► In Mediumtermynbegroting van Minister van Finansies Tito Mboweni feitlik geen melding van landbou en die geweldige druk op boere oor wydverspreide droogte; op vraag van VF Plus pres. Cyril Ramaphosa ontwykend oor enige bystand aan kommersiële boere ► VF-Plus in Gauteng sê Gauteng Onderwysdepartement moontlik skuldig aan onreëlmatige besteding van R1,2 miljard i.v.m. skoolsvoedingsprojek, dít terwyl die LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi Afrikaanse skole vir geringste vermoedelike oortredinge aanspreek ► Dit blyk of dorpe Dewetsdorp, Vanstadensrus en Wepener feitlik geen munisipale dienste ontvang vanaf Mangaung Metro onder wie hulle ingedeel is nie ► Adjunk-pres. David Mabuza op besoek aan China tydens sitting van SA-China Bilaterale Kommissie wys op die talle geïntegreerde tussen die twee lande o.a. dat 65 Chinese maatskappye R116 miljard in SA belê het (hierdie syfer soos genoem, Ditsem Nuus kan nie korrektheid verifieer nie) ► Stad Kaapstad ontvang R300 miljoen van Nederlandse regering om MyCiti snelbusdiens na Khayelitsha en Nyanga uit te brei ► Nederlandse man (35) en vrou (75) in Marlothpark, Komatipoort, vermoor deur versmoring deur hul monde toe te prop, man se vrou en dogter oorleef aanval ► Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stem 232-196 ten gunste van verdere ondersoek of pres. Donald Trump in staat van beskuldiging geplaas moet word oor Oekraïne ► China Mobile in China maak bekend dat sy 5G-tegnologie, 100 keer vinniger as 4G, nou in 50 stede insluitende Beijing en Sjanghai beskikbaar is ►

Dit is gisteroggend bekend gemaak dat die federale bestuur van die DA die lidmaatskap van Patricia de Lille van die party beëindig het en dat sy as gevolg daarvan ook as burgemeester van Kaapstad ontslaan is. In haar pos as burgemeester sal die adjunk-burgemeester Ian Neilson tydelik waarneem.

Die stap volg op ‘'n uitgerekte stryd tussen die DA federale bestuur en De Lille oor klagtes wat nie werklik konkreet op die tafel gesit is nie en ten opsigte waarvan De Lille deurgaans ‘'n openbare verhoor geëis het. Gister het De Lille in reaksie gesê dat sy “die DA komende Vrydag in die hof sal sien”.

De Lille het aan die begin van die maand egter vurige kole op haar kop gehaal toe sy sonder oorleg met die DA topbestuur saam met Julius Malema by ‘n EFF-geleentheid in Brandfort opgetree het.

Inmiddels is daar skynbaar ook verdeeldheid in DA geledere oor uitsprake van leier Mmusi Maimane tydens Meidagvieringe dat een van die groot probleme in die land is “wit bevoorregting”. Van die blanke lede van die party van die top af ondertoe is nie geneë met hierdie siening nie en sê dat die speelveld in die land lank reeds veronderstel is om gelyk te wees.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top