► Op AfriForum Netwerk, aanlyn databasis van ondernemings wat in Afrikaans sake doen, al sowat 2 000 sake-ondernemings geregistreer ► Groep van ondersoekende joernaliste bekend as amaBhungane toon in verslag dat EFF-lede na bewering voordeel getrek het uit brandstoftender van bykans R500 miljoen van Tshwane in Januarie 2019 ► Arvitha Doodnath, jong regsdosent, by Vaal Universiteit van Tegnologie, Saterdagaand in Johannesburg doodgeskiet tydens motorkaping ► Einde Junie 2019 10,2 miljoen verbruikers in SA het skuldprobleme en verswakte kredietgeskiedenis, swakste sedert Junie 2015 ► Eben Etzebeth dien deur sy prokureurs teenaanklag in by MRK en vra dat hul saak by Gelykheidshof in hersiening geneem word ► Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) waarsku in jaarverslag dat 4de-nywerheidsrewolusie (4NR) en tegnologiese outomatisasie in SA kan lei tot derduisende werksverliese regdeur hele ekonomie ► Pres. Xi Jinping waarsku, met verwysings na aanhoudende betogings in Hong Kong, dat “enige pogings om China te verdeel sal lei tot gebreekte liggame en beendere tot poeier gemaal” ► Siriese weermag span kordon soldate en wapentuig oor hele linie tussen Turkse invalsmag en Koerdiese gebied; pres. Trump dreig Turkye met sanksies wat hul “ekonomie kan breek” ► Spaanse hof lê tronkstraf op vir 9 leiers van afskeidingsbeweging in Katalonië, vra vir uitlewering van hoofleier Carles Puigdemont wat in 2017 na België gevlug het ►

Konsentrasiekerkhof opgegradeer

Rudie Rousseau wat bekend is vir sy passie vir die restourasie en instandhouding van die 126 konsentrasiekerkhowe uit die Anglo-Boere-oorlog, berig van die werk wat gedoen is by die kerkhof van die Standerton-konsentrasiekamp. In ‘n brief aan Ditsem Nuus skryf hy o.m.: “In hierdie kerkhof is die grafte van 856 Boervroue en kinders, waarvan 831 kinders onder 15 jaar was. Die een foto hierby toon die haglike omstandighede waarin die kerkhof verkeer het.

“Genadiglik het 'n barmhartige samaritaan Marius Marais en sy vrou my gekontak om die plek te gaan skoonmaak. Dit was n spanpoging aangesien ek in Roodepoort bly en hy op Springs, maar op 10 Maart 2018 het ons die kerkhof herstel en 50 sakke gras en vullis verwyder. Verskeie lampies in die monument is herstel, terwyl vir die eerste keer in 118 jaar die name van die vroue en kinders op die monument aangebring is. Dit blyk dat in die kamp was ‘n mev. Swart wat in twee weke se tyd al agt haar kinders in die moordkamp aan die dood afgestaan het.

“As mense weet van ‘n erfenis van ons volk wat in ‘n erge toestand is, moet hulle my asb laat weet. Ons kan dit gaan skoonmaak, maar net soos alles het ons donasies / skenkings nodig. Ons het egter reeds ‘n borg om name op ‘n bord aan te bring.

“Kontak my gerus by: 082 536 1917 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..”

Gradeer die artikel
(1 Vote)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top