► Die koste van SA regering om sy skuld te diens het toegeneem van R89,4 miljard in 2012 tot R202,2 miljard in 2019, wat beteken dat tans meer geld bestee word om regeringskuld te diens, as wat in totaal in een jaar bestee word aan die polisiediens (R104,2 miljard), staatssekuriteit en weermag (R50 miljard) en howe en gevangenisse (R48,4 miljard) ► Solidariteit Helpende Hand se Studiefondssentrum (SFS) administreer tans meer as 240 studiefondse ter waarde van R164 miljoen, waardeur meer as 4 000 studente se studies moontlik gemaak word ► Volgens statistiek van TLU SA gister vrygestel, is 1 125 plaasaanvalle tussen 1990 en 1999 aangemeld, 1 407 plaasaanvalle in 2000 – 2009 (styging van 22%) en 2 616 plaasaanvalle vanaf 2010 – 2 019 (toename van 60%) ► Volgens pasvrygestelde syfers van TLU SA het 637 plaasmoorde vanaf 1990 tot 1999 plaasgevind, 799 plaasmoorde tussen 2000 tot 2009, terwyl 2010 tot 2019 die syfer afgeplat het na 586 plaasmoorde ► In mediaverklaring wys VF Plus daarop dat in SA R8 uit elke R10 wat deur die staat bestee word vir salarisse gaan; salarisrekening van staat beloop R587 miljard per jaar; “staatsdiens is werkskeppingsagentskap vir ANC-kaders” ► Verslag van Transparency International getiteld Global Corruption Barometer (GCB) gedoen ná ondersoek in 35 Afrika lande toon dat 59% van mense reken dat korrupsie toeneem, terwyl in Suid-Afrika 70% van mense meen dat korrupsie toeneem ► Verslag van Transparancy International toon ook dat een uit vier mense in Afrika wat verlede jaar van openbare dienste gebruik gemaak het, omkoopgeld moes betaal het ► Kabinet gee goedkeuring dat wetsontwerp oor Nasionale Gesondheidsorgversekering (NGV) in Parlement te tafel gelê word; geen aanduiding van koste nie, maar vorige minister dr. Aaron Motsoaledi het geraai sowat R259 miljard ► Minister van Omgewingssake, Bosbou en Visserye Barbara Creecy sê in Parlement Suid-Afrika is een van die 30 vuilste en mees omgewingsbesoedelende lande ter wêreld ► Rowers kaap graafmasjien van 60 ton by sandmyn naby Hobhouse en ry daarmee deur Caledonrivier en verdwyn in Lesotho ► MetroRail onderneem tans slegs 40% van treinritte in voorstedelike gebiede as 4 jaar gelede ► Netbal Wêreldbekertoernooi begin vandag in Liverpool, Engeland, met Proteas agt blankes uit span van 12 wat kans gegun word om goud in te oes ►

Die donker wolk het darem ʼn silwerrandjie, in hierdie geval die Zondo-kommissie en ander kommissies van ondersoek wat tans sit en voor wie die ongelooflikste korrupsiederm daagliks op TV voor die hele land uitgeryg word. Daar is groot dankbaarheid vir die voorsittende regters soos Raymond Zondo en Lex Mpati wat ʼn atmosfeer van vertroue skep waarin sleutelgetuies en fluitjieblasers met gerustheid die hoofstukke van staatskaping een vir een kan uitpak.

Ons het waardering vir hierdie regters en ook vir die betrokke swart getuienisleiers wat onbevrees hul werk doen en toesien dat die waarheid objektief op die tafel kom. Daarby is die goeie samewerking tussen swart en wit amptenare in hierdie drama ook net te waardeer.

‘n Tragedie van die landswye tragedie wat sigself tans in Suid-Afrika afspeel, is dat die eintlike rampokkers, die gewetenlose plunderaars, los rondloop. Jacob Zuma het in sy pos as staatspresident, onder die eed van getrouheid, die land op ‘n skinkbord weggegee aan buitelandse Indiër rampokkers en sodoende sy land verraai.

Steeds loop hy egter los rond en word eenvoudig nie aangekla nie, wat nog te sê van vervolg en gestraf te word. Erger nog, die gewoonteregtelike straf vir landsverraad is die dood – hoe kan geargumenteer word Zuma verdien dit nie?

Die groot tromslaner van die ANC, Ace Magashule as sekretaris-generaal, het met ongeëwenaarde korrupsie in nege jaar die Vrystaat as provinsie tot op die grond afgetakel. Ook hy word nie eens aangekla nie.

So kan aangegaan en aangegaan word oor die tragedie der tragedie ……

Op sigwaarde sê pres. CR en sy kabinetsmakkers hulle wil hul planne met onteiening sonder vergoeding met omsigtigheid en oorleg uitvoer, maar in werklikheid blyk dit dat die ANC klaar hul lyste gereed het van plase wat hulle wil steel. So het die DFA koerant in Kimberley op goeie gesag berig hoe die ANC in die Noord-Kaap reeds 30 spesifieke plase geoormerk het vir gryp, almal waarvan in blanke besit is en die meeste waarvan in volle bedryf.

Vir die lys van spesifieke plase in die Noord-Kaap en die DFA berig, lees self by hierdie skakel. In reaksie op die berig sê Agri Noord-Kaap so ewe dat hulle weet hierdie lys is nie amptelik van die Noord-Kaap regering of die sentrale regering nie en steeds raai hulle boere en mense aan om “kalm te bly”. Van regeringskant is daar egter geen word van repudiasie van die berig nie.

