► In Mediumtermynbegroting van Minister van Finansies Tito Mboweni feitlik geen melding van landbou en die geweldige druk op boere oor wydverspreide droogte; op vraag van VF Plus pres. Cyril Ramaphosa ontwykend oor enige bystand aan kommersiële boere ► VF-Plus in Gauteng sê Gauteng Onderwysdepartement moontlik skuldig aan onreëlmatige besteding van R1,2 miljard i.v.m. skoolsvoedingsprojek, dít terwyl die LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi Afrikaanse skole vir geringste vermoedelike oortredinge aanspreek ► Dit blyk of dorpe Dewetsdorp, Vanstadensrus en Wepener feitlik geen munisipale dienste ontvang vanaf Mangaung Metro onder wie hulle ingedeel is nie ► Adjunk-pres. David Mabuza op besoek aan China tydens sitting van SA-China Bilaterale Kommissie wys op die talle geïntegreerde tussen die twee lande o.a. dat 65 Chinese maatskappye R116 miljard in SA belê het (hierdie syfer soos genoem, Ditsem Nuus kan nie korrektheid verifieer nie) ► Stad Kaapstad ontvang R300 miljoen van Nederlandse regering om MyCiti snelbusdiens na Khayelitsha en Nyanga uit te brei ► Nederlandse man (35) en vrou (75) in Marlothpark, Komatipoort, vermoor deur versmoring deur hul monde toe te prop, man se vrou en dogter oorleef aanval ► Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stem 232-196 ten gunste van verdere ondersoek of pres. Donald Trump in staat van beskuldiging geplaas moet word oor Oekraïne ► China Mobile in China maak bekend dat sy 5G-tegnologie, 100 keer vinniger as 4G, nou in 50 stede insluitende Beijing en Sjanghai beskikbaar is ►

Kommunisme in China sterker terug

Nadat in China die vryemark-ekonomie die afgelope twee dekades floreer het en dit gelyk het asof China 'n al hoe meer oop en selfs vrye samelewing kan word, is die tekens tans dat sentrale beheer d.m.v. die Kommunistiese stelsel in die land algaande verstewig word. Beperkings op die gebruik en toepassing van die Internet word al strenger toegepas, die filmbedryf in die land word genoodsaak om net die positiewe kant van China te reflekteer, demokrasie en vrye spraak in Hong Kong word met 'n ysterhand vasgevat en Bybels in China het feitlik onverkrygbaar geword. Daar word selfs berig dat gewerk word om die inhoud van die Bybel “aan te pas” na 'n meer vriendelike weergawe vir die Kommunistiese regering.

Die sterkste aanduiding is egter die feit dat die grondwet van China pas gewysig is om pres. Xi Jinping, wat sedert 2013 in die saal is, lewenslank in sy pos aan te stel. Dit is selfs vir China 'n ongeëwenaarde stap en dui beslis daarop dat die oorhoofse plan is om 'n Kommunistiese ystergreep op die grootste bevolking ter wêreld te behou.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top