Aletheim 1

►►► ANC wou moderne stad ter ere van Nelson Mandela in Transkei laat bou Quna City, tot hede R46 miljoen staatsgeld aan “konsultasiefooie” gespandeer, daarvoor nie eers naambord te wys nie ► Trompsburg en Springfontein in Suid-Vrystaat al week geen drinkwater vanweë Kopanong Munisipaliteit skuld van R200 miljoen aan Bloem Water ► Gauteng LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi laat 16 blanke onderwysers by Hoërskool Generaal Smuts in Vereeniging afdank “weens finansies”, maar stel swart personeel in hul plek aan ► In Wes-Kaap erge betogings en skade aan geboue brei uit na Vredenburg, ontwrig tradisioneel blanke en bruin woonbuurte; ooglopende poging om Wes-Kaap onregeerbaar te maak ► Plaasmoord Sondag 11 November 2018, boer, sy lewensmaat, ma en 3 kinders deur gewapende aanvallers oorval, 13-jarige dogter met pistool teen kop aangehou, boer agt keer geskiet voor almal ► Beefmaster van Marquard, Vrystaat, voer al meer beesvleis uit na China, totale Chinese invoer van beesvleis styg 20-voudig vanaf 23 702 ton in 2010 tot 460 000 ton in 2015 ► Vieslike smeerboek oor dr. Verwoerd en die Afrikaner getiteld The man who killed apartheid deur Harris Dounsemetzis tans op winkelrakke ►►►

Trotse rekord van die Afrikaner

Dat die verguising waaraan blanke Suid-Afrikaners, in besonder die Afrikaner, onderwerp word, propagandistiese snert is, staan soos 'n paal bo water indien die ware feite in ag geneem word. Die voorgeslagte van die Afrikaner het beskawing na die donker sub-kontinent gebring, geen grond gesteel nie en effektiewe besetting van onbewoonde en onbenutte grond daargestel.

Veral die afgelope twee eeue het blanke Suid-Afrikaners feitlik uitsluitlik die leiding geneem om Suid-Afrika te ontwikkel in die enigste moderne nywerheidsland op die vasteland. Hieruit kan moed geskep word, asook uit die feite verder soos hieronder.

Blankes het, toegegee met nie-blanke arbeid, infrastruktuur gebou, paaie beplan, fabrieke ontwerp, voedsel gekweek vir die nasie, myne ontwikkel al het hulle dit nie besit nie, skole en hospitale opgerig en ordelike regering gevestig. Almal het toegang gehad tot skoolonderrig, verdere opleiding, gesondheidsorg, kos en polisiëring.

Al die hoekstene van enige beskaafde samelewing was in die land teenwoordig, voordat dit aan die swart terroristiese ANC oorhandig is – met die res ná 24 jaar geskiedenis. Nou blyk dit die swart regering en talle van hul volgelinge kan nie rykdom skep sonder om van iemand anders te steel nie. Hulle is steeds nie in staat om voedsel te produseer nie, hospitale en skole in stand te hou nie en te keer dat misdaad soos 'n golf oor die land spoel.

Kortom, die ANC het die gans wat die goue eiers gelê het, doodgemaak. Miljoene wit Suid-Afrikaners sit buite die land en dophou, afwagtend vir die gety om te draai. Honger vergete swartes kyk met groot oë na hul leiers wat in onwelvoeglike luuksheid leef terwyl hulle in die stof vir kos krap. Dit is ook die patroon van Afrika.

Daarenteen weet blanke Suid-Afrikaners wat nodig is om 'n veilige en vrye samelewing te skep binne die struktuur van 'n geordende staat met 'n volhoubare ekonomiese en maatskaplike vooruitgang. Dit is teen hierdie agtergrond dat moed geskep kan word uit die gevleuelde woorde van dr. DF Malan feitlik presies 70 jaar gelede: “Glo in jou God, glo in jou volk, glo in jouself.”

Gradeer die artikel
(0 stemme)

1 comment

  • Chris - Vrydag, 06 Julie 2018

    Niemand kan die geskiedenis van die afgelope 25jaar beter beskryf nie, en ek is van mening dat jy besonder kortsigtig (sagkens gestel) moet wees as jy dit, op hierdie laat stadium nog nie ingesien het nie. U opsomming van die Afrikanerbydrae is ook in die kol. Die probleem is dat alle geskiedenis wat op 'n gegewe oomblik geskep word, oor eeue, altyd met politieke oogklappe geskied.

    Wat u as redakteur in die skrywe weergee sal eers op 'n baie later stadium korrek geinterpreteer word, wanneer 'n nageslag sonder daardie oogklappe kyk na wat vandag plaasvind. Ongelukkig kan dit moontlik onherroeplik te laat kan gebeur

    Report

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

VVK2 banier