As dit in die Noord-Kaap die geval is soos wat skynbaar per abuis uitgelek het, dan moet dieselfde mos geld in die ander agt provinsies? Ons wag vir die waarheid in hierdie verband.

Ons beklemtoon graag die positiewe uitspraak oor vuurwapenlisensies wat pas deur die Noord-Gautengse hooggeregshof gelewer is en wat skynbaar bepaal dat dit vir minstens die volgende 18 maande dit nie nodig gaan wees om vuurwapenlisensies te hernu of enige vuurwapens in te handig nie. Lesers word aangemoedig om self die berig oor die uitspraak by hierdie skakel te bestudeer.

Oor die hele etniese spektrum in SA gaan al hoe meer stemme op dat dit tyd is vir reguit praat en opstaan teen die totaal onaanvaarbare situasie in die land. Ter illustrasie hiervan luister gerus na hierdie drie stemgrepe van onderskeidelik ‘n Afrikanervrou, ‘n Indiërman en ‘n Engelsprekende blanke man.

 

Verdere kommentaar is oorbodig.

Deur sosiale media is die volgende redaksionele kommentaar van Front Nasionaal SA, ʼn klein behoudende Afrikaner politieke randparty, ontvang omtrent die huidige grondsituasie in die land:

Nou word die pap darem dik aangemaak, nê!

Kyk, nou word dit darem dik gesmeer. Ewe skielik is Ramaphosa se erfgrond nie een keer nie, maar sommer TWEE keer van hom gesteel! En die pyn daarvan, o, die pyn....

Lyk nie vir ons asof hy juis 'n hengse agterstand het as gevolg van die beweerde tweeledige diefstal nie. Ons verneem hy sit daar redelik goed in.

Bring die bewyse ou bul. Bring die kaart en transport van daardie grond wat twee keer gesteel is en ons kan gesels.

Tot dan stel ons net belang in gesels oor een pyn: Die pyn van vertrapping, van plaasmoorde, van onteiening sonder vergoeding, van werkloosheid en armoede as gevolg van BEE, van rassediskriminasie teen blankes, van kwotas en miskenning van erfenis, taal en kultuur.

En vir daardie pyn het ons bewyse. Baie, baie bewyse.

So kom laat ons gesels oor pyn en grond en lewens en waardigheid wat gesteel word. Ons is hier, ons gesels graag.

Meer raakgevat kan dit nie en ons vereenselwig ons met hierdie siening. Die foto’s by hierdie berig is juis van die jongste bewyse waarna verwys word – van Boet Pienaar en Jesse Lewis op 14 Maart by Mooinooi.

In 'n tyd waarin die kultuurerfenis van die Afrikaner in die land verguis word soos nooit te vore nie, wys feite daarop dat hierdie erfenis inderwaarheid veel bied om op trots te wees. Ter wille van perspektief dien hierdie erfenis gesien te word teen die agtergrond van die werklikhede van die verlede en hede van Suid-Afrika.

Sedert die magsoorname in 1994 deur die ANC, is die Afrikaner toenemend deur die nuwe bewindhebbers en hul manipuleerders, die Nuwe Wêreldorde (NWO), subtiel geboelie. Dit was eers geleidelik subtiel en toe eskalerend openlik – sg. regstellende aksie, swart ekonomiese bemagtiging, sport- en studiekwotas, verdringing van Afrikaans, plaasmoorde, vervanging van plekname, verwydering van standbeelde, gedreigde konfiskering van grond sonder onteiening, kriminalisering van geskiedenis en kultuurerfenis – alles wat uitgeloop het vandag op 'n onverklaarde burgeroorlog teen die blanke en spesifiek die Afrikaner.

Teen hierdie agtergrond van verguising, onder die dekmantel van die sg. Nasionale Demokratiese Revolusie (NDR), staan die volgende sleutelfeite soos 'n paal bo water:

  • Die Afrikaner het geen grond gesteel nie en is daar ook geen bewyse voor nie. Die voorsate van die Afrikaner het sedert 1652 in grootliks onbewoonde en onbesette gebiede gevestig en hul vestiging op eerbare wyse uitgewerk met swart en bruin mense wat self in 'n proses van intrek en vestiging was.
  • Die voorsate van die Afrikaner en later die Afrikaner self was die mense wat die beskawing in Suid-Afrika ingedra het – die Evangelie, die alfabet, die wiel, die maatstok en wet en orde.
  • Ná die Anglo-Boere-oorlog was die Afrikaner letterlik platgeslaan, maar het desondanks opgestaan om 'n volk in eie reg te word en dit op elke lewensterrein, vanaf onderwys tot die staatkunde.
  • In die 20ste eeu het die Afrikaner die leiding geneem om saam met anderskleurige landsburgers Suid-Afrika op te bou tot die enigste ontwikkelde staat op die vasteland.
  • HF Verwoerd het as eerste minister 1958-66 die aangesig van Suid-Afrika ingrypend verander vanaf apartheid na 'n eie toekoms vir elke volk in die land, grootliks gefinansier deur blanke belastingbetalersgeld.
  • In hierdie tydperk het SA die kruin van voorspoed bereik en was die ekonomiese groeikoers 7,9% (die tweede hoogste in die wêreld), was die werkloosheidkoers onder swartmense 5% (teenoor 40% vandag), was die moordkoers 60 per jaar (teenoor 2 000 per jaar vandag) en was daar geen plakkerskampe nie.
  • Met die komplotsluipmoord op Verwoerd in 1966, is SA deur die NWO gepootjie en verswelg, wat uitgeloop het op die verraad in die negentigerjare - met die res tot vandag die tragiese geskiedenis wat dit is.
  • Die Grensoorlog in die noorde van destydse Suidwes-Afrika en in Suid-Angola is deur die SA Weermag beslissend gewen, hoofsaaklik met bloedjong dienspligtiges, In die proses is nie net plaaslike terroristegroepe verslaan nie, maar ook Kubaanse en selfs magtige Russiese magte – soveel so dat dit die prop uitgetrek het vir die val van die Ystergordyn.
  • Die ANC het in hul terroristiese stryd teen die SA veiligheidsmagte nie 'n enkele veldslag gewen nie, trouens hulle het nooit kans gesien om die veiligheidsmagte kop aan kop aan te vat nie. Die beste wat hulle kon doen, was die lafhartige Kerkstraat-bom in 1983 waarin 19 soldate en burgerlikes gesterf het en 217 beseer is.

