►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

VSA en China op dooiepunt oor invoertariewe

Die afgelope week was 'n span Amerikaanse onderhandelaars o.l.v. minister van finansies Steven Mnuchin in China om te onderhandel oor invoertariewe wat die twee grootste ekonomieë vir mekaar wil aanbied. Tot dusver kon die twee lande nog nie tot 'n ooreenkoms kom nie en het die gevaar van 'n handelsoorlog tussen hulle finansiële markte wêreldwyd erg nadelig beïnvloed.

Die VSA wil hê China moet sy jaarlikse handelsurplus met die VSA teen 2020 met minstens $200 miljard sny en terselfdertyd nie wraakstappe neem teen Amerikaanse heffings op Chinese invoere nie. Van hul kant staan China daarop dat die VSA sy ondersoek moet laat vaar na die verkryging deur China van sensitiewe Amerikaanse tegnologie.

Op hierdie stadium lyk dit asof die Mnuchin-onderhandelinge in China niks konkreets opgelewer het nie en asof die twee groot moondhede inderdaad op 'n ekonomiese botsing afstuur.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top