► In Mediumtermynbegroting van Minister van Finansies Tito Mboweni feitlik geen melding van landbou en die geweldige druk op boere oor wydverspreide droogte; op vraag van VF Plus pres. Cyril Ramaphosa ontwykend oor enige bystand aan kommersiële boere ► VF-Plus in Gauteng sê Gauteng Onderwysdepartement moontlik skuldig aan onreëlmatige besteding van R1,2 miljard i.v.m. skoolsvoedingsprojek, dít terwyl die LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi Afrikaanse skole vir geringste vermoedelike oortredinge aanspreek ► Dit blyk of dorpe Dewetsdorp, Vanstadensrus en Wepener feitlik geen munisipale dienste ontvang vanaf Mangaung Metro onder wie hulle ingedeel is nie ► Adjunk-pres. David Mabuza op besoek aan China tydens sitting van SA-China Bilaterale Kommissie wys op die talle geïntegreerde tussen die twee lande o.a. dat 65 Chinese maatskappye R116 miljard in SA belê het (hierdie syfer soos genoem, Ditsem Nuus kan nie korrektheid verifieer nie) ► Stad Kaapstad ontvang R300 miljoen van Nederlandse regering om MyCiti snelbusdiens na Khayelitsha en Nyanga uit te brei ► Nederlandse man (35) en vrou (75) in Marlothpark, Komatipoort, vermoor deur versmoring deur hul monde toe te prop, man se vrou en dogter oorleef aanval ► Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stem 232-196 ten gunste van verdere ondersoek of pres. Donald Trump in staat van beskuldiging geplaas moet word oor Oekraïne ► China Mobile in China maak bekend dat sy 5G-tegnologie, 100 keer vinniger as 4G, nou in 50 stede insluitende Beijing en Sjanghai beskikbaar is ►

Hongarye - land van die eenheid en hoop

  • Hierdie artikel is die eerste in 'n reeks deur 'n vryskutjoernalis in Hongarye, Bálint Mészáros (43), wat spesiaal vir Ditsem Nuus in Afrikaans skryf. Hy woon in die dorp Nagykanizsa en het besluit om Afrikaans te leer – iets wat hy in skryfformaat binne twee maande redelik onder die knie gekry het. Hierdie is sy eerste aflewering, net so hier en daar geredigeer.

Hongarye is my land. Dit beteken alles vir my en nou wil hulle dit van my en van van ons wegneem, alles waarvoor ons geveg het. Eers was dit Moskou en nou is dit Brussel. Ja, nou is dit die EU en hulle praat van verpligte kwotas vir immigrante, oor aanvaarding, integrasie, humanitêre optrede en as ons nie wil nie, dan sê hulle ons is xenofobies.

Hulle verstaan egter nie. Ons is reeds die eenheid en krag in Sentraal-Europa. Ons is die ware demokrate. Hongarye sien 'n Europese Unie wat nasionale identiteite, geskiedenis en godsdienstige erfenis respekteer. Ons regering onder eerste minister Viktor Orbán van die Fidesz Party, aan die stuur sedert 2010, wil sterk grense hê wat immigrante uit die Midde-Ooste en Afrka uithou en ons nasionale kultuur en erfenis beskerm.

Immigrante is meesal Moslems wat nie bereid is om aan te pas nie. Islam gebruik vaardig die Wes-Europese liberale kultuur om na die vasteland 'n godsdiens te bring wat nie die individu respekteer nie. Al hierdie dinge kan lei tot die konfrontasie van Christelike en Moslem-geïnspireerde samelewings, ‘n herhaling van die botsing tussen Oos en Wes.

In die onlangse verkiesings vir die EU parlement het Hongarye deur die Fidesz Party verteenwoordigers na die EU gestuur om te veg teen immigrasiestroom, om die veiligheid van Europa weer op te kry, om die Europese Christelike kultuur te beskerm, en om die nasies te respekteer. Sentraal-Europese leiers verteenwoordig saam 62-63 miljoen mense.

Die Hongaarse volk staan meer verenig as ooit tevore. Dit maak pyn vir Brussel en die grootmagte wat hom help, maar Hongarye is 'n land van eenheid, vrede en hoop! Ja, die hoop van 'n Christelike Europa!

Gradeer die artikel
(0 stemme)

1 comment

  • Dries Havenga - Maandag, 22 Julie 2019

    Bálint, baie goeie artikel, ek hoop julle kan saamstaan en nie soos ons blankes hier in SA onder mekaar baklei nie.
    Vir jul eie veiligheid en jul Christelike leefwyse hou die skuim en gemors uit Afrika, Midde Ooste en Indië uit.
    Hulle is ALTYD net "demanding" en beteken niks verder nie.
    Kyk hoe is SA in 20 jaar van n 1ste wêreld land vernietig tot n 3de rangse piesang republiek

    Report

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top