Binne die omvattende aanslag teen die Afrikaner vandag, behels die dryf om spesifiek die kultuurerfenis van die Afrikaner af te kraak en te kriminaliseer, o.m. die volgende:

  • Pogings om die Afrikaner as inherent boos voor te stel deur wanvoorstelling en leuen dat sg. apartheid 'n misdaad teen die mensdom was.
  • Om op skoolvlak sover moontlik met tradisioneel Afrikaanse skole weg te doen en die positiewe geskiedenis van die Afrikaner uit leerplanne uit te skryf.
  • Afrikaans en Afrikanerskap uit eens trotse Afrikaanse universiteite uit te skop sodat daar tans net een tradisionele universiteit oor is – NWU Potch – wat Afrikaans as primêre taal van onderrig het
  • Die klakkelose verandering van plek- en straatname van Afrikaner-oorsprong t.g.v. die name van struggle-leiers en buitelandse Kommuniste.
  • Dit word gevolg deur die voorneme van die ANC-regering, die EFF en ander swart politieke radikalisme om grond in die land sonder vergoeding te onteien, uitdruklik gemik op blankes / Afrikaners.
  • Die onlangse aansoek van die Nelson Mandela Stigting by die Gelykheidshof om die vertoon van die vorige landsvlag tot haatspraak, onregverdige diskriminasie en teistering te verklaar en sodanige vertoning te kriminaliseer.
  • In die hoofstroommedia en op sosiale media die sing van Die Stem in die publiek as 'n skande voor te stel.
  • Sopas is in 'n voorlopige verslag van 'n taakspan van die Dept. van Kuns en Kultuur aanbeveel dat, omdat dit aanstoot gee, standbeelde van sg. koloniale en apartheidsfigure vanaf prominente openbare plekke verwyder moet word om in sg. temaparke geplaas te word.

Die geestes- en kultuurerfenis wat die wese van die Afrikaner opmaak, kan soos volg opgesom word:

  • Christelik-gereformeerde godsdiens wat soos 'n goue draad deur sy geskiedenis loop tot vandag toe, afvallighede ten spyt.
  • 'n Volk in eie reg, die enigste wit stam van Afrika en nie bloot 'n groepering of setlaars nie.
  • Afrikaans as taal – in gehalte bewys en wetenskaplik beoordeel as van wêreldklas. Vandag is Afrikaans die huistaal van nagenoeg agt miljoen mense.
  • Die Stem 'n volkslied wat vanjaar 100 jaar gelede deur CJ Langenhoven geskryf is en later deur ML de Villiers getoonset is. As sulks vertolk dit die diepste psige en wese van die Afrikaner.  
  • Die vorige landsvlag – die oranje, blanje, blou - waaronder 'n groot verskeidenheid prestasies en heldedade gelewer is waarop by enige standaarde met reg trots gewees kan word.
  • Die uiteindelike feite van die saak en die onvermydelike slotsom waartoe gekom word, is dat die Afrikaner 'n trotse geskiedenis het, dat hy ondanks foute sy anderskleurige landgenote op 'n Christelike wyse behandel het en dat die aandeel van die Afrikaner grootliks van SA die topland gemaak het wat dit aan die begin van die negentigerjare was. Daarom kan die Afrikaner inderdaad trots wees op sy geestes- en kultuurerfenis en is dit sy reg om dit steeds en ook vir die toekoms te koester en uit te leef.

Enkele hoogtepunte van die kruin van sukses wat die land gedurende die ampstermyn van dr. Verwoerd beleef het, fel buitelandse teenkanting en boikotte ten spyt, was die volgende:

In 1960 antwoord Verwoerd meesterlik en uit die vuis op die onverwagse “Winds of change”-toespraak van besoekende Britse eerste minister Harold Macmillan in die SA Parlement.

In dieselfde jaar oorleef dr. Verwoerd wonderbaarlik die eerste van twee sluipmoord-aanslae met herstelling van die skietwonde toegedien deur David Pratt.

Na 'n suksesvolle referendum kom die langgekoesterde Republiek van Suid-Afrika op 31 Mei 1961 tot stand.

