Aletheim 1

►►► SABC weier om video van Mmusi Maimane van DA uit te saai waarin hy teen onteiening sonder vergoeding praat ► 5 plaasaanvalle binne 48 uur gedurende afgelope drie dae – te Honingsnestkrans Pretoria, Brits, Nelspruit, Lichtenburg en Hammanskraal ► Ian Cameron van AfriForum Veiligheid sê dit is opmerklik dat plaasaanvalle stil was tydens grondverhore, maar nou weer opvlam ► Vanjaar al 244 plaasaanvalle en 38 moorde – een plaasaanval per dag en elke ses dae 'n moord ► Kimberley toe gister rustig met geen protesoptog en onluste nie – wys versigtig wees vir fopnuus ► Aantal vreemdelinge wat ANC-regering afgelope 25 jaar toegelaat het om in SA te woon, word op meer as 20 miljoen geraam – bykans miljoen per jaar ► “Die burka wat Moslem-vroue dra, laat hulle soos 'n posbus lyk” – Boris Johnson, voormalige Britse minister van buitelandse sake ►►►

Waterkrisis in Kaapstad: Botsende sienings

Botsende sienings bestaan oor wat regtig aangaan met die veelbesproke waterkrisis in Kaapstad en omgewing. Hoewel die algemene prentjie voorgehou word dat 'n buitengewone droogtesituasie heers en dat as gevolg daarvan damme soos die Theewaterskloofdam leeg is of feitlik leeg is, is daar kundiges wat meen dat daar talle standhoudende riviere is wat in die Tafelbergreeks ontspring en wat ondergronds en onbenut wegvloei na Tafelbaai. Die siening is dat hierdie bron alleen die hele Skiereiland van voldoende water kan voorsien.

Daar word ook beweer dat die Tygerbergreeks 'n duisternis van standhoudende fonteine en enkele riviere het wat op hierdie stadium steeds volop water het. Voorts word gesê dat daar twee Steenbrasdamme is, die een is reeds laat leegloop om die waternood in Kaapstad te verlig, terwyl die ander een nog daar is 90% plus vol.

Nog 'n siening is dat die waterkrisis vir die Skiereiland al vir jare dreig en dat daar tydig bekostigbare ontsoutingsaanlegte ontwikkel moes word. Nou word daar op die laaste nipper geskarrel teen hemelhoë ontwikkelingskoste.

Daar word ook beweer dat in die huidige waterkrisis swart gemeenskappe en plakkerskampe voldoende water gratis ontvang, maar dat dit in die oorwegend blanke woonbuurtes is waar water drasties bespaar moet word en waar dit swaar belas word.

Uit 'n ander hoek word beweer dat die verskaffing van grootmaatwater die mandaat is van die nasionale regering, in besonder die Dept. van Water en Sanitasie. Daarvolgens word egter beweer dat 'n Minister van Water en Sanitasie, Nomvula Mokonyane, aan die Wes-Kaapse regering gesê het dat as oplossing Umgeni Water van KZN gekontrakteer kan word, maar dan word daar op gewys dat die raadsvoorsitter van Umgeni Water is die berugte Dudu Myeni, voorheen van SAL, asook dat Umgeni Water tans opsoek is na 'n reddingsboei van sowat R3 miljard.

Wat korrels is en wat kaf is, is nie duidelik nie, maar in die SA van vandag is enige iets moontlik. Hoe dit ookal sy, sake word verder gekompliseer deur die interne katgeveg wat tans in die DA aan die gang is.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

VVK2 banier