► Verskoning gister geen Hooftrekke weens onvoorsiene omstandighede, vandag dubbel ► Afrikaner-gemeenskap ontstoke oor haatspraak van Panyaza Lesufi Gauteng LUR vir Onderwys teen Afrikaans, wat sê dit “gaan sy verstand te bowe dat daar stryd is in skole vir Afrikaans as daar nie meer een universiteit is wat Afrikaans as onderrigmedium het nie” ► In terreuraanval 20 Mei op plaas tussen Fochville en Westonaria deur agt gewapende aanvallers op pa (55) en dogter (17) is dogter herhaaldelik verkrag ► Nog terreuraanvalle op plase: ► 21 Mei by Louis-Trichardt, Limpopo, Annette Kennealy voormalige DA raadslid vermoor in haar plaashuis aangetref ► 19 Mei by Addo, Oos-Kaap, vroulike plaaswerker deur twee gewapende aanvallers met messe gesteek, kontant geroof ► 17 Mei by De Doorns, Wes-Kaap, vyf gewapende aanvallers oorval bejaarde egpaar laataand in hul huis , beroof, geen verder besonderhede tans beskikbaar nie ► 87-jarige man in Tshwane in Distrikhospitaal erg aangerand deur personeel toe hy hulle aanspreek omdat hulle hom in Zoeloe en Tswana spot ► Pretoria Hooggeregshof gee uitspraak dat bevinding van OB Busisiwe Mkhwebane in saak van Estina-suiwelprojek by Vrede in Vrystaat so swak is dat dit tersyde gestel word ► Geweldige uittog van voorste SA rugbyspelers na klubs in die buiteland Engeland, Europa, Japan en VSA, o.a. Bulle-kaptein en Springbok-losskakel Handré Pollard ► Berigte dat hongersnood dreig in Zimbabwe a.g.v. droogte en lae vlak van Karibadam, sowat 3 miljoen mense benodig voedselhulp en beurtkrag word toegepas ►

Japanese motorvervaardiger Nissan, gaan ’n verdere R3 miljard belê in sy aanleg by Rosslyn, Pretoria om die nuwe Navara-bakkie te vervaardig. Die uitbreidings wat beplan word sal glo die produksie van voertuie verdubbel, en 1,200 nuwe werkgeleenthede skep.

Die ANC president sê die uitbreiding is ’n nuwe mylpaal in buitelandse beleggings, maar ekonome reken dat dit slegs ’n druppel in die see is vanweë die die miljoene werklose mense in die land.

Vroeër het Ramaphosa verklaar dat hy R100 miljard se beleggings bekom het vir Suid Afrika, maar dit wil voorkom asof dit slegs leë beloftes is wat gemaak is, en waarskynlik nooit gaan realiseer.

Produksie om die nuwe Navara-bakkie te vervaardig sal na verwagting in 2020 begin.

Go to top