Toe Verwoerd hieroor ondanks sy beste pogings in Londen nie met die Statebond kon ooreenkom nie, lei hy SA uit hierdie internasionale liggaam, met van meet af die gevolg dat die land al sterker word as ooit.

Ekonomies het die BBP in die sestigerjare jaarliks gegroei teen 'n koers van 6%, terwyl die inflasiekoers 2% was. Die land was selfversorgend vir sy voedsel, terwyl hy 'n vername uitvoerder van vrugte en graanprodukte geword het. Met die ontwikkeling van Sasol het die land beweeg na gespeen te raak van die buitelandse oliemark. As voorste goudprodusent ter wêreld is die ekonomie geanker en het nuwe nywerhede opgeskiet.

Die verdedigingsmag word die doeltreffendste op die vasteland, terwyl op die gebiede van wetenskap en kernnavorsing SA 'n toonaangewende rol begin speel.

Maatskaplik was teen 1966 slegs 5% van die swart bevolking werkloos, terwyl daar nie 'n enkele plakkershut in SA was nie. Swartmense in SA het toe al meer motors besit as wat die geval was in die hele res van Afrika.

In die vroeë sestigs besoek verskeie diplomatieke sendings SA om die land te laat afsien van sy beleidsrigtings, soos VN Sekretaris-generaal Dag Hammarskjöld en De Alva en Carpo oor SWA. Verwoerd hanteer almal met opmerklike finesse en nie een het met 'n werklike skadelike verslag teen SA uitgekom nie.

In 1962 breek die SA Veiligheidspolisie die rug van 'n grootskaalse Kommunistiese komplot teen die regering met die Rivonia-arrestasies en en die lang gevangenisstrawwe in 1964 vir die veroordeeldes waaronder Nelson Mandela.

Oor SWA behaal die Verwoerd-regering in Julie 1966 in die Internasionale Geregshof, na nougesette regsvoorbereidings in 'n uitgerekte saak, 'n gedenkwaardige oorwinning toe die hof ten gunste van SA beslis.

In dieselfde maand in die algemene verkiesing wen die Nasionale Party 'n rekordaantal 126 setels uit 166 in die Volksraad.

Sonder om te verval in verglansde heldeverering, is dit duidelik uit die feite dat die buitelandse en binnelandse teenstanders van Verwoerd teen hom skaak gespeel het – en verloor het – totdat ...

Hedendaagse nuusdekking in die hoofstroommedia toon 'n sterkerwordende tendens om alles wat in voor-1994 Suid-Afika gebeur het, as sleg af te maak. Hierdie tendens kom tans veral na vore met die 25-jarige herdenking van die toespraak van oud-pres. FW de Klerk in die Parlement op 2 Februarie 1990.

Daar word ook daarby gesê dat die destydse SA regering in die vroeë negentigs geen keuse gehad het as om die landsregering sonder meer aan die swart meerderheid oor te gee nie.

Dit is deesdae mode om sogenaamde “apartheid” die skuld vir alles te gee en te sê dat selfs alles wat vandag nog verkeerd is, die gevolge van “apartheid” is.

Was alles in die vorige bedeling regtig so sleg en het die destydse regering werklik geen ander keuse gehad nie?

Pas is weer feitelike syfers gepubliseer oor die situasie in SA vanaf die sestigerjare tot en met die einde van die tagtigs. Van hierdie feite is enkeles die volgende en kan daar 'n uitdaging gerig word om die korrektheid daarvan feitelik verkeerd te bewys:

Die beleid onder die eerste ministerskap van dr. HF Verwoerd was afsonderlike ontwikkeling, d.w.s. volledige vrymaking van individuele swart volke op hul eie grondgebied en nie bloot diskriminerende “apartheid” nie. Daarvan getuig die daadwerklike stappe wat in hierdie verband geneem is.

In die vroeë sestigerjare het die BBP van SA jaarliks teen 'n koers van 6% gegroei, terwyl die inflasiekoers 2% was. Die land was selfversorgend vir sy voedsel, terwyl hy 'n vername uitvoerder van vrugte en graanprodukte geword het.

Met die stigting van Sasol en die verkryging van brandstof uit steenkool, was die land besig om hom van sy afhanklikheid van die buitelandse oliemark te speen. Sy verdedigingsmag het een van die doeltreffendste ter wêreld geword, terwyl op die gebied van wetenskap en kernnavorsing Suid-Afrika 'n wêreldleidende rol begin speel het.

Die geldstelsel is gedesimaliseer (Rand en sent), goudproduksie is verhoog, nywerhede het sterk vooruitgegaan en werksgeleenthede vir alle inwoners het vir ekonomiese opheffing van die hele gemeenskap gesorg. Slegs 5% van die swart bevolking was teen 1966 nog werkloos.

In 1970 verdien swart werkers 'n totaal van R1 751 miljoen oftewel 25,5% van die totale loongeld in SA, 'n syfer wat styg tot R17 238 miljoen in 1984 (1 000% groei).

Die begrotingsbedrag vir swart onderwys styg jaarliks vanaf 1970 met bykans 30% meer as enige ander staatsdepartement. Van 1955 tot 1984 styg die aantal swart skoliere van 35 000 tot 1 096 000, d.w.s. 31-voudig.

Teen 1972 besit swartmense SA 360 000 voertuie - meer as in al die swart state van Afrika saam.

