Aletheim 1

►►► SABC weier om video van Mmusi Maimane van DA uit te saai waarin hy teen onteiening sonder vergoeding praat ► 5 plaasaanvalle binne 48 uur gedurende afgelope drie dae – te Honingsnestkrans Pretoria, Brits, Nelspruit, Lichtenburg en Hammanskraal ► Ian Cameron van AfriForum Veiligheid sê dit is opmerklik dat plaasaanvalle stil was tydens grondverhore, maar nou weer opvlam ► Vanjaar al 244 plaasaanvalle en 38 moorde – een plaasaanval per dag en elke ses dae 'n moord ► Kimberley toe gister rustig met geen protesoptog en onluste nie – wys versigtig wees vir fopnuus ► Aantal vreemdelinge wat ANC-regering afgelope 25 jaar toegelaat het om in SA te woon, word op meer as 20 miljoen geraam – bykans miljoen per jaar ► “Die burka wat Moslem-vroue dra, laat hulle soos 'n posbus lyk” – Boris Johnson, voormalige Britse minister van buitelandse sake ►►►

Nasionalisering van alle grond in SA aanbeveel

Die Dept. van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming het in Desember verlede jaar sy langverwagte Grondouditverslag voltooi en is dit verlede maand aan die ANC lekgotla voorgelê. Die verslag haal skeefgetrekte syfers aan oor grondeienaarskap in SA en beveel dan aan dat alle grond in die land genasionaliseer moet word.

Volgens die verslag maak swart mense 79% van die bevolking uit, maar “direk besit hulle slegs 1.2% van landelike grond in SA en 7% van formeel-geregistreerde eiendom in dorpe en stede”. Daarenteen, volgens die verslag, besit blanke Suid-Afrikaners wat 9% van die bevolking uitmaak, “direk 23,6% van landelike grond en 11,4% van eiendom in dorpe en stede”.

Voorts luidens die verslag word 33% van grond in SA “direk besit deur private individue”, terwyl die res besit word deur trusts, die staat, tradisionele owerhede, kerke en gemeenskapsorganisasies. Die verslag identifiseer egter nie die ras van eienaarskap van 67% van grond in die land nie.

In die verslag word 'n nuwe “grondhervormingsfonds” voorgestel, insluitende 'n “land value tax” bo en behalwe bestaande munisipale eiendomsheffings. Wat betref nasionalisering van grond, word in die verslag aanbeveel dat nuwe “national land rights legislation” ingestel word wat sal meebring “vests land as the common property of the people of South Africa as a whole”.

Googelloer gerus vir die volle verslag

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

VVK2 banier