►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Deurbraak vir Afrikaner op internasionale toneel

'n Groot deurbraak vir die Afrikaner op die internasionale toneel is pas by die algemene vergadering van die Unrepresented Nations & Peoples Organisation (UNPO) in Edinburgh, Skotland, gemaak toe 'n goedgeformuleerde resolusie oor die huidige opset van die Afrikaner in SA aanvaar is op voorstel van die leier van die VF Plus, dr. Pieter Groenewald. UNPO, wat in 1991 gestig is, het 150 lede en verteenwoordig na raming honderde miljoene mense wêreldwyd. Groenewald het o.m. in 'n gedetailleerde uiteensetting gesê selfbeskikking dui op die regsreg van mense om hul eie lot in die internasionale orde te bepaal. Selfbeskikking is 'n kernbeginsel van die internasionale reg, voortspruitend uit die gewoontereg van die internasionale reg en word erken as 'n algemene beginsel van die reg soos vasgelê in 'n aantal internasionale verdrae. Selfbeskikking van volke (“peoples”) word verskans in art. 2(7) van die Handves van die Verenigde Nasies (VN), asook in die Internasionale Deklarasie op Burgerlike en Politieke Regte,” aldus Groenewald. Groenewald het daarop 'n mosie ingedien waarin UNPO versoek word om ondersoek te doen na o.m. vergrype deur die ANC-regering oor 'n wye spektrum, die aftakeling van die land se ekonomie, korrupsie, die marginalisering van minderheidsgroepe, rassepolarisasie en die lot van die boeregemeenskap in Suid-Afrika. Die mosie is algemeen aanvaar.
Gradeer die artikel
(1 Vote)

2 opmerkings

  • Koos van Antwerpen - Vrydag, 07 Julie 2017

    Ons moenie te gerus raak in die geselskap van ander "Klein outjies" nie. Bly fokus op die bepalende faktor!
    DEMOGRAFIE, d.i. die getalsverhouding van die verskeie volke binne enige gedeelde geografiese gebied was elke enkele keer in die geskiedenis die bepalende faktor, maak nie saak hoe goed of sleg die leiers of verraaiers of wette of toesprake of aansprake was of is nie.
    'n Volk oorleef en bestaan voort NET as hy 'n grondgebied beset met 'n meer as 90% meerderheid EN SORG dat geen ander volk of groep onassimileerbares hom daaruit teel deur 'n ho-er aanwas of immigrasie nie! Enige afwyking of toegewing oor die beginsel sal lei tot stryd, landsverlies en uiteindelike uitwissing of verbanning van die volk wat op daardie tydstip die minderheid uitmaak.
    Al die "klein outjies" sukkel waarskynlik in 'n meerdere of mindere mate met dieselfde probleem van demografie.
    In alle gevalle is die enigste versekering vir 'n volk se voortbestaan(A) die meer as 90% meerderheidsbesetting van die grond, (B) Elke vrou MOET 'n gemiddelde van minstens 2.1 kinders he, terwyl onassimileerbares se aanwaskoers minder as die ekwivalent van 1.9 kinders per vrou MOET wees. Immigrasie/emigrasie ingereken.
    Waar 'n volk die beginsel verstaan en dit toepas MOET hy een of ander tyd die punt bereik waar hy sterk genoeg is om niemand iets te vra nie. Op die punt sal hy dan vry wees van vreemde oorheersing en vreemde wette en besluite. Dan steur hy hom net nie meer daaraan nie.
    Enigiets anders is tevergeefs.

    Report
  • Jacques van den Berg - Vrydag, 07 Julie 2017

    Ons saak is soos 'n stad op 'n berg - duidelik vir almal om te sien. Dit sal jammer wees om Zuma te verloor, want hy het meer gedoen om ons vyand te vernietig as wat ons waarskynlik selfs met 'n oorlog sou kon vermag het. Wat die swartman in die algemeen doen met mag (soos universiteite afbrand ens), verseker egter dat ons nog sulke "leiers" sal he wat sal help om hierdie stryd tot ons finale oorwinning te voer.

    Report

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top