In Soweto het die blanke regering 'n reuse hospitaal, Baragwanath, gebou met 3 000 beddens - een van die grootste en modernste ter wereld. Sy 23 operasieteaters is voorsien van die heel modernste toerusting en word swart mense teen 'n nominale koste van R2 vir 'n onbeperkte tydperk behandel. Die hospitaal het 8 000 personeellede in diens gehad, waaronder 450 voltydse dokters wat jaarliks 112 000 binne-pasiente en 1,62 miljoen buite-pasiente behandel. 90% van die bloed is deur blankes geskenk.

Langs die Baragwanath Hospitaal is die St. John's Oogkliniek, wêreldberoemd vir die behandeling van gloukoom, losgelate retina's, traumatiese oogbeserings en seldsame tropiese siektes.

In 1978 bou die SA regering 'n hoogs moderne opleidingshospitaalkompleks, Medunsa, op die grens van die destydse onafhanklike Bophuthatswana teen R70 miljoen op 35 ha. Hierdie “stad” in die kleine bevat woongeriewe vir manlike en vroulike studente waar swart dokters, tandartse, veeartse en paramediese personeel opgelei word. Dit is die enigste gespesialiseerde universiteit van sy soort in Afrika en een van weinige in die wêreld gefinansier deur blanke belastingbetalers tot voordeel van uitsluitlik swartes.

Praktiese mediese opleiding vind plaas in die nabygeleë Garankuwa Hospitaal waar die hele spektrum van menslike kwale behandel word. Die hospitaal beskik oor fasiliteite vir nieroorplantings, isotope-eenhede en gespesialiseerde laboratoria vir die praktiese opleiding van 200 dokters per jaar.

In die laat tagtigs was daar in Soweto meer as 2 300 geregistreerde firmas, 1 000 taxi-ondernemers en 50 000 motoreienaars.

In die 1986/1987 boekjaar betaal blankes R9 000 miljoen belasting en swartes R171 miljoen, Indiers R257 miljoen en Kleurlinge R315 miljoen.

In 1985 was 42 000 swart studente aan SA universiteite ingeskryf. Daar was 5 swart universiteite en 28 inrigtings vir hoër onderwys staatsgefinansier

In 1985 is daar 37 diesellokomotiewe en 40 stoomlokomotiewe aan buurlande geleen, waar daar daagliks 6 195 SAVD goederewaens loop teenoor 944 in SA self.

SA voorsien in die graanbehoeftes van sy buurlande en wyer - in 1980 word 250 000 ton mielies na Zambië uitgevoer, 150 000 ton mielies en 50 000 ton koring na Mosambiek, 128 000 ton mielies na Kenia en 100 000 ton mielies na Zimbabwe. Verder ontvang ook Angola, Ivoorkus, Malawi, Mauritius, Tanzanië en Zaïre SA graan. Minstens 12 Afrikastate is volgens die Argus African News Service in so 'n mate afhanklik van SA graan dat 'n totale verbod op in- en uitvoer hulle ekonomies kan vernietig.

SA word aangekla deur die wêreld dat dit 'n polisiestaat is, maar in SA was 1,4 polisiemanne vir elke 1 000 mense, teenoor die ooreenstemmende syfer van 2,2 vir Brittanje, 3,5 vir Israel, 4,3 vir New York, en 10 vir Moskou. In SA was daar in die vorige bedeling sowat 16 292 blanke polisiemanne teenoor 19 177 nie-blank.

SA is aangekla dat dit politieke gevangenes vermoor, maar in 1979-1980 was daar geen sterfgeval in SA tronke nie. In die vorige 10 jaar sterf 37 tydens ondersoekarres, teenoor 274 gedurende diesefde tydperk in Wallis en Engeland.

In die loop van die tagtigerjare het die SA Weermag die Grensoorlog in die noorde van SWA / Angola teen die Russiese en Kubaanse weermagte gewen en het dit 'n sleutelrol gespeel in die uiteindelike val van die Sowjet-ryk. Teen hierdie weermag het die ANC-Umkhonto we Sizwe geen kans gestaan nie en ook geen veldslag gewen nie.

Die vorige SA regering, veral onder oud-pres. PW Botha het sterk probeer om deur politieke “hervormings” by radikale en buitelandse eise aan te pas, maar in sy woorde: “Hoe meer hervorming ons deurvoer, hoe meer word ons verdoem. Hoe meer ons wegbeweeg van apartheid, des te woedender word die internasionale veldtog teen ons…”

Teenoor hierdie feite uit die vorige bedeling word in hierdie artikel geensins feite uit die huidige bedeling afgespeel nie. Daaroor kan egter sekerlik 'n boek, of talle boeke, geskryf word.

Natuurlik was alles in die vorige bedeling nie maanskyn en rose nie en het daar ook slegte dinge gebeur.

Die punt wat egter in hierdie artikel gemaak word, is dat daar in die vorige bedeling in SA veel was wat goed was en was daar dikwels goeie rede waarom dinge gedoen is soos dit gedoen is. 'n Sober en gebalanseerde siening van die verlede en hede dien die beste vir die toekoms.

Met die jongste weergawe van die Wetsontwerp op Suid-Afrikaanse Tale wat tans voor die Parlement dien, het Afrikaans, wat tans op verskillende fronte aanslae moet verduur, voor sy grootste uitdaging nog te staan te kom.

