►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Moord op Saoedi-joernalis maak opslae

Die prominente Saoedi-joenalis en politieke aktivis Jamal Khashoggi het op 2 Oktober 2018 die Saoedi-konsulaat in Istanboel, Turkye, besoek om persoonlike dokumentasie vir sy huwelik in orde te kry – en sedertdien spoorloos verdwyn – en dit is die enkele grootste nuusitem tans op die internasionale toneel.  Die regering van Saoedi-Arabië ontken dat hulle enigiets weet van die bewegings van Khashoggi sedertdien,  maar Turkye, VSA en die res van die vrye wêreld dring aan op antwoorde. 

Pres. Trump het sy minister van buitelandse sake Mike Pompeo afgevaardig om persoonlik in Riaad, die hoofstad van Saoedi-Arabië, met koning Salman te gaan praat oor die verdwyning van Khashoggi, wat ook 'n kritikus was van die totalitêre Saoedi-bewind.  Die Turkse regering sê dat hulle bewyse het dat Khashoggi in die konsulaat deur 'n Saoedi moordeenheid gemartel en doodgemaak is en dat sy lyk in stukke uit die land gesmokkel is.

Intussen boikot internasionale sakeleiers 'n belangrike beleggingsberaad wat oor twee weke in Riaad gehou word.  Trump het egter aangedui dat hy nie van plan is om 'n bestelling van $110 miljard van die Saoedi regering by Amerikaanse wapenvervaardigers te kanselleer nie.  

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top