► Op AfriForum Netwerk, aanlyn databasis van ondernemings wat in Afrikaans sake doen, al sowat 2 000 sake-ondernemings geregistreer ► Groep van ondersoekende joernaliste bekend as amaBhungane toon in verslag dat EFF-lede na bewering voordeel getrek het uit brandstoftender van bykans R500 miljoen van Tshwane in Januarie 2019 ► Arvitha Doodnath, jong regsdosent, by Vaal Universiteit van Tegnologie, Saterdagaand in Johannesburg doodgeskiet tydens motorkaping ► Einde Junie 2019 10,2 miljoen verbruikers in SA het skuldprobleme en verswakte kredietgeskiedenis, swakste sedert Junie 2015 ► Eben Etzebeth dien deur sy prokureurs teenaanklag in by MRK en vra dat hul saak by Gelykheidshof in hersiening geneem word ► Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) waarsku in jaarverslag dat 4de-nywerheidsrewolusie (4NR) en tegnologiese outomatisasie in SA kan lei tot derduisende werksverliese regdeur hele ekonomie ► Pres. Xi Jinping waarsku, met verwysings na aanhoudende betogings in Hong Kong, dat “enige pogings om China te verdeel sal lei tot gebreekte liggame en beendere tot poeier gemaal” ► Siriese weermag span kordon soldate en wapentuig oor hele linie tussen Turkse invalsmag en Koerdiese gebied; pres. Trump dreig Turkye met sanksies wat hul “ekonomie kan breek” ► Spaanse hof lê tronkstraf op vir 9 leiers van afskeidingsbeweging in Katalonië, vra vir uitlewering van hoofleier Carles Puigdemont wat in 2017 na België gevlug het ►

Jare gelede was daar in die beroemde Louvre Museum in Parys ‘n skildery met die titel Skaakmat. Dit het die Satan uitgebeeld wat smalend oor sy skaakopponent uittroon omdat hy sy teenstander se siel gewen het. Die opponent word uitgebeeld as ‘n jong man, sy kop gebuig in vernedering: hy’s verslaan en verslae. En die Satan lag oorwinnend. Daar is ‘n paar skaakstukkies op die bord oor en die woord “Skaakmat” is oor die skildery geverf.


‘n Ouerige man stap eendag deur die Louvre en stop by die skaakspel. Vir lank staan hy na die prent en kyk en toe begin by skielik uitroep: “Dit is 'n Ieuen, dis ‘n leuen!” Ander mense in die galery het kom kyk wat aangaan. “Wat is die Ieuen?” vra hulle terwyl hy die woorde bly skree. Toe die kurator van die museum opdaag, wil hy uiteraard weet: “Meneer, is hier ‘n probleem?”

Die man kyk die kurator in die oë en sê: “Ek is 'n eertydse Franse skaakkampioen en ek sê vir jou dit is ‘n Ieuen! Die skilder sal die skildery moet verander, of hy sal die titel moet verander. Kyk, die spel is nie oor nIe! Dis nie skaakmat nie. Die koning het nog 'n skuif!”


Onthou vandag: Niks is ooit finaal nie. Niks is ooit so sleg as wat die lyk nie. Want ... die Koning - jou Here - het altyd nog 'n skuif.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top