Die wetsontwerp in sy huidige formaat bepaal dat nasionale staatsdepartemente drie tale moet gebruik, waarvan twee sg. voorheen-benadeelde Afrikatale moet wees. Dit beteken dat staatsdepartemente moet kies tussen Afrikaans en Engels om naas twee “benadeelde Afrikatale” te gebruik om dienste aan die publiek te lewer. Dit sluit o.a. in kommunikasie met die publiek, amptelike kennisgewings, staatspublikasies en kommunikasie binne en tussen departemente.

In gevolge hierdie voorneme tel Afrikaans saam met Engels onder die tale wat “voorheen bevoordeel” is.

In die oorgangsgrondwet van 1994 is bepaal dat die posisie van geen taal swakker mag wees as wat dit tevore was nie, maar hierdie bepaling is nie in die Grondwet van die RSA van 1996 opgeneem nie. Artikel (6)1 van die Grondwet stipuleer: “Die amptelike tale van die Republiek is Sepedi, Sesotho, Setswana, siSwati, Tshivenda, Xitsonga, Afrikaans, Engels, isiNdebele, isiXhosa en isiZulu.

Dit is dus duidelik dat die wetsontwerp wat tans dien, ongrondwetlik is, want dit neem regte van burgers van die land weg. Afrikaans is 'n amptelike taal en moet as sodanig konsekwent erken word, ook in alle staatskommunikasie.

Nietemin vorm hierdie wetsontwerp 'n uiters gevaarlike stap in 'n groter patroon om Afrikaans op elke moontlike wyse te ondermyn. Dit sluit o.a. in Afrikaanse onderrig op skool, waar die Afrikaans-mediumskole die afgelope 18 jaar met bykans 80% gekrimp het.

Op universiteitsvlak is daar nie meer 'n enkele enkelmedium Afrikaanse universiteit oor nie en is Afrikaanssprekende studente by bestaande universiteite genoodsaak om dele van hul kursusse in Engels te loop. Van die sowat 10 Afrikaanse technikons en 150 Afrikaanse beroepskolleges wat voor 1990 bestaan het, het daar nie 'n enkele Afrikaanse technikon of Afrikaanse enkelmediumkollege oorgebly nie..

Op die programme van die “SABC” as openbare uitsaaier word Afrikaans erg afgeskeep.

Nog 'n ernstige gevaarlig wat tans flikker, is die uitspraak van die Suid-Gautengse hooggeregshof einde verlede jaar dat 'n provinsiale onderwysdepartement die mag het om te besluit oor die getal leerlinge by 'n openbare skool en dat hierdie mag nie by die beheerliggaam van die skool lê nie. Dit kan beteken dat skoolbeheerrade verplig is om Engelssprekende leerlinge toe te laat al is dit 'n Afrikaans-medium skool wat getallegewys selfs nie meer plek het nie.

Teenoor hierdie bedreigde situasie staan die volgende feite soos 'n paal bo water:

Afrikaans is 'n 100% Afrikataal want dit is op hierdie vasteland waar dit gebore en getoë is en tot volwassenheid gekom het.

In terme van literêre vereistes is Afrikaans met sy uitdrukkingsvermoë, wetenskaplike dokumentering en kulturele prestasies 'n taal van wêreldgehalte is.

Die literêre standaard en prestasies van Afrikaans staan kop en skouers uit bo die ander amptelike inheemse tale van SA, Engels uitgesluit maar vergelykbaar daarmee.

Daar is sowat 6,2 miljoen Suid Afrikaners met Afrikaans as moedertaal, terwyl daar aansienlike groepe Afrikaanstaliges is in lande soos Namibië, die Verenigde Koninkryk, Australië en selfs lande soos Nieu-Seeland, Botswana ens.

Matriekuitslae bevestig jaar na jaar dat leerders wat moedertaalonderrig ontvang, beter vaar as diegene wat hulle onderrig in ’n tweede of derde taal ontvang. Dit word grootliks gereflekteer in die matriekuitslae van Afrikaans-mediumskole relatief tot skole waar leerlinge nie in hul moedertaal onderrig word nie.

Volgens amptelike mediasyfers is Afrikaanssprekendes verantwoordelik vir 24% van die totale persoonlike inkomste in SA – dus 'n kwart van die mark.

Afrikaans het 'n sleutelrol gespeel in die ontwikkeling van SA die afgelope 100 jaar tot die voorste ekonomiese, politieke, maatskaplike en tegnologiese land op die vasteland van Afrika.

Teen hierdie agtergrond vra die geweldige uitdaging wat tans in die gesig gestaar word, van elkeen wat trots is op Afrikaans as sy of haar moedertaal, om op te staan en te doen wat binne sy of haar vermoë is om Afrikaans te bevorder, suiwer te hou en te sorg dat dit sy amptelike status volwaardig in die land behou – want, doodkry is min!

Die sg. welvaarttaks wat emeritus aartsbiskop Desmund Tutu geopper het en wat Allan Boesak entoesiasties steun, is ooglopend teen blankes gemik – net nog 'n sweep om mee te slaan vir sg. onregmatige voordeel getrek uit die “apartheidsera” voor 1994.

Oor die verwagte faktuur wat Tutu en kie in hierdie verband aan blankes wil stuur, word in die briewekolom van Volksblad interessante punte genoem.

