► In Mediumtermynbegroting van Minister van Finansies Tito Mboweni feitlik geen melding van landbou en die geweldige druk op boere oor wydverspreide droogte; op vraag van VF Plus pres. Cyril Ramaphosa ontwykend oor enige bystand aan kommersiële boere ► VF-Plus in Gauteng sê Gauteng Onderwysdepartement moontlik skuldig aan onreëlmatige besteding van R1,2 miljard i.v.m. skoolsvoedingsprojek, dít terwyl die LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi Afrikaanse skole vir geringste vermoedelike oortredinge aanspreek ► Dit blyk of dorpe Dewetsdorp, Vanstadensrus en Wepener feitlik geen munisipale dienste ontvang vanaf Mangaung Metro onder wie hulle ingedeel is nie ► Adjunk-pres. David Mabuza op besoek aan China tydens sitting van SA-China Bilaterale Kommissie wys op die talle geïntegreerde tussen die twee lande o.a. dat 65 Chinese maatskappye R116 miljard in SA belê het (hierdie syfer soos genoem, Ditsem Nuus kan nie korrektheid verifieer nie) ► Stad Kaapstad ontvang R300 miljoen van Nederlandse regering om MyCiti snelbusdiens na Khayelitsha en Nyanga uit te brei ► Nederlandse man (35) en vrou (75) in Marlothpark, Komatipoort, vermoor deur versmoring deur hul monde toe te prop, man se vrou en dogter oorleef aanval ► Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stem 232-196 ten gunste van verdere ondersoek of pres. Donald Trump in staat van beskuldiging geplaas moet word oor Oekraïne ► China Mobile in China maak bekend dat sy 5G-tegnologie, 100 keer vinniger as 4G, nou in 50 stede insluitende Beijing en Sjanghai beskikbaar is ►

Stormloop onderweg op VSA-grens met Meksiko

Internasionaal is die warmste nuus op die oomblik die stroom van duisende mense wat vanuit Suid-Amerika op die grens tussen Meksiko en die VSA toesak. Dit kan nie anders gesien word as ʼn georkestreerde poging van die Nuwe Wêreldorde (NWO) om die Trump-administrasie te destabiliseer.

Aanvanklik is duisende per vragmotors en busse vanaf verskeie lande soos Guatemala, Honduras, ens. aangery en in Meksiko afgelaai. Die Meksikaanse polisie en weermag het die stroom probeer stop, maar is grootliks eenvoudig uit die pad gevee, wat gewys het dat hierdie nie net bloot vlugtelinge is nie, maar jong opgeleide vegters.

In reaksie het die VSA sowat 15 000 soldate op die grens gemonster om die inval af te weer. Pres. Trump het gesê dit blyk dat onder hierdie “vlugtelinge” is opgeleide terroriste wat gestuur is om die VSA in te dring.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

1 comment

  • P[IET ROODT - Woensdag, 12 Desember 2018

    Humanisme wat aan die orde van die dag is, gaan nog Amerika se ondergang beteken. Op 12 Desember 2018 het die koerante berig die immigrante het vir Trump laat weet Amerika moet hulle elkeen 50 000 dollar gee, dan sal hulle teruggaan huis toe.
    En die Demokrate bevuil hulle omdat Trump die immigrante nie wil toelaat nie.

    Report

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top