►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Nuus van die Gelofte Volksvergadering

In ʼn mediaverklaring word die besluite van die 9de Gelofte Volksvergadering verlede jaar gehou te Dankbaar CVO Skool, Bloemfontein, deurgegee onder die volgende inleiding: “Wat ʼn wonderlike voorreg om te beleef hoe al meer volksgenote uitreik na mekaar, vir mekaar omgee, mekaar help in hierdie moeilike tye, weer saam planne maak en saam kuier. Ons sien hoedat ou strydbyle begrawe word opsoek na gemeenskaplike gronde. Ons hoor van al meer suksesverhale in die stryd teen die duisternis. Skep moed, die beste lê vir ons nog voor.”

Die tema van die volksvergadering was Miga 6:2b ”Want die HERE het ‘n twis met sy volk en sal met Israel ‘n regsgeding hou.” Besprekingspunte en besluite op die vergadering het gehandel oor o.m. oor dreigende fisiese oorlog gekoppel aan geestelike oorlogsvoering; die volle betekenis van die geloftes in die geskiedenis van die Afrikaner volk en die nakoming daarvan; en die betekenis van die terminologie “Huis van Bloedrivier”.

Vir meer besonderhede, besoek www.volksvergadering.co.za.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top