Ingevolge hierdie punte, bygewerk, kan blankes aan die hand van die volgende feiteself 'n faktuur voorlê:

Vir wat blankes ingesit het op elke lewensterrein om Suid-Afrika vanaf 1652 – 1994 te help opgebou het tot die voorste geïndustrialiseerde staat op die vasteland van Afrika.

Vir wit mense wat ná 1994 op 'n ongemaklike ouderdom van 45+ uit diens gestel is om plek te maak vir regstellende optrede.

Vir 'n generasie jonger mense wat hul loopbaanvooruitsigte en lewensverwagtinge verloor het weens regstellende aksie.

Vir 'n vergete groep betalers op die grens, wit en swart, wat daartoe bygedra het dat die ANC in 1994 'n bruidskat ontvang het in die vorm van 'n eerstewêreldland.

Vir ouers en grootouers wat tans 'n hoë prys betaal deur eensaam oud te word sonder hul kinders en kleinkinders in die buiteland.

Vir jong egpare wat vertroue in die toekoms van die land verloor het en eerder elders na 'n heenkome soek vir hulle en hul kinders.

Vir alle verliese gely weens 2 617 gedokumenteerde plaasmoorde sedert 1994.

Enkele ander items wat ook by die faktuur van blankes ingesluit kan word, is:

Vanaf 1955 – 1984 het die getal swart skoliere in SA 31 keer vermeerder, vanaf 35 000 tot 1 096 000 – hoofsaaklik gefinansieer deur blanke belastingbetalergeld.

Reeds in die sestigerjare het die lewenstandaard van swartmense gemiddeld met 5,4% per jaar gestyg, teenoor die syfer van 3,9% vir blankes. In 1965 was die ekonomiese groeikoers van SA 7,9%, een van die hoogste ter wêreld.

In 1978 het Soweto o.a. 115 sokkervelde gehad, 47 tennisbane, 81 netbalbane, 39 kinderspeelparke, 365 skole, 300 kerke, 2 tegniese kolleges, 8 klinieke, 63 dagsorgsentrums, 11 poskantore, 2 300 besighede geregistreer in die naam van swarters, ongeveer 1 000 private taxi-ondernemings, ens.

In 1987 was Baragwanath Hospitaal, feitlik uitsluitlik vir swartmense, die grootste hospitaal in die wêreld, met 3 200 beddens, 23 operasieteaters, 8 000 personeel insluitend 450 dokters, 112 000 pasiënte en 1,62 miljoen buite-pasiënte.

Hierdie syfers is teen die agtergrond daarvan dat in 1990 blankes ongeveer 77% van belastings in SA betaal het en swartes 15%.

So, daar kan vir Tutu & kie gesê word dat bewyse voorgelê kan word dat die rekening reeds betaal is, terwyl blankes self 'n faktuur het om voor te lê.

Ondanks al die diskriminasie teen Afrikaans as taal en die pogings van die regering en ander owerhede om Afrikaans om elke hoek en draai in te kort of af te sny, styg Afrikaans ver uit bokant enige ander taal in die land insluitende Engels. So is die meeste boeke wat in SA verkoop word, in Afrikaans en floreer die Afrikaanse uitgewersbedryf; die Afrikaans sprekende samelewing in samewerking met rolspelers in die skoolstelsel is besig om primêre en sekondêre onderwys in Afrikaans uit te bou; die Afrikaanse universiteitswese word in die private sektor weer van onder af opgebou.; die Afrikaanse media aan die regse spektrum wen al meer veld; en aanhoudend sien die een na die ander Afrikaanse film die lig.

Afrikaans is dus steeds besig om as ʼn lewenskragtige taal in gehalte van wêreldklas van krag tot krag te gaan en bewys daagliks dat dit tops is.

Hierdie nuwe sakeperseel in Smaraglaan, langs OSK, nader voltooiing en maak voorsiening vir vyf winkelruimtes – een groot en vier kleineres. Die woonhuis en nuwe motorhuise op dieselfde perseel bly egter vir residensiële gebruik.

Die eienaars van die perseel en entrepreneurs van die nuwe gebou is Dirk en Alet van Antwerpen – vir meer inligting skakel 084 5566 110.

Die plaas Vluytjeskraal-Noord, groot 284 ha en aangrensend aan die noordekant van Orania, is in 2011 deur ‘n groep sakelui van Orania aangekoop teen ‘n bedrag van R18 miljoen. Met ‘n hoë kop aan die westekant en aan die oostekant ‘n 1,2 km oewer aan die Oranjerivier, beskik die eiendom oor besproeiingsregte.

Terwyl die grond grootliks winsgewend vir die verbouing van mielies en koring aangewend word, het dit groot ontwikkelingspotensiaal, wat insluit residensieël en toerisme. Met die druk wat daar tans op Orania is om voorsiening te maak vir die vestiging van al hoe meer Afrikaners, is 'n projek om die eiendom as ‘n agri landgoed ontwikkel, tans besig om momentum te kry – meer besonderhede elders op hierdie bladsy.

Die O/21 Bokkietoernooi wat in Maart jaarliks al 'n instelling in Orania geword het, is besig om in ’n sportfees met unieke karakter te ontwikkel. Benewens 'n langnaweek van rugby en netbal, gaan daar aktiwiteite en saamkuiergeleenthede wees soos musiek deur Jan Rhaap en Ricus Nel, Mej. Sprankelbokkie, ‘n aand van Cantus en 'n sokkie.

