► Op AfriForum Netwerk, aanlyn databasis van ondernemings wat in Afrikaans sake doen, al sowat 2 000 sake-ondernemings geregistreer ► Groep van ondersoekende joernaliste bekend as amaBhungane toon in verslag dat EFF-lede na bewering voordeel getrek het uit brandstoftender van bykans R500 miljoen van Tshwane in Januarie 2019 ► Arvitha Doodnath, jong regsdosent, by Vaal Universiteit van Tegnologie, Saterdagaand in Johannesburg doodgeskiet tydens motorkaping ► Einde Junie 2019 10,2 miljoen verbruikers in SA het skuldprobleme en verswakte kredietgeskiedenis, swakste sedert Junie 2015 ► Eben Etzebeth dien deur sy prokureurs teenaanklag in by MRK en vra dat hul saak by Gelykheidshof in hersiening geneem word ► Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) waarsku in jaarverslag dat 4de-nywerheidsrewolusie (4NR) en tegnologiese outomatisasie in SA kan lei tot derduisende werksverliese regdeur hele ekonomie ► Pres. Xi Jinping waarsku, met verwysings na aanhoudende betogings in Hong Kong, dat “enige pogings om China te verdeel sal lei tot gebreekte liggame en beendere tot poeier gemaal” ► Siriese weermag span kordon soldate en wapentuig oor hele linie tussen Turkse invalsmag en Koerdiese gebied; pres. Trump dreig Turkye met sanksies wat hul “ekonomie kan breek” ► Spaanse hof lê tronkstraf op vir 9 leiers van afskeidingsbeweging in Katalonië, vra vir uitlewering van hoofleier Carles Puigdemont wat in 2017 na België gevlug het ►

Die skreiende dubbele standaarde in rassisme wat tans hoogty vier in SA, is eenvoudig verstommend. So bv.:

  • Word feitlik op ‘n daaglikse basis blankes deur swart mense wreedaardig vermoor, soos om slegs 'n enkele onlangse voorbeeld te noem: Gert Burger (65) van Kroonstad wat in sy motorhuis doodgesteek en onder ‘n plastiekseil weggesteek is.
  • Elize Vermeulen (58) op hul plaas in Makwassie op 19 Februarie 2019 deur twee swart aanvallers in hul huis oorval, wreed verkrag en ontvoer en kon ontvlug toe die aanvallers met die bakkie ‘n ongeluk maak.
  • Blanke kinders uit kinderhuise te Ladysmith en Newcastle in KZN word summier deur swart amptenare verwyder en in ander plekke geplaas sonder hul medikasie, blykbaar oor ‘rassisme’. Van die kinders het letterlik weggeloop terug na die kinderhuise as hul enigste tuiste.
  • ‘n Senior ondersoeker by die SAID, Helena Lubbe, word in hegtenis geneem omdat sy na bewering die k*****-woord gebruik het teenoor ‘n skoonmaker, word in ‘n vuil tronksel geboender saam met misdadigers, word op borgtog van R1 000 vrygelaat en moes agt maande lank hofsittings bywoon, voordat sy vrygespreek is en met haar werk kon aangaan.

In al hierdie gevalle piep die hoofstroommedia kwalik, terwyl die MRK dit glad nie opneem nie. Dit gaan in sekere sin maar net verby as een van daardie dinge. Maar, o wee, as 'n blanke net skeef kyk vir 'n swart persoon, dan hang die hoofstroommedia dit aan die groot klok, terwyl radikale swartes gal braak en die regering wetgewing voorlê duidelik daarop gemik om “rassisme” en “haatspraak” deur blankes te kriminaliseer en met tronkstraf strafbaar te maak.

Hierdie toedrag van sake is niks minder as onverklaarde burgeroorlog teen blanke SA burgers nie. Hoe lank gaan blankes en in besonder Afrikaners stilswyend toekyk? Het hulle 'n politieke voorhoede om vir hulle op te staan en die waarheid by die naam noem?

Go to top