► Verskoning gister geen Hooftrekke weens onvoorsiene omstandighede, vandag dubbel ► Afrikaner-gemeenskap ontstoke oor haatspraak van Panyaza Lesufi Gauteng LUR vir Onderwys teen Afrikaans, wat sê dit “gaan sy verstand te bowe dat daar stryd is in skole vir Afrikaans as daar nie meer een universiteit is wat Afrikaans as onderrigmedium het nie” ► In terreuraanval 20 Mei op plaas tussen Fochville en Westonaria deur agt gewapende aanvallers op pa (55) en dogter (17) is dogter herhaaldelik verkrag ► Nog terreuraanvalle op plase: ► 21 Mei by Louis-Trichardt, Limpopo, Annette Kennealy voormalige DA raadslid vermoor in haar plaashuis aangetref ► 19 Mei by Addo, Oos-Kaap, vroulike plaaswerker deur twee gewapende aanvallers met messe gesteek, kontant geroof ► 17 Mei by De Doorns, Wes-Kaap, vyf gewapende aanvallers oorval bejaarde egpaar laataand in hul huis , beroof, geen verder besonderhede tans beskikbaar nie ► 87-jarige man in Tshwane in Distrikhospitaal erg aangerand deur personeel toe hy hulle aanspreek omdat hulle hom in Zoeloe en Tswana spot ► Pretoria Hooggeregshof gee uitspraak dat bevinding van OB Busisiwe Mkhwebane in saak van Estina-suiwelprojek by Vrede in Vrystaat so swak is dat dit tersyde gestel word ► Geweldige uittog van voorste SA rugbyspelers na klubs in die buiteland Engeland, Europa, Japan en VSA, o.a. Bulle-kaptein en Springbok-losskakel Handré Pollard ► Berigte dat hongersnood dreig in Zimbabwe a.g.v. droogte en lae vlak van Karibadam, sowat 3 miljoen mense benodig voedselhulp en beurtkrag word toegepas ►

Die jeugbemagtigingsprojek, YES, van pres. Cyril Ramaphosa, wat met algemene belastingbetaalde bedryf word, is slegs vir swart, bruin en Indiër jeugdiges en sluit spesifiek blanke jeugdiges uit. Die projek is daarop gemik om jeugdiges tussen die ouderdomme van 18 en 35 te ondersteun om spoedig ‘n werk of ‘n heenkome te vind.

In reaksie hierop sê Solidariteit Jeug in ‘n mediaverklaring: “Hierdie rassemaatreëls is die nuutste in ʼn lang rits rasbehepte beleide wat ten doel het om wit mense bloot op grond van hul velkleur tot tweedeklas burgery te verneder. Uitsluiting op grond van ras is besig om die norm te word. Dit kan gesien word in gevalle soos Sasol se Khanyisa-aandeleskema. Ons durf nie toelaat dat rasse-uitsluiting alledaags en normaal word nie.”

Solidariteit Jeug het in ‘n brief aan Ramaphosa beswaar gemaak teen die uitsluiting van blankes op grond van hul velkleur, terwyl die VF-Plus Jeug by die MRK beswaar gemaak het. In reaksie hierop het YES op Twitter aangekondig dat hulle hul registrasieblad ook vir werklose blanke jeugdiges oopgestel het.

In kommentaar op hierdie jongste stap van YES sê Solidariteit Jeug egter: “Alhoewel Yes4Youth aanvoer dat die program nou oop is vir alle rasse, word jy steeds uitgesluit uit die program as jy wit is. ʼn Boodskap deel jou met hoflike minagting mee dat jy van ander webwerwe kan gebruik maak om jou CV te plaas. Jy kwalifiseer steeds nie vir die YES-program nie, want jy is nie net jonk en werkloos nie – maar wit.”

Solidariteit Jeug gaan nou voort om ʼn klagskrif saam te stel wat mense die geleentheid sal bied om ʼn brief aan die president oor die uitsluiting van werklose jeugdiges bloot op grond van hul velkleur te onderteken - om die klagskrif te onderteken, klik hier. Voorts word tans ʼn regsmening ingewin oor moontlike litigasie in hierdie verband.

“Afrikaanse skole moet hulself posisioneer om ten volle te privatiseer om sodoende te verseker dat onderrig in Afrikaans steeds in 2030 sal plaasvind.” Dit is een van die kernaanbevelings wat ’n span Afrikaanse kundiges maak in ’n verslag getiteld Afrikaans: Visie 2030. Die verslag sal in detail bespreek word tydens ’n beraad van Afrikaanse organisasies wat in November gehou word. Afrikaans: Visie 2030 kan hier afgelaai word.

