►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Sprake van diepe verdeeldheid in ANC

Voormalige ANC-LP Fytjie Mentor het die kat in die duiwehok gegooi op haar Facebookblad met 'n plasing dat oud-pres. Jacob Zuma op 14 Februarie 2018 nie wou bedank as staatshoof nie ondanks druk van die top ses van die ANC. Volgens Mentor het Zuma in sy ampswoning met senior offisiere van die SANW vergader om 'n staatsgreep te beplan, maar Minister van Verdediging en Oorlogsveterane  Nosiviwe Noluthando Mapisa-Nqakula en Minister van Polisie Fikile Mbalula het nie die plan gesteun nie, waarna dit skipbreuk gely het.

Mentor skryf voorts dat Zuma steeds in KZN met Zoeloe-lojaliste 'n komplot beplan om die land te destabiliseer, die komende verkiesing in wanorde te dompel en om van pres. Cyril Ramaphosa as staatshoof ontslae te raak. Hierdie bewering van Mentor is gister in 'n berig van The Witness, Natalse koerant, bevestig. Daarvolgens sou die Zuma-faksie nie tevrede wees met die huidige gematigde standpunt van die regering oor grondonteiening sonder vergoeding en oor radikale ekonomiese transformasie nie.

Intussen wil dit voorkom of pres. Ramaphosa en sy regering nog stewig in die saal sit, hoewel verskeie regeringswoordvoerders nie vir kommentaar bereik kon word oor die gerugte nie.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top