► In Mediumtermynbegroting van Minister van Finansies Tito Mboweni feitlik geen melding van landbou en die geweldige druk op boere oor wydverspreide droogte; op vraag van VF Plus pres. Cyril Ramaphosa ontwykend oor enige bystand aan kommersiële boere ► VF-Plus in Gauteng sê Gauteng Onderwysdepartement moontlik skuldig aan onreëlmatige besteding van R1,2 miljard i.v.m. skoolsvoedingsprojek, dít terwyl die LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi Afrikaanse skole vir geringste vermoedelike oortredinge aanspreek ► Dit blyk of dorpe Dewetsdorp, Vanstadensrus en Wepener feitlik geen munisipale dienste ontvang vanaf Mangaung Metro onder wie hulle ingedeel is nie ► Adjunk-pres. David Mabuza op besoek aan China tydens sitting van SA-China Bilaterale Kommissie wys op die talle geïntegreerde tussen die twee lande o.a. dat 65 Chinese maatskappye R116 miljard in SA belê het (hierdie syfer soos genoem, Ditsem Nuus kan nie korrektheid verifieer nie) ► Stad Kaapstad ontvang R300 miljoen van Nederlandse regering om MyCiti snelbusdiens na Khayelitsha en Nyanga uit te brei ► Nederlandse man (35) en vrou (75) in Marlothpark, Komatipoort, vermoor deur versmoring deur hul monde toe te prop, man se vrou en dogter oorleef aanval ► Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stem 232-196 ten gunste van verdere ondersoek of pres. Donald Trump in staat van beskuldiging geplaas moet word oor Oekraïne ► China Mobile in China maak bekend dat sy 5G-tegnologie, 100 keer vinniger as 4G, nou in 50 stede insluitende Beijing en Sjanghai beskikbaar is ►

Ná 25 jaar onder ANC-bewind waarin Suid-Afrika as 'n land gekorrupteer is tot internasionaal-verklaarde rommelstatus en waartydens om die nek van Afrikanerskap steeds die meulsteen van sg. apartheid as misdaad teen die mensdom gehang word, is daar desondanks onder Afrikaners 'n opmerklike opbloei van trots oor hul erfenis op alle lewensterreine. Die verskynsel is dat terwyl Afrikaners foute in hul verlede erken, hulle vra wie se hande is so skoon dat hulle vingers kan wys?

Inteendeel, word in regsinnige Afrikaner-geledere die standpunt gestel dat die Afrikaner as volk veel het om op trots te wees wat betref sowel sy geskiedkundige as huidige erfenis op terreine soos intergroepverhoudinge, kultuur, taal, ekonomies, landbou, godsdienstig, onderwys, medies, wetenskaplik, sport, militêr en, ja, ook polities. Hierdie erfenis van die Afrikanervolk kan o.a. soos volg kortliks aangestip word:

► Geskiedkundig:

  • Vandat Jan van Riebeeck en sy geselskap op 6 April 1652 hier voet aan wal gesit het as onbedoelde volksplanters, is verbintenis tot Christelike beskaafde riglyne aanvaar en uitgeleef. Dit het ook gegeld teenoor alle ander nomadiese en verspreide etniese groepe waarmee hulle en hul nageslag deur die volgende drie en half eeue in kontak mee gekom het.
  • Die voorsate van die Afrikaner het die Bybel, die alfabet, die wiel, die maatstok en wet en orde in 'n onontwikkelde en onbeskaafde sub-kontinent ingedra, sonder om aggressief, verowerend of kolonialiserend te wees. Hulle was bouers en nie afbrekers nie en tot vandag is daar geen bewys dat hulle grond gesteel het, van enige vry persoon 'n slaaf gemaak het, of 'n oorlog begin het nie.
  • Hulle was egter superrealiste wat beskawings-verskille erken en eerbiedig het, maar wat hard kon werk, planne kon maak en, rateltaai gebrei deur oorlewingsvereistes, defensiewe vegters sonder weerga was.
  • Vanweë hul hoë vlak van beskawing en onwrikbare geloof in God-Drieënig loop 'n ononderdrukbare vryheidsdrang soos 'n goue draad deur hul lewe en strewe, tot vandag toe. Dit is uit hierdie breë agtergrond wat die Afrikaner as volk met 'n volle eiesoortige kultuur en erfenis ontwikkel en gegroei het, tot die hoogtepunt van wat die Republiek van Suid-Afrika in 1966 was.
  • Tot op daardie stadium was die beleid onder eerste ministerskap van dr. HF Verwoerd afsonderlike ontwikkeling, d.w.s. volledige vrymaking van individuele swart volke op hul eie grondgebied en nie bloot diskriminerende “apartheid” nie. Daarvan getuig die staatstrukture wat vir die Xhosas, Sotho's, Tswanas, ens. op hul eie grondgebied geskep is.
  • Ná die Illuminati-geïnduseerde sluipmoord op Verwoerd in 1966 is afsonderlike ontwikkeling stelselmatig afgetakel en verander in 'n onhoudbare politieke en staatkundige gedrog, wat uiteindelik in 1994 uitgeloop het op die verraderlike magsoorname aan die ANC met sy terroristiese verlede. Die res is tragiese geskiedenis.

