►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Mangaung Metro uitstaande dienstegeld sowat R4 miljard

Volgens Hans Britz, DA-raadslid en eens finansiële hoof van Mangaung Metro Munisipaliteit, beloop die uitstaande dienstegeld verskuldig aan die metro sowat R4 miljard – met geen aanduiding dat vordering met invordering gemaak word nie. Terselfdertyd beloop die onbetaalde rekening van die metro by Bloem Water as die waterverskaffer aan die munisipaliteit sowat R350 miljoen. Inmiddels, volgens Britz, soos aangehaal in Volksblad, staan 'n multimiljoenrand ontwikkeling – die grootste nóg in Bloemfontein – wat in die Bram Fischer Lughawegebied beplan word en duisende werksgeleenthede moet skep, doodstil. Geen verstaanbare kommentaar oor hierdie toedrag van sake kon nog van enige senior ampsdraer van die metro verkry word nie.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top