► Volgens SA in Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV) toon jongste misdaadstatistiek vir SAPD tesame met vorige statistiek dat sedert 1994 in SA sowat 500 000 moorde gepleeg is en 1 miljoen verkragtings ► Prof. Rudolph Zinn van Unisa sê uit navorsing blyk dit dat van die misdadigers voer tot 107 misdrywe uit voordat hulle gearresteer word ► Solidariteit Netwerk loods nuwe Sol-Tech kampus in Pretoria teen koste van R300 miljoen, sal huidige kampus vir 1 200 studente verdubbel en sal na verwagting deure open in Januarie 2021 ► Kyk by hierdie video hoe top bevelvoerders van SA Vloot en Lugmag in Parlement getuig hoe vloot en lugmag op rand van ineenstorting is ► Vrou (55) in Oos-Vrystaat gisteraand terwyl sy gebad op ‘n plaas aangeval en verkrag, aanvaller vlug en niks gesteel nie ► Op die Economic Freedom of the World (EFW) 2019 verslag val Suid-Afrika 54 plekke na nr. 101 uit 162 lande, vanaf plek 47 in 2000 – volg hierdie skakel vir meer inligting ►Dit lyk of Britse premier Boris Johnson ‘n deurbraak met Brexit kan maak na ooreenkoms oor grensbeheer met Ierse Democratic Unionist Party (DUP) ► Voormalige Bok-afrigter Peter de Villiers sê hy gaan nie Springbokke vanjaar by Wêreldbeker ondersteun nie, omrede vroeëre betrokkenheid van Eben Etzebeth by onderonsie met twee bruin mense in Langebaan ►

Op die internasionale front word nuus steeds grootliks oorheers deur die onverbiddelike stryd wat in die VSA en ook internasionaal woed rondom die presidentskap van Donald Trump, met laasgenoemde wat telkens ingrypende skuiwe maak i.t.v. sy “America first”-beleid, terwyl die voorstanders van NWO hul bes doen om hom uit sy invloedryke pos verwyder te kry. Pres. Trump loop veral deur oor sy afdanking van die voormalige FBI-hoof James Comey, 'n stap wat gesien word as obstruksie van die reg om beweerde Trump-Kremlinbande te ondersoek.

Tot dusver het Comey egter daarvan weggeskram om Trump direk te impliseer. Nog ‘n wyse waarop probeer word om Trump by te kom, is sy beweerde vroeëre verhouding met die pornoster Stormy Daniels. Trump het ook opspraak verwek toe hy sy minister van buitelandse sake  Rex Tillerson summier afgedank het en vervang het met die CIA-direkteur Mike Pompeo. In al hierdie gevalle kon Trump egter nog nie in ‘n hoek vasgekeer word nie.

Aan die positiewe kant blom die Amerikaanse ekonomie, bereik die Dow Jones nuwe hoogtes en vind groot nuwe werkskepping in die VSA plaas, terwyl Trump internasionaal 'n groot deurbraak gemaak het met sy persoonlike kontak met Noord-Koreaanse leier Kim Jong-un, wat op hierdie stadium reeds gesê het dat hy afsien van sy kernwapenprogram.

Trump het sopas suksesvolle onderhandelinge met die Franse president Emmanuel Macron in Washington gevoer, terwyl dit 'n ope vraag is wat Trump vroeg in Mei 2018 gaan besluit oor die kontroversiële internasionale ooreenkoms met Iran.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top