►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Nalatenskap van Barack Obama

Word feitelik gelet op die ampstermyn van vorige Amerikaanse president Barack Obama blyk dit asof die VSA op ‘n pad van selfvernietiging was. Daar is bv. begin om Islam in skole te leer, terwyl Christenskap en die Bybel al meer uit skole verban is; hofsake is in Amerika aanhangig gemaak deur Moslems wat op een of ander wyse aanstoot neem teen die Amerikaanse kultuur; en die dra van burkas is oraloor toegelaat, sonder om te weet wat daaronder weggesteek is.

Voorts het Moslems begin om werkgewers aan te vat wat hulle aanspreek indien hulle weier om werk te doen wat hulle persoonlik in botsing ag met Sharia-wet; die destydse Amerikaanse prokureur-generaal het gedreig om enige een te vervolg wat “anti-Moslem-spraak” beoefen; en ‘n buitelandse beleid is gevolg om sekulêre Midde Oosterse diktators vriendelik teenoor die Weste, te vervang met Moslem-ekstremiste, soos in Libië, Egipte en wat gepoog is in Sirië. Verder het die onttrekking van Amerikaanse troepe uit Irak en die Midde Ooste ‘n vakuum geskep vir ISIS; het die Pentagon en faksies van die CIA terroristegroepe in Irak en Sirië en wat in alliansie is en was met ISIS, gesteun teen die wettige Siriese regering; en ‘n ooreenkoms met Iran is ten alle koste aangegaan waardeur daardie land militêre kernkrag kan ontwikkel en terselfdertyd is miljarde dollar vir verwante programme beskikbaar gestel.

Wat sy militêre slaankrag betref, het die VSA sy kernvermoë afgeskaal na 1950-vlakke in lyn met die ideaal van ‘n kernvrye Amerika; die Amerikaanse vloot is verklein na die omvang wat dit was voor Wêreldoorlog I, die leër is na voor-1940 vlak gebring, die lugmag het honderde vliegtuie geskrap en ‘n ontslagproses van 40 000 weermagpersoneel is in werking gstel. Tydens die Obama-termyn was daar skielik nie meer geld vir arm gestremde militêre veterane, werklose Amerikaners en ontwortelde Amerikaners nie, maar “Siriese vlugteling- en hervestigingsprogramme” is ryklik befonds.

Obama het die jaarlikse Christelike gebedsgeleentheid by die Withuis afgeskaf, kon nie Christelike begrafnisse van ‘n voormalige Amerikaanse eerste dame, ‘n hooggeregshofregter en ‘n weermagsgeneraal in aksie gesterf, bywoon nie, a.g.v. ander skynbare onbelangrike afsprake. Hy het ‘n groot afvaardiging na die begrafnis van Michael Brown gestuur, maar ‘n klein een na die begrafnis van Margaret Thatcher en terwyl hy nie iets gemaak het van die moord op weermagslegende Chris Kyle nie, het hy die Amerikaanse vlag halfmas laat hang vir Whitney Houston.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top