Print this page

Hof verplig SAPD oor MK-inligting

Die Noord-Gautengse hooggeregshof het die SAPD in ʼn dringende interdik aangevra deur Solidariteit met koste beveel om alle inligting rakende die voormalige NSF-lede (Non-Statutory Forces), wat MK- en Apla-lede insluit en wat die SAPD deur ʼn geheime menshulpbronprojek wil bevorder, bloot te lê. Die hof het voorts 'n moratorium geplaas op die bevordering van voormalige NSF-lede.


Dit behels dat die SAPD nou alle relevante inligting binne 60 dae aan Solidariteit moet verskaf, terwyl alle bevorderings i.v.m. die NSF-projek gestaak word sonder dat die normale bevordering van ander Polisielede geraak word. Volgens Solidariteit wou die SAPD onregmatig voortgaan met die bevordering van NSF-lede selfs ondanks ʼn vorige beperkende hofuitspraak.

Solidariteit sê dat die ongrondwetlike bevordering van 628 MK-lede en die uitsluiting van 150 000 ander professionele SAPD-lede ter sprake was. “Dié interdik is ʼn groot deurbraak in ons geveg om duisende professionele, loopbaangedrewe SAPD-lede te beskerm teen dié onwettige en diskriminerende projek wat hul toekoms in die wiele sou ry,” aldus Solidariteit.

Gradeer die artikel
(0 stemme)