► Die koste van SA regering om sy skuld te diens het toegeneem van R89,4 miljard in 2012 tot R202,2 miljard in 2019, wat beteken dat tans meer geld bestee word om regeringskuld te diens, as wat in totaal in een jaar bestee word aan die polisiediens (R104,2 miljard), staatssekuriteit en weermag (R50 miljard) en howe en gevangenisse (R48,4 miljard) ► Solidariteit Helpende Hand se Studiefondssentrum (SFS) administreer tans meer as 240 studiefondse ter waarde van R164 miljoen, waardeur meer as 4 000 studente se studies moontlik gemaak word ► Volgens statistiek van TLU SA gister vrygestel, is 1 125 plaasaanvalle tussen 1990 en 1999 aangemeld, 1 407 plaasaanvalle in 2000 – 2009 (styging van 22%) en 2 616 plaasaanvalle vanaf 2010 – 2 019 (toename van 60%) ► Volgens pasvrygestelde syfers van TLU SA het 637 plaasmoorde vanaf 1990 tot 1999 plaasgevind, 799 plaasmoorde tussen 2000 tot 2009, terwyl 2010 tot 2019 die syfer afgeplat het na 586 plaasmoorde ► In mediaverklaring wys VF Plus daarop dat in SA R8 uit elke R10 wat deur die staat bestee word vir salarisse gaan; salarisrekening van staat beloop R587 miljard per jaar; “staatsdiens is werkskeppingsagentskap vir ANC-kaders” ► Verslag van Transparency International getiteld Global Corruption Barometer (GCB) gedoen ná ondersoek in 35 Afrika lande toon dat 59% van mense reken dat korrupsie toeneem, terwyl in Suid-Afrika 70% van mense meen dat korrupsie toeneem ► Verslag van Transparancy International toon ook dat een uit vier mense in Afrika wat verlede jaar van openbare dienste gebruik gemaak het, omkoopgeld moes betaal het ► Kabinet gee goedkeuring dat wetsontwerp oor Nasionale Gesondheidsorgversekering (NGV) in Parlement te tafel gelê word; geen aanduiding van koste nie, maar vorige minister dr. Aaron Motsoaledi het geraai sowat R259 miljard ► Minister van Omgewingssake, Bosbou en Visserye Barbara Creecy sê in Parlement Suid-Afrika is een van die 30 vuilste en mees omgewingsbesoedelende lande ter wêreld ► Rowers kaap graafmasjien van 60 ton by sandmyn naby Hobhouse en ry daarmee deur Caledonrivier en verdwyn in Lesotho ► MetroRail onderneem tans slegs 40% van treinritte in voorstedelike gebiede as 4 jaar gelede ► Netbal Wêreldbekertoernooi begin vandag in Liverpool, Engeland, met Proteas agt blankes uit span van 12 wat kans gegun word om goud in te oes ►

Hedendaagse nuusdekking in die hoofstroommedia toon 'n sterkerwordende tendens om alles wat in voor-1994 Suid-Afika gebeur het, as sleg af te maak. Hierdie tendens kom tans veral na vore met die 25-jarige herdenking van die toespraak van oud-pres. FW de Klerk in die Parlement op 2 Februarie 1990.

Daar word ook daarby gesê dat die destydse SA regering in die vroeë negentigs geen keuse gehad het as om die landsregering sonder meer aan die swart meerderheid oor te gee nie.

Dit is deesdae mode om sogenaamde “apartheid” die skuld vir alles te gee en te sê dat selfs alles wat vandag nog verkeerd is, die gevolge van “apartheid” is.

Was alles in die vorige bedeling regtig so sleg en het die destydse regering werklik geen ander keuse gehad nie?

Pas is weer feitelike syfers gepubliseer oor die situasie in SA vanaf die sestigerjare tot en met die einde van die tagtigs. Van hierdie feite is enkeles die volgende en kan daar 'n uitdaging gerig word om die korrektheid daarvan feitelik verkeerd te bewys:

Die beleid onder die eerste ministerskap van dr. HF Verwoerd was afsonderlike ontwikkeling, d.w.s. volledige vrymaking van individuele swart volke op hul eie grondgebied en nie bloot diskriminerende “apartheid” nie. Daarvan getuig die daadwerklike stappe wat in hierdie verband geneem is.

In die vroeë sestigerjare het die BBP van SA jaarliks teen 'n koers van 6% gegroei, terwyl die inflasiekoers 2% was. Die land was selfversorgend vir sy voedsel, terwyl hy 'n vername uitvoerder van vrugte en graanprodukte geword het.

Met die stigting van Sasol en die verkryging van brandstof uit steenkool, was die land besig om hom van sy afhanklikheid van die buitelandse oliemark te speen. Sy verdedigingsmag het een van die doeltreffendste ter wêreld geword, terwyl op die gebied van wetenskap en kernnavorsing Suid-Afrika 'n wêreldleidende rol begin speel het.

Die geldstelsel is gedesimaliseer (Rand en sent), goudproduksie is verhoog, nywerhede het sterk vooruitgegaan en werksgeleenthede vir alle inwoners het vir ekonomiese opheffing van die hele gemeenskap gesorg. Slegs 5% van die swart bevolking was teen 1966 nog werkloos.

In 1970 verdien swart werkers 'n totaal van R1 751 miljoen oftewel 25,5% van die totale loongeld in SA, 'n syfer wat styg tot R17 238 miljoen in 1984 (1 000% groei).

