►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Denel betaal vlieglesse vir premierskind

Die vakbond Solidariteit het onthul dat die Denel verlede jaar R1,1 miljoen betaal het vir ʼn “beurs” vir vlieglesse vir die seun van Noordwes premier Supra Mahumapelo, Supra Oarabile Mahumapelo. Denel, wat aan die einde van verlede jaar finansieel in die knyp was en moes spook om salarisse aan sy werknemers te betaal, het ʼn kontrak met Mahumapelo jr. aangegaan om te betaal vir sy vlieglesse, verblyf, kos en wasgoed.

Hierdie ooreenkoms is veral omstrede omdat die beursprogram van Denel in die verlede slegs vir studies in IT, ingenieurswese, finansies en sakebestuur gegeld het. Volgens Solidariteit is hierdie “beurs” net nog ʼn bewys van hoëvlakkorrupsie in SA openbare ondernemings en gaan hulle die saak verder opneem.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top