► Teen hierdie agtergrond kan die volgende enkele feite omtrent die Afrikaner aangestip word:

  • Die Gelofte van Bloedrivier soos verwerklik op 16 Desember 1838, asook ander geloftes soos dié van Jan van Riebeeck (1654) en Paardeberg (1880) is ingebed in die DNA van die Afrikaner.
  • Die spore van sendingwerk wat vanuit Afrikanerkerke uitgegaan het, is onuitwisbaar. Met deurslaggewende insette van Afrikaners is die Bybel vandag in al 11 amptelike landstale vertaal.
  • Sedert Afrikaans as taal in 1875 deur Afrikaners beslag gekry het, het dit in gehalte ontwikkel tot 'n taal van wêreldformaat. In SA self is bv. die meeste boeke wat verkoop word in Afrikaans; bewys jaarlikse Matriekuitslae dat die Afrikaanse onderwysstelsel toonaangewend is ; is die meeste universiteite in die land Afrikaner-geïnisieerd; geld dieselfde t.o.v. die grootste mediagroepe in die land; word Afrikaans as saketaal Tinteltong-gevier; floreer die Afrikaanse filmbedryf; is in die musiekbedryf Afrikaans letterlik Groot; en so kan die lys aangaan.
  • Uit Afrikaner-geledere het deur die geskiedenis pasaangeërs soos Andries Pretorius, MT Steyn, Paul Kruger, Christiaan de Wet, Koos de la Rey, JD Kestell, DF Malan, Totius, Van Wyk Louw, Pierneef, Chris Barnard, Mimi Coertze, Gé Korsten, Naas Botha, Frik du Preez, AB de Villiers, Gerrie Coetzee en 'n menigte ander onuitwisbare konstruktiewe bydraes tot die Suid-Afrikaanse samelewing en selfs wêreldwyd gemaak.
  • Op ekonomiese gebied stig Afrikaners Sanlam, Santam, Volkskas, Yskor, Sasol, AVBOB, om enkeles te noem, die meeste waarvan wat ná 'n eeu die land steeds met onderskeiding dien.
  • Op maatskaplike terrein met sy velerlei fasette staan o.m. die volgende agter die naam van Afrikaner-ondernemerskap: Vanaf 1955 – 1984 het die getal swart skoliere in SA 31 keer vermeerder, vanaf 35 000 tot 1 096 000 / In 1978 het Soweto o.a. 115 sokkervelde gehad, 47 tennisbane, 39 kinderspeelparke, 365 skole, 11 poskantore, 2 300 besighede geregistreer in die naam van swartes, ens. / In 1987 was Baragwanath Hospitaal, feitlik uitsluitlik vir swartmense, die grootste hospitaal in die wêreld, met 3 200 beddens, 23 operasieteaters, 8 000 personeel insluitend 450 dokters, 112 000 pasiënte en 1,62 miljoen buite-pasiënte.
  • Slegs 5% van die swart bevolking was teen 1966 werkloos. In 1970 verdien swart werkers 'n totaal van R1 751 miljoen oftewel 25,5% van die totale loongeld in SA, 'n syfer wat styg tot R17 238 miljoen in 1984 (1 000% groei).
  • SA voorsien in die graanbehoeftes van sy buurlande en wyer - in 1980 word 250 000 ton mielies na Zambië uitgevoer, 150 000 ton mielies en 50 000 ton koring na Mosambiek, 100 000 ton mielies na Zimbabwe plus nog na 9 ander Afrikalande.
  • Die SA Weermag is opgebou tot die magtigste op die vasteland en het dit in die tagtigerjare die Grensoorlog in die noorde van die destydse SWA / Angola beslissend gewen teen die Russiese en Kubaanse magte en sodoende 'n sleutelrol gespeel het in die uiteindelike val van die Ystergordyn. Teen hierdie weermag was die ANC-Umkhonto we Sizwe in nie 'n enkele veldslag betrokke nie.
  • Die Stem as vorige volkslied in 1918 deur CJ Langenhoven geskryf en later deur ML de Villiers getoonset, die diepste psige en wese van die Afrikaner vertolk.  
  • Uit hierdie syfers volg dat met die prestasies en heldedade behaal onder die vorige landsvlag, die vlag 'n kultuurskat vorm waarop by enige standaarde met reg trots gewees kan wees.

► Die onvermydelike slotsom waartoe gekom word, is dat die Afrikaner oor 'n ryke erfenis beskik waarop hy met reg trots kan wees en wat hom onlosmaaklik deel maak van Suid-Afrika as ook sy vaderland.

► Dit is in die lig hiervan dat vir die huidige en die toekoms o.a. die volgende gedoen word:

  • Die FAK pas 'n veldtog van stapel gestuur het om spesifiek Afrikaner-erfenis deur talle projekte te help uitbou – sien bl. 4 van hierdie uitgawe.
  • 16 Desember regdeur die jaar lewend gehou word d.m.v. die jaarlikse Geloftefeeskalender en die spesiale Facebookblad deur Ditsem Nuus geskep.
  • 6 April trots as Stigtingsdag in groeiende mate deur Afrikaners gedenk word – sien ook bl. 4.
  • AVBOB ter eeufeesviering 'n uitstekende museum in Bloemfontein geopen het – sien bl. 3 binne.
  • Orania, gestig in 1991, stelselmatig ontwikkel word as groeipunt vir 'n toekomstige Afrikanervolkstaat – sien bl. 5-7.
Go to top