►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Furore oor Trump-opmerking oor Haiti en Afrika

'n Internasionale furore het losgebars oor die opmerking van pres. Donald Trump dat Haiti en lande in Afrika “shithole countries” is. Wat is egter die feite?

Wat Haiti betref, die volgende:

  • Die 3de hongerste land ter wêreld
  • Armste land in die Westelike Halfrond
  • Gemiddelde lewensverwagting 50 jaar
  • Geen sanitasie en geen riolering
  • 80% van die bevolking leef op $2 per dag
  • Onveilige drinkwater

Trump het gunstig na Noorweë verwys – in Haiti is die moordsyfer 219 moorde per 1 000 van die bevolking, in Noorweë is die ooreenstemmende syfer 0,56. Die BNP per capita van Haiti is $739,60, dié van Noorweë $70 812,48.

Sover dit Afrika aangaan, kan natuurlik oorvloedige statistieke aangehaal word ter stawing van die Trump-beskrywing, maar omtrent Suid-Afrika kan slegs na die inhoud van hierdie nuusbrief verwys word – 'n land waar 'n onskuldige vrou ontvoer word en agt van haar tone afgekap word, onskuldige mense se kele in hul wonings afgesny word, miljarde rand deur staatskaping gebuit word, die regering verklaar dat hy eerlike mense se grond gaan afvat sonder vergoeding – dan is die woord van Trump kru maar waar.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top