► MRK besluit om sy hoof van regsdienste Buang Jones te ondersoek en te verbied om weer met media te praat oor sy voortydige en rassistiese kommentaar oor Eben Etzebeth-saak ► Volgens die organisasie ToekomsVonk was daar vanaf 1 Januarie vanjaar tot 30 September 350 plaasaanvalle en 41 plaasmoorde in SA, oudste slagoffer 96 jaar, gemiddeld 4 aanvallers per voorval, met in een geval 20 aanvallers ► Volgens syfers van Minister van Basiese Onderwys Angie Motshekga is daar tans 1 126 openbare enkelmedium Afrikaanse skole in die land, teenoor 1 279 in 2017; 1 112 openbare skole dubbelmedium in Afrikaans en Engels, dus tans 2 238 skole wat onderrig in Afrikaans ► Universiteit van Vrystaat weier om erflating te aanvaar vir ’n “blanke, behoeftige, talentvolle student”; hooggeregshof in Bloemfontein staan aansoek van FNB toe dat “blanke” uit die testament geskrap word ► NG Kerk Algemene Sinode besluit om formulering van beleid oor selfdegeslagverhoudings van heel vooraf te begin ► Terwyl sommige banke takke sluit, kondig FNB aan dat dit vanjaar 7 takke gaan open in Oos-Kaap, Mpumalanga, Limpopo, Gauteng en Wes-Kaap ► Ter viering van 70-jaar van Kommunisme in China vertoon Chinese weermag in Beijing skrikwekkende interkontinentale wapentuig – sien videogreep ► Ditsem Nuus besig om spesiale fokus saam te stel getiteld Tuisskoling: Oplossing vir onderwyskrisis in die land – enige diensverskaffer of rolspeler in die bedryf wat inset wil maak, skakel 082 773 2150 of advertensies@ditsem.net ► Projek VatVyf kry reaksie op beplande projek Operasie Brandhout om blanke Afrikanermeisies en -vroue in Nigeriese seksslawehandel in die land te probeer bevry, nog medewerkers / ondersteuners / finansiering benodig – skakel 053 207 0127 of epos projekvatvyf@gmail.com – sien videogreep ►

Afrikaans as een van die jongste spruite uit die Germaanse taalstal het sy beslag gekry met volksvestiging in 1652 aan die Kaap en geleidelik vorm aangeneem as unieke inheemse Afrikataal. ‘n Geskiedkundige stap was toe op 15 Januarie 1875 De Afrikaanse Patriot as eerste publikasie in Afrikaans gepubliseer is.

Formeel word die stigting van Afrikaans deur agt manne van die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) op 14 Augustus 1875 egter beskou as die geboortedag van Afrikaans. Sedertdien het die taal, ondanks telkense imperialistitiese onderdrukking, van krag tot krag gegaan en ontwikkel tot ‘n volwaardige taal in eie reg.

In 1925 is Afrikaans erken as een van die amptelike landstale naas Engels. Nog ‘n sleutelstap was die publisering in 1933 van die volledige Bybel in Afrikaans. Op elke lewensterrein het Afrikaans met sy woordeskat tot ontplooiing gekom as linguïsties ‘n taal van wêreldgehalte. In 1994 met die nuwe grondwetlike bedeling in die land is Afrikaans ingesluit as een van die 11 amptelike landstale.

In die huidige bedeling is daar direk en indirek egter ‘n veldtog teen Afrikaans en ook die Afrikaner en staan die taal vandag voor nuwe uitdagings, soos bv. om sy status as onderrigmedium op skool- en tersiêre vlak te behou. ‘n Nuwe stryd vir die handhawing en uitbou van Afrikaans het kennelik ontbrand.

Desondanks beleef Afrikaans ‘n nuwe bloeitydperk i.t.v. gepubliseerde literatuur (wetenskaplik sowel as fiksie), rolprente, lewende kunste, liedjies en musiek, ens. Trouens, nie een ander taal in die land, afgesien van Engels, het naastenby die kultuurproduksie as wat in Afrikaans gelewer word nie en staan Afrikaans kop en skouers uit.

Afrikaans staan kennelik op 144 sterker as ooit en gaan dit trouens van krag tot krag. As tans die huistaal van sowat 7 miljoen mense wêreldwyd, kan Afrikaans nie beter beskryf word as wat ene Mariaan Burger dit soos volg gesê het nie:

Ken jy die taal wat so dans in die Suidland?

Ken jy haar?

Sy dans dwarsoor ons land, want sy is gebore uit die aarde van die veelkleurige suide van Afrika.

Sy is perfek vir elke geleentheid, van die doodgewone gesprek tot die uitnemendste digkuns of vakterme.

Nêrens in die wêreld kan 'n ander jou so lekker slegsê, laat huil, of laat lag soos sy nie. Nêrens kan jy so opreg bid of vurig vry soos met haar nie.

Haar naam is Afrikaans, want sy is ons moedertaal.

Sy kry seer as sy deur Engels verdryf word, deur haar eie mense misken en verban word. Sy ween as haar kinders in skole en universiteite haar onderrig geweier word, as sy nie as wêreldgehalte beskou word nie.

Dit breek haar hart as sy verwring en verengels word, as awesome beter as asemrowend word.

Sy is tot sterwens toe siek as haar eie mense haar so minag en verneder.

Gaan ons haar red vir die nageslag of begrawe? Die keuse lê by my en jou.

 

In hierdie fokus vier instansies wat ten nouste gemoeid is met die voortgesette bevordering van Afrikaans, met 'n knal die 144ste verjaarsdagherdenking van Afrkaans - 144 nie uit nie en verder van krag tot krag!

Go to top