►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Groot Afrikaner-opheffingsprojek in Bloemfontein

Te Bloemfontein is Oranje Selfhelp as ‘n geregistreerde, nie-winsgewende welsynsorganisasie vir minderbevoorregte Afrikaners reeds vir jare besig om volksgenote met voedsel, kleding, werksgeleenthede en sedelik-geestelike opheffing te ondersteun. Hulle beskik oor twee vraghouers by Dr Böhmer Skool waar al die lede Donderdae 10:00 bymekaar kom in twee werkspanne. Die halfgeskoolde jongmanne doen nutswerk in tuine en geboue, terwyl die damesspan orige groente verwerk, vries en verkoop vir eie voordeel.

Voorts besit Oranje Selfhelp 'n eiendom in Stalsweg 60, Wilgehof, waar ‘n dubbelverdieping huis tans in aanbou is, ten einde te dien as noodhuisvesting vir van diegene wat hul huise verloor het. Volgens die voorsitter van Oranje Selfhelp, ds. Bertie de Lange, is hierdie huis is sover gebou met die sente van die verarmde Afrikaner. Hulle kort egter op die oomblik kapitaal om nege kamers en ablusie af te rond en enige bydrae hiervoor sal hoog op prys gestel word.

Daar word ook tans aansoeke ingewag vir ‘n bestuurder van die huis – “iemand met ‘n duidelike geloofsbelydenis sowel as 'n streng Bybelse, sedelike lewensuitkyk.” Aansoeke kan gerig word aan: Die Voorsitter, Oranje Selfhelp, tel: 078 942 2504 / 051-522 7836.

Die bankbesonderhede is: Oranje Selfhelp, Standard Bank, rek.: 143 433 9774.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top