►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Voor 1979 gebore

Ons het op ons magies geslaap in ‘n kot wat geverf was met helderkleurige loodbasisverf. Ons het geen kindvaste deksels of proppe op medisynebottels, deure of kaste gehad nie en geen valhelms gedra as ons fi etsgery het nie... om nie te praat van die risiko’s toe ons duimgery het nie.

As kleuters en kinders kon ons agter in die kar sit sonder veiligheidstoele, veiligheidsgordels of lugsakke.

Om agter op die bakkie te ry, was groot pret en ons het water uit die tuinslang gedrink en nie uit bottels nie.

Ons het koeldrank saam met vriende gedrink uit een bottel en niemand is dood daarvan nie.

Ons het sjokoladekoek en wit brood geëet met regte botter en Kool Aid en Oros met suiker aangemaak, maar ons was nie oorgewig nie, want ... ONS HET ALTYD BUITE GESPEEL!

Ons het van vroeg soggens af buite gespeel totdat die straatligte saans aangegaan het, of voor die kerse aangesteek was. Niemand kon ons kontak deur die dag nie.

Ons het urelank kaskar gebou uit afvalhout en –yster en het dan teen die steilste bulte afgejaag, net om uit te vind ons het vergeet van die brieke.

Ons het nie Playstations, Nintendos, X-boxes, wifi o f e nige v ideospeletjies g ehad n ie. “Shopping” vir ontspanning het nie bestaan nie en name-klere was toe ook nog nie eers in China gemaak nie.

Snobisme was ‘n galbitter vrug wat net in die Amasone gegroei het en sakgeld was iets wat die Staatspresident van geweet het.

Ons het uit bome geval, skraapwonde opgedoen en bene gebreek en daar was geen geregtelike eise vir hierdie ongelukke nie.

Termometers was ook nie onder jou tong of in jou oor geplaas nie...

Tande tel was uit, want ons het geweet hoe om te speel.

En tog het hierdie generasie van die beste kansvatters, probleemoplossers en uitvinders ooit geproduseer en die laaste 50 jaar het bestaan uit ‘n ontploffing van uitvindings en nuwe idees. Ons het vryheid, verlies, sukses en verantwoordelikheid gehad en ons het geleer hoe om dit te hanteer.

As jy een van hulle was – baie geluk! En voorspoed aan die nuwe geslag met heel ander eise wat aan hulle gestel word.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top