►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Betogings, brandstigting en plundery landswyd

Betogings, brandstigting en plundery kom tans landswyd voor, skynbaar onder die geloofwaardige dekmantel van protes teen dienslewering, maar wat ontaard in grootskaalse brandstigting en plundery. Die ergste geval het op Don. 12 Julie in Kimberley plaasgevind toe 'n massabetoging teen swak dienslewering en uitgebreide korrupsie deur die Sol Plaatje Munisipaliteit handuit geruk het in plundery van winkels in die middestad en brandstigting by die nuwe Sol Plaatje Universiteit.

Van die eerste winkels wat geplunder is, was drankwinkels, terwyl die vensters van die West End Vleismark flenters gegooi is. Die eienaar van die slaghuis, Adriaan de Klerk, sê hy is veral teleurgesteld in die optrede van die gemeenskap omdat hulle 26 sopkombuise bedryf en ook gereeld help as daar skool- en kerkgeleenthede is.

Na berig word, is die Polisiestasies te Ipeleng, Galeshewe, Roodepan en Smidtsdrift ook aan die brand gesteek, terwyl die R31-pad tussen Kimberley en Barkley-Wes met groot klippe versper is. Verskeie Polisielede is ook tydens die gewelddadige betogings beseer, besighede is gevra om te sluit en alle inwoners, veral kinders, is versoek om binnenshuis te bly.

Voorts is berig ontvang dat die pad tussen Krugersdorp en Johannesburg weens brandende bande en klipgooiende betogers gesluit is en die verkeer na alternatiewe roetes herlei is. In die Wes-Kaap is Hermanus voortdurend die toneel van betogings, klipgooiery en brandstigting. Die Internet en sosiale media wemel van foto’s en video’s – sien ook www.ditsem.net en Ditsem Facebook.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top