Die outeurs van Visie 2030, Bertus de Villiers, Deon Geldenhuys en Heinrich Matthee, is kundiges op die terreine van vergelykende staatkunde, politieke dinamika en strategiese studies. Hulle het die werk onderneem in opvolging van ’n beraad van Afrikaanse organisasies wat in 2017 plaasgevind het. Tydens die 2017-beraad is die behoefte uitgespreek dat ’n oorhoofse visie vir die behoud en ontwikkeling van die Afrikaanse taal en kultuur vir 2030 daargestel word.

Die outeurs beklemtoon dat Afrikaanse onderwys vanaf kleuteronderrig tot universiteitsopleiding dié belangrikste vereiste vir die behoud en ontwikkeling van die Afrikaanse taal en kultuur is. Vanweë die koste verbonde aan onderrig en die verwagte afname in regeringsubsidies vir Afrikaanse onderrig stel hul die volgende voor:

  • Vestiging van Afrikaanse kleuterskole vir elke woonbuurt of dorp waar dit geregverdig kan word. Die ideaal is om ʼn selfgefinansierde kleuterskool wat in Afrikaans onderrig aanbied, op plaaslike vlak daar te stel. Kerke en kerkterreine kan ’n baie nuttige basis hiervoor wees.
  • Vestiging van Afrikaanse laerskole vir elke plaaslike gebied wat dit kan regverdig. Die ideaal is om ʼn selfgefinansierde laerskool te vestig in elke omgewing waar ongeveer 5 000 tot 7 000 Afrikaanssprekendes woon. Sakelui kan betrek word om fasiliteite te ontwikkel en te verhuur.
  • Vestiging van Afrikaanse hoërskole vir elke gebied wat dit kan regverdig. Die ideaal is om in elke omgewing waar ongeveer 10 000 – 12 000 Afrikaanssprekendes woon, ʼn selfgefinansierde sekondêre skool te vestig of om met bestaande onafhanklike skole saam te werk.
  • Die aanbied van onderwysopleiding om onderriginstellings op alle vlakke te bedien. Sodanige sentrum sal vanweë skaalbesparing waarskynlik slegs op nasionale vlak aangebied kan word.

’n Onvermydelike implikasie van hierdie voorstelle is dat Afrikaanse onderrig nie in elke dorp of elke woonbuurt sal kan plaasvind nie. Keuses sal gemaak moet word waar dienste aangebied kan word en hoe verblyf en vervoer ontwikkel kan word vir kinders wat reis. Die outeurs beveel ook aan “dat ʼn kultuurakkoord met die regering onderhandel word waarvolgens die plek van Afrikaans in die samelewing erken word, die bydrae van die Afrikaanse kultuur waardeer word en ’n gedeelde patriotisme bevestig word.”

Ten slotte word voorgestel dat “plaaslike diensverskaffingsbesighede” gestig word om basiese dienste op ’n kontrakbasis aan plaaslike owerhede te verskaf. Sodoende kan plaaslike gemeenskappe saamwerk om hul lewensgehalte te verbeter.

Die outeurs huldig die mening dat Afrikaanse organisasies hulself dringend moet herposisioneer met die oog op 2030. Die tyd het aangebreek om die regte dinge te doen en om dié dinge reg te doen. “Indien daar nie nou opgetree word nie, sal die prentjie vir die Afrikaanse taal en kultuur in 2030 droewig daar uitsien,” aldus die verslag.

Visie 2030 word bespreek tydens ’n driedaagse beraad wat vanaf 1 tot 3 November 2018 plaasvind en wat geborg word deur die Solidariteit Navorsingsinstituut om kritieke gesprekvoering oor Visie 2030 te bevorder.

Die dood van een enkele persoon tot dusver vanjaar wat die meeste nuusdekking regoor die wêreld getrek het, was die verdwyning van en moord op die Saoedi-joernalis Jamal Khashoggi in die Saoedi-konsulaat in Istanboel, Turkye. Aanvanklik het die Saoedi-kroonprins en die koning alle kennis omtrent die verdwyning van Khashoggi ontken, maar later toegegee dat hy vermoor is tydens ʼn operasie wat verkeerd sou geloop het.

Wat egter mettertyd duidelik na vore gekom het, wat met Khashoggi gebeur het, is basies die volgende: Binne 20 minute nadat hy die Saoedi-konsulaat in Istanboel binnegegaan het om persoonlike dokumente te bekom, was hy gemartel, vermoor en in stukke opgesaag deur ʼn 15-man moordbende in direkte opdrag van die Saoedi-regeerder kroonprins Salman. Die operasie is selfs uitgevoer per Skype instruksie deur die hoofveiligheidsraadgewer van Salman.

Die verskillende dele van die lyk is skynbaar op die terrein van die konsulaat begrawe, asook oorblyfsels in ʼn woud buite Istanboel, terwyl selfs skynbaar dele na Saoedi-Arabië gesmokkel is.

