► Op AfriForum Netwerk, aanlyn databasis van ondernemings wat in Afrikaans sake doen, al sowat 2 000 sake-ondernemings geregistreer ► Groep van ondersoekende joernaliste bekend as amaBhungane toon in verslag dat EFF-lede na bewering voordeel getrek het uit brandstoftender van bykans R500 miljoen van Tshwane in Januarie 2019 ► Arvitha Doodnath, jong regsdosent, by Vaal Universiteit van Tegnologie, Saterdagaand in Johannesburg doodgeskiet tydens motorkaping ► Einde Junie 2019 10,2 miljoen verbruikers in SA het skuldprobleme en verswakte kredietgeskiedenis, swakste sedert Junie 2015 ► Eben Etzebeth dien deur sy prokureurs teenaanklag in by MRK en vra dat hul saak by Gelykheidshof in hersiening geneem word ► Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) waarsku in jaarverslag dat 4de-nywerheidsrewolusie (4NR) en tegnologiese outomatisasie in SA kan lei tot derduisende werksverliese regdeur hele ekonomie ► Pres. Xi Jinping waarsku, met verwysings na aanhoudende betogings in Hong Kong, dat “enige pogings om China te verdeel sal lei tot gebreekte liggame en beendere tot poeier gemaal” ► Siriese weermag span kordon soldate en wapentuig oor hele linie tussen Turkse invalsmag en Koerdiese gebied; pres. Trump dreig Turkye met sanksies wat hul “ekonomie kan breek” ► Spaanse hof lê tronkstraf op vir 9 leiers van afskeidingsbeweging in Katalonië, vra vir uitlewering van hoofleier Carles Puigdemont wat in 2017 na België gevlug het ►

Op sosiale media is berig dat China ʼn lening van R33,4 miljard aan die regering toegestaan het om spesifiek Eskom te help en dat indien die paaiemente in hierdie geval enigsins agterstallig sou raak, China vir Eskom in geheel sou oorneem. Hoe waar dit is, kan ons nie sê nie, maar verder berigte lui dat China tans o.m. in die volgende gevalle in Afrika koloniseer:

  • In Somalië het China ingestem om die Mogadisjoe handelshawe te herbou teen $200 miljoen, op voorwaarde dat dit eksklusiewe visvang regte aan die 3 000 km Somaliese kus kry en gedeeltelike eienaarskap van die hawe neem, totdat die lening afgelos is.
  • China het $325 miljoen aan Uganda geleen om Entebbe Lughawe op te gradeer, op voorwaarde dat China volle beheer oor die lughawe neem.
  • China het $2,3 miljoen aan Uganda geleen vir konstruksie van die nasionale spoornetwerk, vermoedelik om die vervoer van Ivoor, renosterhorings en ander bedreigde spesies uit Afrika te vergemaklik. Hierdie is net ʼn ingeligte vermoede en is nog nie formeel bevestig nie.
  • m.v. lenings teen onbekende bedrae het China in vyf Afrikalande alle boerderyregte bekom, nl. Kenia, Oeganda, Somalië, Rwanda en Suid-Soedan.
  • Ook in Suid-Afrika is China besig om hom in te grawe, met bv. die Chinese stad in aanbou reg langs Sandton en met die Musina-Makhado ekonomiese sone naby Nelspruit.

Hierdie is slegs maar die oortjies van die seekoei, maar die geelligte flikker skerp en duidelik.

Go to top