► Op AfriForum Netwerk, aanlyn databasis van ondernemings wat in Afrikaans sake doen, al sowat 2 000 sake-ondernemings geregistreer ► Groep van ondersoekende joernaliste bekend as amaBhungane toon in verslag dat EFF-lede na bewering voordeel getrek het uit brandstoftender van bykans R500 miljoen van Tshwane in Januarie 2019 ► Arvitha Doodnath, jong regsdosent, by Vaal Universiteit van Tegnologie, Saterdagaand in Johannesburg doodgeskiet tydens motorkaping ► Einde Junie 2019 10,2 miljoen verbruikers in SA het skuldprobleme en verswakte kredietgeskiedenis, swakste sedert Junie 2015 ► Eben Etzebeth dien deur sy prokureurs teenaanklag in by MRK en vra dat hul saak by Gelykheidshof in hersiening geneem word ► Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) waarsku in jaarverslag dat 4de-nywerheidsrewolusie (4NR) en tegnologiese outomatisasie in SA kan lei tot derduisende werksverliese regdeur hele ekonomie ► Pres. Xi Jinping waarsku, met verwysings na aanhoudende betogings in Hong Kong, dat “enige pogings om China te verdeel sal lei tot gebreekte liggame en beendere tot poeier gemaal” ► Siriese weermag span kordon soldate en wapentuig oor hele linie tussen Turkse invalsmag en Koerdiese gebied; pres. Trump dreig Turkye met sanksies wat hul “ekonomie kan breek” ► Spaanse hof lê tronkstraf op vir 9 leiers van afskeidingsbeweging in Katalonië, vra vir uitlewering van hoofleier Carles Puigdemont wat in 2017 na België gevlug het ►

Hoe benadeel regstellende aksie jou?

Die VF Plus het pas 'n fasiliteit geskep waardeur mense elektronies kan aandui hoe regstellende aksie hulle benadeel. Dit volg op die opmerking van pres. Cyril Ramaphosa In sy repliek op die debat oor die Staatsrede: “Wit mense, veral wit mans, domineer steeds die senior posisies in die ekonomie”, terwyl hy nie die toenemende werkloosheid onder wit jeug as ‘n aanduiding beskou dat regstellende aksie onbillike diskriminasie bevorder nie.

Die VF Plus sê in 'n mediaverklaring dat hulle statisties en prakties wil bewys dat Ramaphosa die bal misslaan en hoe erg die benadeling van regstellende aksie inderwaarheid is. Persone wat hulle verhale oor regstellende aksie en onsuksesvolle beursaansoeke weens hul verkleur wil deel, kan dit op die VF Plus se Facebook- of Twitterblaaie doen en daar kommentaar lewer, of epos na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. Kontaknommer: 082 490 6663

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top