► Abel Sithole as uitvoerende hoof van die Government Employees’ Pension Fund (GEPF) getuig voor Mpati-kommissie dat ʼn “belegging” van R4,3 miljard sonder sy medewete gemaak is uit die GEPF na die firma Ayo Technologies van omstrede Iqbal Survé; blykbaar kan of wil Ayo dit nou nie terugbetaal nie ► Mynmaatskappy Rio Tinto het sy Rössing Uraanmyn in Namibië, in produksie sedert 1976 en wat tans jaarliks sowat 4,6 miljoen pond uraan lewer, verkoop aan die China National Uranium Corporation (CNUC) vir $106,5 miljoen; Rio Tinto het sedert 2017 beleggings van $11,2 miljard uit Namibië onttrek ► Nuwe Minister van Water, Sanitasie en Menslike Nedersettings Lindiwe Sisulu sê in Parlement skade in die departement weens korrupsie en wanbestuur is feitlik “onmeetlik” en dat drastiese omdraaistrategie dringend nodig is ► Munisipaliteite skuld die nege waterrade en Dept. van Water R14 miljard vir waterdienste gelewer ► Adjunk-minister van Landbou, Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming Mcebisi Skwatsha sê in Parlement dat onteiening sonder vergoeding binnekort ʼn werklikheid gaan wees, “maar onwettige grondgryp nie toegelaat sal word nie” ► Vrystaat Landbou sê massiewe armoede in Lesotho bedreig wet en orde in Vrystaat en dat dit verskillende tipes misdaad in die provinsie veroorsaak ► Volgens verslag van PwC is vergoeding van ʼn uitvoerende hoof van mynmaatskappy in SA gemiddeld sowat R16,8 miljoen per jaar en dié van ʼn finansiële hoof sowat R6,9 miljoen per jaar ► Projek VatVyf gebaseer te Orania benodig borgskap vir twee behoeftige blanke leerlinge in Bloemfontein wat as prefekte gekies is om einde vanjaar elkeen ʼn oriënteringskamp by te woon – R1 000 vir seun in hoërskool en R500 vir dogter in laerskool – kontak projekvatvyf@gmail.com of 082 773 2150 ►

Nasionaal

ʼn Storm van kritiek en negatiwiteit het los gebars oor die die kop van pres. Cyril Ramaphosa en sy afvaardiging tydens hul besoek aan New…
Volgens die SA Vuurwapen- en Ammunisie Handelaarsvereniging is die Vuurwapenafdeling van die SAPD tans in chaos, hoofsaaklik omdat die lisensies vir rekenaarprogrammatuur nie instand gehou…
Nadat Kallie Kriel en ander senior lede van AfriForum en Solidariteit ongeveer twee maande gelede met koning Goodwill Zwelithini van die Zoeloes by sy paleis…
Die politieke toneel in die eland het behoorlik regop gesit toe Kallie Kriel van AfriForum en Mosiuoa Lekota van Cope aangekondig het dat hulle saamstem…
Dag ná dag kom skokkende onthullings na vore voor die Zondo-kommissie na staatskaping en blyk dit dat onder oud pres. Jacob Zuma (2009 – 2017)…
Die topbestuur van Agri SA o.l.v. president Dan Kriek en uitvoerende hoof Omri van Zyl vergader vanoggend met die topses van die ANC oor “beste…
Bladsy 6 van 28
Go to top