►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Volgens 'n berig in Daily Maverick beplan die ANC om 11 April 'n mosie in die Parlement ter tafel te lê dat die Parlement die einde van Mei in reses gaan tot middel-Augustus ten einde politieke partye sg. tyd te gee om voor te berei vir die algemene verkiesing volgende jaar. Daar is sprake dat die ANC opdrag kan gee aan die OVK vir 'n vervroegde verkiesing vroeg in 2019.

Die tydsberekening van die skielike reses van die Parlement word bevraagteken aangesien ingrypende gebeure tans in die land besig is om af te speel en dat opposisiepartye geleentheid moet hê om die regering in die Parlement tot verantwoording te roep. Daarby het die Parlement tans 'n druk wetgewende program wat deurgevoer moet word met 33 wetsontwerpe in die Nasionale Vergadering wat nog gedebatteer en aanvaar moet word en 14 wetsontwerpe voor die Nasionale Raad van Provinsies.

 

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top