►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Wetstoepassers in Zimbabwe is dringend op soek na die opbrengs van die Maranga-diamantvelde in die ooste van Zimbabwe, wat grootliks gehanteer is nadat Robert Mugabe en Zanu-PF die diamantvelde in 2005 met geweld van die eienaars oorgeneem het. Na raming beloop die opbrengs van hierdie diamantvelde, gereken as een van die rykste ter wêreld, sowat $15 miljard (R2,1 triljard).

Na berig word, word beplan om Mugabe nou te dagvaar om voor 'n parlementêre komitee te kom verduidelik oor die diamante. Blykbaar is dagvaardigings ook bestel op buitelandse maatskappye wat betrokke kon wees by die onwettige hantering van hierdie diamante, maar na berig word, sleep hierdie maatskappye hul voete in reaksie op die wetlike proses wat in werking gestel is.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top