► Met meer as 80% van stemme getel in die verkiesing, staan nasionaal die ANC op sowat 57%, DA 22%, EFF 10%, IVP 3% en VF Plus 2,5%, met die res in bondel agterna ► Wat provinsies betref, is ANC loshande top in agt van die nege, met die Wes-Kaap wat steeds onder DA bly ► Algemene patrone op hierdie stadium is dat die ANC redelik gevaar het ten spyte van skandes van staatskaping en die gemors waarin die land gedompel is; DA het nie aan verwagtinge voldoen nie en is waarskynlik grootste verloorder om verskeie redes; IVP, VF Plus en EFF het almal hul mindere steun feitlik verdubbel, grootbek BLF heeltemal uit die bus met slegs sowat 8 000 stemme in totaal ► Kleiner partye maak groot bohaai oor bedrog met stemmery in die verkiesing, maar OVK sê ná deeglike ondersoek is weinig stawende bewyse gevind; luister bv. na hierdie stemgreep van Front Nasionaal en vorm jou eie mening ► Alliance Defending the Autonomy of Churches in SA (AdacSA) vandag in Pretoria se hooggeregshof vir saak om outonomie van kerke en godsdiensvryheid in SA te verdedig ► Zondo-kommissie hoor oor Transnet dat finansiële hoof van die maatskappy het mag gehad om kontrakte en tenders van tot R1 miljard alleen toe te ken ► MTN, een van die boikotters van Steve Hofmeyr, verloor in eerste kwartaal vanjaar meer as 1,3 miljoen kliënte ► Oor wie die beste skolerugbyspan in die land is, word môre in Bloemfontein bepaal wanneer Grey Kollege en Hoër Jongenskool Paarl (Boishaai) mekaar pak ►

Nasionaal

Volgens 'n berig in Daily Maverick beplan die ANC om 11 April 'n mosie in die Parlement ter tafel te lê dat die Parlement die…
Op die spoor van die uittrede van Ace Magashule as Vrystaatse premier lê een groot ketting van korrupsieskandale oor ‘n dekade 2009 tot 2018. Hoewel…
Die nuwe Minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake dr. Zweli Mkhize het op ‘n mediakonferensie reguit gepraat oor die patetiese toestand van munisipaliteit in…
'n Selfverduidelikende mediaverklaring lui soos volg: “Honderde studente het verlede Donderdag in lang rye in gietende reën gestaan om die VF Plus as ‘n minderheidsregte-politieke…
Die webwerf timeslive.co.za berig dat private navorser Gareth van Onselen in ‘n verslag getitteld South Africa’s Secret Police opsienbare inligting openbaar aak oor 'n private…
Vir die teks van 'n brief van dr. Gustav Claassen, algemene sekretaris van die NG Kerk, waarin hy pres. Cyril Ramaphosa namens die kerk bestempel…
Bladsy 10 van 27
Go to top