► “’n Monument van grootskaalse korrupsie” is hoe Noord-Kaapse premier dr. Zamani Saul nuwe psigiatriese hospitaal in Kimberley geopen het 13 jaar nadat konstruksie begin is @ R290 miljoen, maar nou eers voltooi is teen R2 miljard ►Appèlhof handhaaf beslissing van Noord-Gauteng hooggeregshof dat Cash Paymaster Services (CPS) R316 miljoen aan Sassa moet terugbetaal ►Transnet toon wins van R6 miljard vir finansiële jaar 2018/19; eerste staatsonderneming in baie lank tyd wat wins toon ►Plaasterreur 30 September, Malmesbury, twee aanvallers in plaashuis, huiseienaar skiet een dood ►Groot dele van die land vanaf Limpopo tot in die Wes-Kaap ondervind erge droogtetoestand met minder as 50% van die gemiddelde reënval in 2018/19 seisoen – sien by hierdie skakel hoe in Steytlerville-distrik droogte ervaar word; aan die ander kant sien by hierdie video hoe gejuig word oor goeie reën in distrik Beaufort-Wes ►Kampioen Boran stoetbul genaamd Mr. Million, gekoop vir R1 miljoen, se hakskeensenings deur veediewe op plaas by Brits afgekap, moes vankant gemaak word ►Intensiewe driedaagse-kursus oor in- en uitvoer en internasionale handel aangebied te Midrand, Kaapstad en Durban, kontak Ronell 073 291 0450 of events@norcaz.biz►

China al groter gryp na SA

Dit lyk of China, wat allerweë beskou word as die grootste hedendaagse imperiale moondheid, veral poog om soveel as moontlik van Afrika met sy natuurlike hulpbronne in te palm. Die patroon is dat die Chinese lenings verskaf vir die ontwikkeling van infrastruktuur wat hulle self dan onderneem en as Afrikalande dan nie kan terug betaal nie, dan neem die Chinese natuurlike hulpbronne en onbehoorlike politieke invloed in ruil.

In hierdie opsig is Suid-Afrika ooglopend vir die Chinese die kroonjuweel en is daar al meer getuienis hoe China vir homself voordeel trek uit die finansiële penarie waarin die ANC-regering hulself laat beland het. Van die gevalle van die uitbreiding van die Chinese invloedsfeer in SA, is die volgende:

  • Reeds in 2014 is aangekondig dat die maatskappy Shanghai Zendai die 1 600 ha terrein van AECI in Modderfontein, Johannesburg, naby Sandton, aangekoop het vir die ontwikkeling van ʼn volledige Chinese stad teen ʼn projek bedrag van sowat R1,2 triljard. Hoewel sedertdien min bekend is in die media omtrent hierdie projek word aanvaar dat dit steeds voortgaan met uiteraard enorme implikasies.
  • Vanjaar het die nuus gekom dat ʼn Chinese maatskappy grond van sowat 60 km2 in Musina-Makhado ekonomiese sone naby Musina in Limpopo gekoop het vir die oprigting van hul eie onafhanklike kragstasie om grootskaalse ontginning van hoërgraad steenkool, mangaan, ystererts en chroom te bedien. Daar is voorts sprake van ontwikkeling op dieselfde terrein van ʼn Chinese stad groter as Nelspruit, en dat dit vir China moet dien as een van sy hoofstede op die vasteland van Afrika.
  • Die tydskrif Mining Weekly berig dat ʼn afvaardiging van die Mineral Resources Reserves Evaluation Centre van die Ministry of Land and Natural Resources (MRREC) in Beijing, in Oktober vanjaar in SA was vir ʼn drie wekelange navorsingsbesoek oor die minerale opset van die land en hoe dit geadministreer word. Die afvaardiging het ook navorsing kom doen oor die registrasiestelsel van boorgate in SA, iets waarop die SA regering baie trots is.
  • Daar is aangekondig dat die Ontwikkelingsbank van China R33 miljard aan Eskom geleen het vir ontwikkelings- en bedryfskapitaal, maar tot op hede weier nóg Eskom nog pres. Ramaphosa om vrae oor die voorwaardes van hierdie lening te beantwoord.
  • Die totale handel tussen SA en China het die einde van 2017 R318 miljard beloop, met ʼn negatiewe balans met R87 miljard in die guns van China.
  • Verbasend is dat China tans besig om in samewerking met die SA

Polisiediens aantal gemeenskaplike polisiëringsentra in die land te vestig – die 13de een is pas te Port Elizabeth amptelik geopen deur die Oos-Kaapse kommissaris lt.genl. Liziwe Mtshinga en Yu Yuan van die Chinese ambassade in Pretoria.

  • 16 – 18 November 2018 word die 2018 Africa/China Expo in Roodepoort, Gauteng, aangebied, ʼn massiewe handelskou wat feitlik alle ekonomiese sektore dek.
Gradeer die artikel
(1 Vote)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top