► In Mediumtermynbegroting van Minister van Finansies Tito Mboweni feitlik geen melding van landbou en die geweldige druk op boere oor wydverspreide droogte; op vraag van VF Plus pres. Cyril Ramaphosa ontwykend oor enige bystand aan kommersiële boere ► VF-Plus in Gauteng sê Gauteng Onderwysdepartement moontlik skuldig aan onreëlmatige besteding van R1,2 miljard i.v.m. skoolsvoedingsprojek, dít terwyl die LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi Afrikaanse skole vir geringste vermoedelike oortredinge aanspreek ► Dit blyk of dorpe Dewetsdorp, Vanstadensrus en Wepener feitlik geen munisipale dienste ontvang vanaf Mangaung Metro onder wie hulle ingedeel is nie ► Adjunk-pres. David Mabuza op besoek aan China tydens sitting van SA-China Bilaterale Kommissie wys op die talle geïntegreerde tussen die twee lande o.a. dat 65 Chinese maatskappye R116 miljard in SA belê het (hierdie syfer soos genoem, Ditsem Nuus kan nie korrektheid verifieer nie) ► Stad Kaapstad ontvang R300 miljoen van Nederlandse regering om MyCiti snelbusdiens na Khayelitsha en Nyanga uit te brei ► Nederlandse man (35) en vrou (75) in Marlothpark, Komatipoort, vermoor deur versmoring deur hul monde toe te prop, man se vrou en dogter oorleef aanval ► Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stem 232-196 ten gunste van verdere ondersoek of pres. Donald Trump in staat van beskuldiging geplaas moet word oor Oekraïne ► China Mobile in China maak bekend dat sy 5G-tegnologie, 100 keer vinniger as 4G, nou in 50 stede insluitende Beijing en Sjanghai beskikbaar is ►

Konsep vir Wet op Selfbeskikking opgestel

N.a.v. die Akkoord wat op 23 April 1994 aangegaan is tussen die destydse Nasionale Party, die ANC en die VryheidsFront en welke dokument deur verskeie prominente persone as getuies geteken is, o.a. die ambassadeurs van Duitsland en die VSA, is ná jare van formulering en redigering deur die Nasionale Burgerregte Raad (NBR) ‘n konsep Wet op Selfbeskikking opgestel. Die Akkoord, ‘n kopie waarvan by hierdie skakel gevind kan word, het sy beslag gevind in artikel 235 van die SA Grondwet wat voorsiening maak vir territoriale selfbeskikking vir elke groep mense wat ‘n gedeelde taal- en kultuuragtergrond het.  

Met die konsepwet is gesorg dat dit binne die bepalings van die Grondwet val en dat derhalwe geen wysigings aan die Grondwet nodig is nie. Om die konsepwet te lees, volg hierdie skakel. Die wetsontwerp word tans gesirkuleer vir bekendstelling en kommentaar.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top