► In Mediumtermynbegroting van Minister van Finansies Tito Mboweni feitlik geen melding van landbou en die geweldige druk op boere oor wydverspreide droogte; op vraag van VF Plus pres. Cyril Ramaphosa ontwykend oor enige bystand aan kommersiële boere ► VF-Plus in Gauteng sê Gauteng Onderwysdepartement moontlik skuldig aan onreëlmatige besteding van R1,2 miljard i.v.m. skoolsvoedingsprojek, dít terwyl die LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi Afrikaanse skole vir geringste vermoedelike oortredinge aanspreek ► Dit blyk of dorpe Dewetsdorp, Vanstadensrus en Wepener feitlik geen munisipale dienste ontvang vanaf Mangaung Metro onder wie hulle ingedeel is nie ► Adjunk-pres. David Mabuza op besoek aan China tydens sitting van SA-China Bilaterale Kommissie wys op die talle geïntegreerde tussen die twee lande o.a. dat 65 Chinese maatskappye R116 miljard in SA belê het (hierdie syfer soos genoem, Ditsem Nuus kan nie korrektheid verifieer nie) ► Stad Kaapstad ontvang R300 miljoen van Nederlandse regering om MyCiti snelbusdiens na Khayelitsha en Nyanga uit te brei ► Nederlandse man (35) en vrou (75) in Marlothpark, Komatipoort, vermoor deur versmoring deur hul monde toe te prop, man se vrou en dogter oorleef aanval ► Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stem 232-196 ten gunste van verdere ondersoek of pres. Donald Trump in staat van beskuldiging geplaas moet word oor Oekraïne ► China Mobile in China maak bekend dat sy 5G-tegnologie, 100 keer vinniger as 4G, nou in 50 stede insluitende Beijing en Sjanghai beskikbaar is ►

Nasionaal

Indien gelet word op die talle skokkende onthullings van massiewe korrupsie in die land al bykans die afgelope 25-jaar – die wapenskandaal, Zuma-Gupta-staatskaping, Bosasa, Eskom,…
Die donker wolk het darem ʼn silwerrandjie, in hierdie geval die Zondo-kommissie en ander kommissies van ondersoek wat tans sit en voor wie die ongelooflikste…
Ons beklemtoon graag die positiewe uitspraak oor vuurwapenlisensies wat pas deur die Noord-Gautengse hooggeregshof gelewer is en wat skynbaar bepaal dat dit vir minstens die…
Cope-leier Mosiuoa Lekota het behoorlik in die Parlement die kat in die duiwehok losgelaat toe hy beweer het pres. Cyril Ramaphosa het in die sewentigerjare…
Die volgende is uitstaande punte van die Staatsrede wat pres. Cyril Ramaphosa gisteraand in die parlement gelewer het: Die president het geen verwysing gemaak na…
Wat gaan aan met die SA Nasionale Weermag? Die koerant Daily Maverick berig dat die Weermag net 1 van 3 duikbote in werkende toestand het,…
Bladsy 4 van 29
Go to top