► Abel Sithole as uitvoerende hoof van die Government Employees’ Pension Fund (GEPF) getuig voor Mpati-kommissie dat ʼn “belegging” van R4,3 miljard sonder sy medewete gemaak is uit die GEPF na die firma Ayo Technologies van omstrede Iqbal Survé; blykbaar kan of wil Ayo dit nou nie terugbetaal nie ► Mynmaatskappy Rio Tinto het sy Rössing Uraanmyn in Namibië, in produksie sedert 1976 en wat tans jaarliks sowat 4,6 miljoen pond uraan lewer, verkoop aan die China National Uranium Corporation (CNUC) vir $106,5 miljoen; Rio Tinto het sedert 2017 beleggings van $11,2 miljard uit Namibië onttrek ► Nuwe Minister van Water, Sanitasie en Menslike Nedersettings Lindiwe Sisulu sê in Parlement skade in die departement weens korrupsie en wanbestuur is feitlik “onmeetlik” en dat drastiese omdraaistrategie dringend nodig is ► Munisipaliteite skuld die nege waterrade en Dept. van Water R14 miljard vir waterdienste gelewer ► Adjunk-minister van Landbou, Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming Mcebisi Skwatsha sê in Parlement dat onteiening sonder vergoeding binnekort ʼn werklikheid gaan wees, “maar onwettige grondgryp nie toegelaat sal word nie” ► Vrystaat Landbou sê massiewe armoede in Lesotho bedreig wet en orde in Vrystaat en dat dit verskillende tipes misdaad in die provinsie veroorsaak ► Volgens verslag van PwC is vergoeding van ʼn uitvoerende hoof van mynmaatskappy in SA gemiddeld sowat R16,8 miljoen per jaar en dié van ʼn finansiële hoof sowat R6,9 miljoen per jaar ► Projek VatVyf gebaseer te Orania benodig borgskap vir twee behoeftige blanke leerlinge in Bloemfontein wat as prefekte gekies is om einde vanjaar elkeen ʼn oriënteringskamp by te woon – R1 000 vir seun in hoërskool en R500 vir dogter in laerskool – kontak projekvatvyf@gmail.com of 082 773 2150 ►

Die werklikheid van sowat 8 000 blanke kleuters wat elke skooldag in 87 skole landswyd van ‘n maaltyd voorsien moet word ten einde honger by hulle hok probeer slaan, gryp ‘n mens aan die hart. Dit is die werklikheid wat Solidariteit Helpende Hand verlede week in ‘n media verklaring uitgespel het. Wat nog meer ontstellend is, is dat die nood so groot is en die behoefte by die dag so erger word, dat Helpende Hand beplan om hul projek #StopHonger volgende jaar uit te brei na sowat 12 000 kleuters – 'n massiewe 2,4 miljoen etes per jaar.

Die voedingsprogram van Helpende Hand spruit uit hul Kosblikkie-projek wat in 2009 begin is en geleidelik uitgebrei is na gelang van die nood, totdat in 2018 vir altesaam 6 500 kleuters van 82 skole landwyd elke skooldag 'n bord kos voorsien kon word. Intussen ontvang Helpende Hand soveel versoeke om ook by kinderhuise, ouetehuise en behoeftige gesinne – hoofsaaklik blank - in te gryp, dat as bykomende veldtogte #StopHonger en #HelpJag begin is ter aanvulling van die Kosblikkie-projek.

Volgens die mediaverklaring is #HelpJag in 2018 van stapel gestuur weens 'n tekort aan ʼn goeie, goedkoop proteïene en word jagters aangemoedig om wildsvleis vir Helpende Hand te skenk om dié tekort aan te vul. Om vir 'n jaar aan die daaglikse minimum proteïeninname van kleuters te voorsien, benodig #HelpJag 160 ton wildsvleis.

Elke koedoe kan ongeveer 40 kleuters vir 'n maand voed, terwyl 'n gemsbok 26 kleuters vir 'n maand voed. Selfs 'n springbok kan 6 kleuters per maand van 'n gesonde maaltyd help voorsien.

Die mediaverklaring lui verder: “Jy kan betrokke raak en Helpende Hand só help om 2,4 miljoen etes vir 12 000 kleuters landwyd te voorsien: SMS die woord STOP na 38969 en skenk ʼn bord kos vir ʼn honger kleuter. Die SMS kos R10. Of besoek www.stophonger.co.za vir meer besonderhede oor verskillende opsies om hierdie projek te ondersteun.”

Moordende swart ekonomiese bemagtiging, regstellende aksie en ander skreiende rassediskriminasie van die ANC-regime die afgelope 25 jaar is duidelik besig om sy tol grootskaals te eis. Hoewel armoede in Suid-Afrika volgens Statistieke SA (SSA) steeds toeneem vanweë swak ekonomiese groei, hoë werkloosheid en groeiende afhanklikheid van huishoudings van krediet, bestaan geen amptelike prentjie van armoede onder spesifiek die blanke segment van die bevolking nie.

Na raming deur Ditsem Nuus aan die hand van navorsing deur verskillende instansies gedoen, leef uit 'n bevolkingsegment van sowat 4 miljoen meer as 800 000 blankes in SA in erge armoede, meesal in tot soveel as 1 000 blanke plakkerskampe of –gemeenskappe. Onlangs is mense op sosiale media aangemoedig om Google in te span om “Wit plakkerskampe in SA” op te soek en het die uitslae 'n oorweldigende aantal beelde gewys waar blankes in haglike omstandighede woon.

Dit is duidelik dat op die Afrikaner, die behoudende gedeelte waarvan sigself beskou as 'n Christelike volk in eie reg, 'n enorme uitdaging wag. Die uitdaging is nie net materieel nie, maar ook en veral die gepaardgaande diepe morele verval onder die Afrikaner.

Volgens ‘n mediaverklaring van Solidariteit Helpende Hand vandag 4 April, sorg hulle dat minstens 8 000 kleuters in 78 skole landswyd, grotendeels blanke kleuters, elke dag ‘n maaltyd kry, waarskynlik hulle enigste kos van die dag. Dit word gedoen onder die #StopHonger-projek, wat beplan word om weens die eskalerende nood uit te brei na 12 000 kleuters en dit sluit in slegs versoeke en geen verdere ondersoeke in blanke plakkerskampe nie.

Intussen woord ook versoeke ontvang van kinderhuise, ouetehuise en nog meer behoeftige gesinne. Om die #StopHonger-projek te ondersteun, SMS woord STOP na 38969 en skenk ʼn bord kos vir ʼn honger kleuter (SMS kos R10). Besoek ook www.stophonger.co.za of skakel 081 374 5043.

Die projek toon die weidverspryde armoede onder blankes in SA.

Go to top