►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Noordwes onder “UN administration”

Die koerant The Citizen berig dat Noordwes premier Job Mokgoro en “UN Coordinator” Nardos Bekele-Thomas ooreengekom het dat die provinsie onder “UN administration” geplaas word met die oog op 'n herstelpad na 'n gesonde en volhoubare provinsie teen volgende jaar. Dit geskied ingevolge 'n VN ontwikkelingsprogram wat gevolg word op dieselfde beginsels as die Marshall-plan en dek terreine soos gesondheid, maatskaplike dienste, landbou en anti-korrupsie.

Op hierdie stadium is min besonderhede oor hierdie VN-intervensie bekend, maar dit verbaas dat die aankondiging nie van die nasionale regering gekom het nie, aangesien VN-intervensie in enige land nie sonder die toestemming en samewerking van die nasionale regering kan geskied nie. Dit is ook die eerste keer dat die VN aktief betrokke raak in bestuur en / of wet en orde in Suid-Afrika.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top