Die naskoolse en werkende jeug in Orania het ‘n inisiatief geloods ter ondersteuning van die konsep van Orania en waarin hulle o.a. d.m.v. ‘n mandaat verklaar dat hulle waardeer wat die ouer geslag vir Orania gedoen het en dat hulle aansluiting vind by die selfbeskikkende strewe van leierskap in Orania. Op die foto lede van JongOrania tydens ‘n funksie in hierdie verband by die kantore van die Orania Beweging, van links, Benjamin Boshoff, Joost Strydom (Orania Beweging), Mia Conradie en Frans de Klerk jnr.
Foto: Ditsem Nuus
Bestaande reeds 28-jaar as Afrikanertuiste op eie grond met eie arbeid, maar bevattende tans slegs sowat 1 600 inwoners, is dit duidelik dat Orania nog nie betekenisvol deur Afrikaners as bestemming van voorkeur beskou word nie. Dit word bevestig deur die groot getal blanke Afrikaanssprekendes wat vanaf Gauteng en ander noordelike provinsies na veral die Wes-Kaap en Suid-Kaap migreer.
Voorts is daar, sonder dat presiese getalle bekend is, ʼn beduidende stroom blanke Afrikaanssprekende emigrante na bestemmings soos Australië, Nieu-Seeland, Kanada, ens. Die grootskaalse rassediskriminasie teen blankes in die land en onaanvaarbare hoë misdaadvlakke bring as’t ware ʼn bevolkingsverskuiwing ook onder Afrikaners te weeg na veiliger oorde. Dit is egter duidelik dat Orania met sy spesifieke etos nie uit hierdie verskuiwing skep soos logieserwys verwag sou word nie.
Die velerlei redes hiervoor is feitlik almal intern in Orania en kan breedweg o.m. soos volg aangestip word:
In geheel gesien, kan egter gesê word dat Orania op die volgende gronde ʼn gesonde bestemmingsbasis bied:
Oor die algemeen dui die feite daarop dat Orania gekom het om te bly – die uitbreiding daarvan tot sy logiese konsekwensies is waarskynlik ʼn saak van goeie oordeel en korrekte tydsberekening.
Johann Dannhauser
As ons so rondom ons gadeslaan, hoe ons mense wreed uitgemoor word, uitgeskel word, geblameer word vir alles wat nog verkeerd geloop het, gemarginaliseer word ekonomies en maatskaplik, ons kultuur en erfenis verkrag word, ens., dan kom ons onvermydelik tot die slotsom dat daar tans ‘n yslike vakuum vir politieke leiding vir spesifiek die Afrikaner bestaan. Iemand moet eenvoudig opstaan en geloofwaardig namens die Afrikaner sê ons gaan ons nie langer so laat moerak nie.
Om hierdie situasie te beredder, is dit ons beskeie mening dat die volgende 10 vereistes nagekom behoort te word:
Wat sê ons lesers van hierdie mondvol?
Oor die hele etniese spektrum in SA gaan al hoe meer stemme op dat dit tyd is vir reguit praat en opstaan teen die totaal onaanvaarbare situasie in die land. Ter illustrasie hiervan luister gerus na hierdie drie stemgrepe van onderskeidelik ‘n Afrikanervrou, ‘n Indiërman en ‘n Engelsprekende blanke man.
Verdere kommentaar is oorbodig.