Die begrotingsbedrag vir swart onderwys styg jaarliks vanaf 1970 met bykans 30% meer as enige ander staatsdepartement. Van 1955 tot 1984 styg die aantal swart skoliere van 35 000 tot 1 096 000, d.w.s. 31-voudig.

Teen 1972 besit swartmense SA 360 000 voertuie - meer as in al die swart state van Afrika saam.

In Soweto het die blanke regering 'n reuse hospitaal, Baragwanath, gebou met 3 000 beddens - een van die grootste en modernste ter wereld. Sy 23 operasieteaters is voorsien van die heel modernste toerusting en word swart mense teen 'n nominale koste van R2 vir 'n onbeperkte tydperk behandel. Die hospitaal het 8 000 personeellede in diens gehad, waaronder 450 voltydse dokters wat jaarliks 112 000 binne-pasiente en 1,62 miljoen buite-pasiente behandel. 90% van die bloed is deur blankes geskenk.

Langs die Baragwanath Hospitaal is die St. John's Oogkliniek, wêreldberoemd vir die behandeling van gloukoom, losgelate retina's, traumatiese oogbeserings en seldsame tropiese siektes.

In 1978 bou die SA regering 'n hoogs moderne opleidingshospitaalkompleks, Medunsa, op die grens van die destydse onafhanklike Bophuthatswana teen R70 miljoen op 35 ha. Hierdie “stad” in die kleine bevat woongeriewe vir manlike en vroulike studente waar swart dokters, tandartse, veeartse en paramediese personeel opgelei word. Dit is die enigste gespesialiseerde universiteit van sy soort in Afrika en een van weinige in die wêreld gefinansier deur blanke belastingbetalers tot voordeel van uitsluitlik swartes.

Praktiese mediese opleiding vind plaas in die nabygeleë Garankuwa Hospitaal waar die hele spektrum van menslike kwale behandel word. Die hospitaal beskik oor fasiliteite vir nieroorplantings, isotope-eenhede en gespesialiseerde laboratoria vir die praktiese opleiding van 200 dokters per jaar.

In die laat tagtigs was daar in Soweto meer as 2 300 geregistreerde firmas, 1 000 taxi-ondernemers en 50 000 motoreienaars.

In die 1986/1987 boekjaar betaal blankes R9 000 miljoen belasting en swartes R171 miljoen, Indiers R257 miljoen en Kleurlinge R315 miljoen.

In 1985 was 42 000 swart studente aan SA universiteite ingeskryf. Daar was 5 swart universiteite en 28 inrigtings vir hoër onderwys staatsgefinansier

In 1985 is daar 37 diesellokomotiewe en 40 stoomlokomotiewe aan buurlande geleen, waar daar daagliks 6 195 SAVD goederewaens loop teenoor 944 in SA self.

SA voorsien in die graanbehoeftes van sy buurlande en wyer - in 1980 word 250 000 ton mielies na Zambië uitgevoer, 150 000 ton mielies en 50 000 ton koring na Mosambiek, 128 000 ton mielies na Kenia en 100 000 ton mielies na Zimbabwe. Verder ontvang ook Angola, Ivoorkus, Malawi, Mauritius, Tanzanië en Zaïre SA graan. Minstens 12 Afrikastate is volgens die Argus African News Service in so 'n mate afhanklik van SA graan dat 'n totale verbod op in- en uitvoer hulle ekonomies kan vernietig.

SA word aangekla deur die wêreld dat dit 'n polisiestaat is, maar in SA was 1,4 polisiemanne vir elke 1 000 mense, teenoor die ooreenstemmende syfer van 2,2 vir Brittanje, 3,5 vir Israel, 4,3 vir New York, en 10 vir Moskou. In SA was daar in die vorige bedeling sowat 16 292 blanke polisiemanne teenoor 19 177 nie-blank.

SA is aangekla dat dit politieke gevangenes vermoor, maar in 1979-1980 was daar geen sterfgeval in SA tronke nie. In die vorige 10 jaar sterf 37 tydens ondersoekarres, teenoor 274 gedurende diesefde tydperk in Wallis en Engeland.

In die loop van die tagtigerjare het die SA Weermag die Grensoorlog in die noorde van SWA / Angola teen die Russiese en Kubaanse weermagte gewen en het dit 'n sleutelrol gespeel in die uiteindelike val van die Sowjet-ryk. Teen hierdie weermag het die ANC-Umkhonto we Sizwe geen kans gestaan nie en ook geen veldslag gewen nie.

Die vorige SA regering, veral onder oud-pres. PW Botha het sterk probeer om deur politieke “hervormings” by radikale en buitelandse eise aan te pas, maar in sy woorde: “Hoe meer hervorming ons deurvoer, hoe meer word ons verdoem. Hoe meer ons wegbeweeg van apartheid, des te woedender word die internasionale veldtog teen ons…”

Teenoor hierdie feite uit die vorige bedeling word in hierdie artikel geensins feite uit die huidige bedeling afgespeel nie. Daaroor kan egter sekerlik 'n boek, of talle boeke, geskryf word.

Natuurlik was alles in die vorige bedeling nie maanskyn en rose nie en het daar ook slegte dinge gebeur.

Die punt wat egter in hierdie artikel gemaak word, is dat daar in die vorige bedeling in SA veel was wat goed was en was daar dikwels goeie rede waarom dinge gedoen is soos dit gedoen is. 'n Sober en gebalanseerde siening van die verlede en hede dien die beste vir die toekoms.

Go to top