►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Blanke armoede: Hoe wyd verspreid?

Hoewel armoede in Suid-Afrika volgens die jongste bevindinge van Statistieke SA (SSA) steeds toeneem, vanweë die land se swak ekonomiese groei, hoë werkloosheidsyfer en huishoudings se groeiende afhanklikheid van krediet, bestaan daar geen amptelike prentjie van armoede onder spesifiek die blanke segment van die bevolking nie. Daarom die vraag: Hoe wyd verspreid armoede onder blankes in SA?

Terwyl talle blanke burgers steeds deur genade ’n betrekking het, hetsy voltyds of tydelik, het die aantal armblankes toegeneem oor die afgelope twee dekades, veral vanweë swart ekonomiese bemagtiging en sg. regstellende aksie al skerper aangedraai. Gevolglik bevind ‘n groot aantal blankes hulself in plakkerskampe en word beraam dat meer as 1 000 plakkerskampe is vir armoedige wit Suid-Afrikaners in die land.

Onlangs is mense op sosiale media aangemoedig om Google in te span om “Wit Plakkerskampe in SA” op te soek. Die uitslae het 'n oorweldigende aantal beelde gewys waar witmense in haglike omstandighede woon. Dit het egter sommige Suid-Afrikaners verwar en van hulle het gesê dat dit nie 'n ware weergawe van die situasie in die land is nie.

Gesels saam: Wat is jou mening oor die ware weerspieëling, asook die graad en wydverspreidheid van blanke armoede in SA? Uit ‘n bevolking van sowat 4 miljoen blankes in die land, hoeveel kan geklassifiseer word as baie arm – so arm dat hulle in plakkerskampe moet woon, of in ander plekke in haglike omstandighede?

Gradeer die artikel
(0 stemme)

1 comment

  • Seth Tyrssen - Saterdag, 06 April 2019

    I have set up a Go Fund Me campaign to help feed these people. I have exactly two people "on the ground" in South Africa, one is able to buy and distribute food. Out of my goal of $10,000 US, we have so far received only $32.00. This issue is not only being ignored, it's being deliberately buried by the media. I continue to write "The South Africa Report" for the British publication, White Voice, and publish The New Thunderbolt here in the US, where we are not yet bound by Draconian "hate speech laws." TheNewThunderbolt@gmail.com.

    Report

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top