Soos wat die waarheid na vore gekom het, het internasionale veroordeling van die grusame en blatante moord opgelaai en is daar tans tekens dat die VSA sy dekadeslange diplomatieke en besigheidsondersteuning vir Saoedi-Arabië wil opskort – met die enorme internasionale kettingreaksie wat dit waarskynlik tot gevolg sal hê.

Tydens die spitsberaad oor werke (“Jobs summit”) op 4 Oktober in Johannesburg het pres. Cyril Ramaphosa dat die regering ʼn bedrag van R100 miljard geoormerk het om swart nyweraars - bestaande en potensieel – te finansier. Hierdie program sal bestuur word deur die Financial Sector Transformation Council en die Dept. van Handel en Nywerheid.

Die pakket vir swart nyweraars vorm deel van die uitgebreide plan wat Ramaphosa voorgelê om werkskepping in SA ingrypend te bevorder. Hy het ook gewaarsku teen die negatiewe impak wat die sg. Vierde Industriële Rewolusie op werkskepping kan hê.

Duisende lede van die vakbond Solidariteit het gister saam met onder meer AfriForum, Solidariteit Helpende Hand, die FAK en die Skoleondersteuningsentrum (SOS) in Sandton betoog teen rassediskriminasie by Sasol en teen diskriminasie teen blankes oor die algemeen. Die massaprotesaksie spruit uit Sasol se Khanyisa-aandeleskema vir werknemers wat blanke werknemers uitsluit en net vir swart werkers beskikbaar gestel is.

Solidariteit het in Januarie vanjaar ’n dispuut met Sasol verklaar omdat wit werknemers van die tweede ronde van dié skema uitgesluit is. Die geskil is na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) verwys, maar dit het op ʼn dooiepunt geëindig.

Die massa-optog het ʼn memorandum oor hul griewe oorhandig by onderskeidelik die Sasol hoofkantoor in Sandton asook by die kantore van die JSE, waar Sasol as maatskappy genoteer is. Die memorandum aan die JSE lewer ook kritiek op die JSE bemagtigingsegment waarvolgens net swart met swart mag verhandel.

Optoggangers het gesê: “Ons gaan nie toelaat dat rasse-uitsluiting genormaliseer word nie.” Hulle het plakkate gehad met slagspreuke soos: “Velkleur bepaal nie my waarde nie.”

Groot kommer is uitgespreek deur opposisie partye en militêre kundiges oor die aankondiging van Minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking Lindiwe Sisulu dat Suid-Afrika genader is deur Saoedi-Arabië om ʼn aandeel in die staatsonderneming Denel te koop. Hierdie aankondiging kom te midde van die internasionale storm rondom die moord op die gewese Saoedi-joernalis Jamal Khashoggi en die moontlike kansellasie deur die VSA van militêre kontrakte met die Saoedi’s ter waarde van sowat $400 miljard.

Die kommer gaan veral daaroor dat Denel steeds beskik oor fantastiese militêre tegnologie en kundigheid wat veral ontwikkel is tydens die vorige bedeling en wat rampspoedig kan wees indien dit in die hande van vreemdes sou val. Die kommer is voorts dat die transaksie met die Saoedi’s baie aanloklik vir die SA-regering kan wees met hul feitlik bankrot staatsbegroting.

MAAR ek, ek weet: My Verlosser leef; en Hy sal as laaste oor die stof opstaan. – Job 19:25

Verder het hy vir hulle gesê: Gaan, eet lekker spys en drink soet dranke en stuur porsies aan hulle vir wie niks berei is nie; want hierdie dag is heilig aan onse HERE. Wees dan nie bedroef nie, want die blydskap in die HERE — dit is julle beskutting. – Neh 8:11

Het hy hom opgestel in die middel van die stuk land en dit afgeneem en die Filistyne verslaan, sodat die HERE ’n groot oorwinning bewerk het. – 2 Sam 23:12

Sodat die hele aarde kan weet dat Israel ’n God het. – 1 Sam 17:46

Ebenhaéser: Tot hiertoe het die HERE ons gehelp. – 1 Sam 7:12

Maar as dit verkeerd is in julle oë om die HERE te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: òf die gode wat julle vaders daar oorkant die Eufraat gedien het, òf die gode van die Amoriete in wie se land julle woon; maar ek en my huis, ons sal die HERE dien. – Jos 24:15

Hulle het hul voor die aangesig van God gestel. – Jos 24:1

jy moet die Kanaäniet verdrywe, al het hy ysterwaens, al is hy sterk – Jos 17:18

Gee my dan nou hierdie bergland .... – Jos 14:12

Het Ek jou nie beveel nie: Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie; want die HERE jou God is met jou, oral waar jy heengaan. – Jos 1:9

Omdat jy die HERE jou God nie met vreugde en vrolikheid van hart weens die oorvloed van alles gedien het nie – Deut 28:47

Bladsy 9 van 95
Go to top