Aletheim 1

Nuwe nasionalistiese regering in Italië

Wat waarskynlik die mees nasionalistiese regering in Italië is sedert die Tweede Wêreldoorlog, het pas die M5S-League koalisieregering o.l.v. Guiseppe Conte in hierdie land die bewind oorgeneem. Hul uitdruklike beleid is Italië eerste, anti-EU en besliste strewe om die inname van immigrante drasties te verminder en terselfdertyd die getalle te vermeerder wat teruggestuur word.

Hierdie verwikkeling in Italië strook met die sterk neiging in die res van Europa om nasionalisties georiënteerd te raak, die deure vir die instroming van Arabiese immigrante te sluit en uit te beweeg onder die vaandel van die EU uit. So bv. is in Slowenië tans ook 'n regsgesinde regering besig om in plek te kom, terwyl in Spanje die eerste minister wat so teen onafhanklikheid van Katalonië gekant is, Mariano Rajoy, pas onder 'n wolk van korrupsie bedank het.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

VVK2 banier