Print this page

Solidariteit wil blankes verdig op 30 dorpe

Volgens ʼn omvattende bevolkingstudie deur die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) is daar ʼn bevolkingsverskuiwing onder Afrikaners aan die gang vanaf ongeveer 300 dorpe oor die land heen na sowat 30 dorpe en stede. Dié verskuiwing neem bykans die vorm van ʼn hedendaagse “Groot Trek” aan. Die studie kom tot die gevolgtrekking dat die groot uitdaging vir Afrikaners is nie soseer hulle getalle nie, maar veel eerder hul yl verspreiding.

Dit gee daartoe aanleiding dat Afrikaners byna orals in die noorde van die land ʼn minderheid met dieselfde probleme is. Die studie toon dat ʼn natuurlike konsentrasieproses aan die gang is, met mense wat vanself begin konsentreer op ‘ankerdorpe’ wat aan sekere maatstawwe vir volhoubaarheid voldoen.

Hoewel dit kommerwekkend is dat die meeste kleiner dorpe in die land so agteruitgaan dat mense die dorpe verlaat, maak die groter konsentrasie op hierdie 30 plekke beter dienste en groter getalle vir bv. die daarstelling en bedryf van Afrikaanse skole moontlik. Die voordeel is dat meer as 80% van die bykans 500 000 lede van die Solidariteit Beweging in en om hierdie ankerdorpe woon en werk, aldus die SNI studie.

Die volgende is die 30 dorpe wat vir verdigting deur blankes/Afrikaners geïdentifiseer is (volgens hul doopname): Pretoria, Oos-Rand, Kaapstad, Port Elizabeth, Bloemfontein, Krugersdorp, Klerksdorp, Rustenburg, Middelburg, Secunda, Nelspruit, Durban, Welkom, Potchefstroom, George, Pietersburg, Paarl, Meyerton, Sasolburg, Naboomspruit-, Warmbad-, Nylstroom-area, Heidelberg, Richardsbaai, Ermelo, Bethlehem, Margate, Upington, Tzaneen, Kath en Orania.

Lees die volledige verslag hier

Gradeer die artikel
(0 stemme)