Die rugby en netbal met elk ses streekspanne skop Vrydag 22 Maart af, met die finale rugby en netbal Maandagoggend 25 Maart. Vir verder in die toekoms word beoog om uit te brei na sporte soos krieket en hokkie.

Vir meer besonderhede, kontak Jeske van der Walt by081 251 9617 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..">Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

Gedwonge velkleurkwotas in sport, in besonder in rugby, krieket, atletiek en netbal, word op 6 Maart 2019 in die Arbeidshof deur Solidariteit betwis. In die aanloop tot die saak het Solidariteit en AfriForum spesifieke kwotapersentasies vir verskeie sportsoorte ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Paia) bekom.

Hierdie inligting het ontbloot dat die bedoeling met kwotas veel verder strek as spankeuses en dat dit selfs die rassesamestelling van afrigters, raads- en komiteelede en  ondersteuningspersoneel behels. Opsommend kom dit voor of die sportowerhede op ʼn sentrale wyse die rassesamestelling van alle werknemers in die werksomgewing van sport wil reguleer.

Die respondente in die hofsaak is die SA Rugbyunie (SARU), Krieket SA (KSA), Atletiek SA (ASA) en Netbal SA (NSA), asook die Minister van Sport. In hul hofstukke voer Solidariteit aan dat indien die beplande Transformasiehandves van die regering goedgekeur sou word, dit die Minister van Sport, Tokozile Xasa, bykans onbeperkte mag oor sport sal gee. As voorbeeld hiervan is die moontlikheid dat indien ʼn sportsoort nie aan kwotavereiste voldoen nie, die befondsing van die betrokke sportsoort opgeskort kan word


Solidariteit sê indien hul hofsaansoek slaag, sal dit ʼn einde bring aan die politisering van sport en sal die fokus kan verskuif na die ontwikkeling en ontginning van die talente van alle atlete en spelers.

Op 6 April 1652 het Jan van Riebeeck en sy vrou Maria en hul geselskap met hul drie seilskepe, die Dromedaris, Reijger en De Goede Hoop in Tafelbaai anker gegooi en het hulle voet aan wal gesit. Van Riebeeck het in opdrag van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie (VOC) na die Kaap gekom om vir Nederland ʼn halfwegstasie op die seeroete na die Ooste te stig.

Die gelowige Van Riebeeck het met voet aan wal ʼn openbare gebed gedoen en so die Evangelie aan die suidpunt van Afrika geplant – ʼn planting wat sou groei tot die Kaapkolonie, die Unie van Suid-Afrika en uiteindelik die Republiek van Suid-Afrika. Dit was ook die planting waaruit die Afrikanervolk gebore is en wat die leiding geneem het tot die ontwikkeling van Suid-Afrika as by verre die voorste staat op die vasteland.

Twee jaar later op 6 April 1954 het Van Riebeeck tesame met ander ʼn plegtige gelofte aan God afgelê, ’n gelofte waarvan die bewoording steeds tot die Afrikaner van vandag spreek. Dit is waarom die Afrikaner 6 April herdenk as Stigtingsdag – en so behoort dit te wees solank as wat dit God behaag om die Afrikanervolk in Suid-Afrika in stand te hou.

Met wat tans gebeur in die Suid Afrikaanse sportwêreld vanaf laerskole vlak op tot by internasionale vlak, is sportkwotas ooglopend besig om demotiverend in te werk op deelnemers in verskillende sportkodes. Hoe, vra ʼn ouer, verduidelik jy aan ʼn 8-jarige seun dat hy nie vir ‘n plek in sy sportspannetjie kwalifiseer omdat sy vel wit is nie?

Op senior vlak stroom hoogs talentvolle sportlui na oorsese velde waar hulle eerder dik salarispakkette kies bo die onsekerheid of hulle ʼn kwotaplek gaan maak in hul nasionale kleure. Die mees illustrerende jongste geval is die sterbouler Duanne Nel.

Nadat swart en bruin snelboulers beseer is, het hy uiteindelik in die afgelope meerdaagse toetsreeks teen Pakistan sy kans as instaanbouler gekry en het hy so gedy in internasionale kompetisie, dat hy as Speler van die Reeks aangewys is. Steeds is hy egter nie seker is van sy plek in die Proteaspan nie en daarom het hy “met die moeilikste besluit wat ek nog moes neem” gekies om in die fleur van sy loopbaan op ouderdom 26 eerder ʼn Kolpak-kontrak te aanvaar met die Engelse graafskap Yorkshire teen R2,7 miljoen per seisoen vir drie jaar.

Nel sluit aan by Rilee Rossouw wat vroeër dieselfde paadjie geloop het en in so ʼn uitmuntende kolwer ontpop het dat hy tans beter geag word as meeste van die kolwers wat waarskynlik vir die Proteas gekies gaan word vir die komende Wêreldbeker.

Op die rugbyfront het die drie talentvolle Du Preez-broers van die Haaie, Robert, Jean-Luc en Dan, ook waarskynlik vir dieselfde redes kontrak geteken met die Engelse klub Sale vir drie jaar. Sodoende het hulle hul kanse waarskynlik geknou om vir die Springbokke later vanjaar vir die Wêreldbeker gekies te word. Springbokafrigter Rassie Erasmus het hoeka bevestig dat sy kwotasievoorskrif vir die Wêreldbeker 50% is.

Bladsy 4 van 96
Go to top