoubare ekonomiese en maatskaplike vooruitgang. Dit is teen hierdie agtergrond dat moed geskep kan word uit die gevleuelde woorde van dr. DF Malan feitlik presies 70 jaar gelede: “Glo in jou God, glo in jou volk, glo in jouself.”

Bladsy 1 van 2
Go to top