► Met meer as 80% van stemme getel in die verkiesing, staan nasionaal die ANC op sowat 57%, DA 22%, EFF 10%, IVP 3% en VF Plus 2,5%, met die res in bondel agterna ► Wat provinsies betref, is ANC loshande top in agt van die nege, met die Wes-Kaap wat steeds onder DA bly ► Algemene patrone op hierdie stadium is dat die ANC redelik gevaar het ten spyte van skandes van staatskaping en die gemors waarin die land gedompel is; DA het nie aan verwagtinge voldoen nie en is waarskynlik grootste verloorder om verskeie redes; IVP, VF Plus en EFF het almal hul mindere steun feitlik verdubbel, grootbek BLF heeltemal uit die bus met slegs sowat 8 000 stemme in totaal ► Kleiner partye maak groot bohaai oor bedrog met stemmery in die verkiesing, maar OVK sê ná deeglike ondersoek is weinig stawende bewyse gevind; luister bv. na hierdie stemgreep van Front Nasionaal en vorm jou eie mening ► Alliance Defending the Autonomy of Churches in SA (AdacSA) vandag in Pretoria se hooggeregshof vir saak om outonomie van kerke en godsdiensvryheid in SA te verdedig ► Zondo-kommissie hoor oor Transnet dat finansiële hoof van die maatskappy het mag gehad om kontrakte en tenders van tot R1 miljard alleen toe te ken ► MTN, een van die boikotters van Steve Hofmeyr, verloor in eerste kwartaal vanjaar meer as 1,3 miljoen kliënte ► Oor wie die beste skolerugbyspan in die land is, word môre in Bloemfontein bepaal wanneer Grey Kollege en Hoër Jongenskool Paarl (Boishaai) mekaar pak ►

Internasionaal

Groot onduidelikheid en botsende berigte heers oor die beweerde chemiese aanvalle in Sirië en die daaropvolgende weerwraak bombarderings wat gesamentlike Amerikaanse, Britse en Franse lugmagte…
Hoewel betroubare nuus uit Zimbabwe skaars is, blyk dit dat die skroewe teen oud-pres. Robert Mugabe al stywer aangedraai word, nadat hy aanvanklik met sy…
In ‘n oorlog wat grootliks deur die internasionale hoofstroommedia geïgnoreer word, veg die Koerde in Irak, Sirië en Turkye verbete 'n bloedige oorlog om ná…
Kort op die hakke van die herverkiesing met ‘n meerderheid van 76% van Vladimir Putin as president van Rusland vir ‘n verdere termyn van agt…
Sterk vordering word deur verskeie Afrikaner-organisasies asook individue gemaak om die lot van plaasboere in SA onder die aandag van oorsese regerings en instansies te…
Britanje en die Europese Unie het pas ooreengekom oor die “grootste gedeelte” van die ooreenkoms wat uiteindelik moet lei tot die ordelike onttrekking van Britanje…
Bladsy 8 van 19
Go to top