► Abel Sithole as uitvoerende hoof van die Government Employees’ Pension Fund (GEPF) getuig voor Mpati-kommissie dat ʼn “belegging” van R4,3 miljard sonder sy medewete gemaak is uit die GEPF na die firma Ayo Technologies van omstrede Iqbal Survé; blykbaar kan of wil Ayo dit nou nie terugbetaal nie ► Mynmaatskappy Rio Tinto het sy Rössing Uraanmyn in Namibië, in produksie sedert 1976 en wat tans jaarliks sowat 4,6 miljoen pond uraan lewer, verkoop aan die China National Uranium Corporation (CNUC) vir $106,5 miljoen; Rio Tinto het sedert 2017 beleggings van $11,2 miljard uit Namibië onttrek ► Nuwe Minister van Water, Sanitasie en Menslike Nedersettings Lindiwe Sisulu sê in Parlement skade in die departement weens korrupsie en wanbestuur is feitlik “onmeetlik” en dat drastiese omdraaistrategie dringend nodig is ► Munisipaliteite skuld die nege waterrade en Dept. van Water R14 miljard vir waterdienste gelewer ► Adjunk-minister van Landbou, Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming Mcebisi Skwatsha sê in Parlement dat onteiening sonder vergoeding binnekort ʼn werklikheid gaan wees, “maar onwettige grondgryp nie toegelaat sal word nie” ► Vrystaat Landbou sê massiewe armoede in Lesotho bedreig wet en orde in Vrystaat en dat dit verskillende tipes misdaad in die provinsie veroorsaak ► Volgens verslag van PwC is vergoeding van ʼn uitvoerende hoof van mynmaatskappy in SA gemiddeld sowat R16,8 miljoen per jaar en dié van ʼn finansiële hoof sowat R6,9 miljoen per jaar ► Projek VatVyf gebaseer te Orania benodig borgskap vir twee behoeftige blanke leerlinge in Bloemfontein wat as prefekte gekies is om einde vanjaar elkeen ʼn oriënteringskamp by te woon – R1 000 vir seun in hoërskool en R500 vir dogter in laerskool – kontak projekvatvyf@gmail.com of 082 773 2150 ►

Internasionaal

Hongarye is een van die leidende lande in Europa wat betref beleid en maatreëls om Moslem-immigrante uit hul land te hou of te minimaliseer en…
Pres. Donald Trump het 'n hoogs betekenisvolle stap geneem deur bekende konserwatiewe regter Brett Kavanaugh te genomineer het om die plek van uittredende regter Anthony…
Komende Sondag is algemene verkiesing in Swede, met die verwagting dat die anti-immigrante en anti-EU Sweedse Demokrate (SD) onder leiding van Jimmie Akesson hul steun…
Met die pas afgelope algemene verkiesing in Zimbabwe het sittende president Emmerson Mnangagwa van Zanu PF net-net 'n oorwinning oor sy vernaamste teenstander Nelson Chamisa…
Australië het 'n nuwe eerste minister nadat Scott Morrison, minister van finansies, 'n verbete leierskapstryd in die Liberale Party gewen het. Morrison, ‘n uitgesproke Christen,…
Ondanks ooglopende beste pogings van die Zanu-PF regering van pres. Emmerson Mnangagwa om 'n vrye en regverdige verkiesing in die land te hou en dat…
Bladsy 4 van 19
Go to top