Die ondenkbare tragiese het gebeur – swart radikale studente het oorgeneem by die Universiteit van die Vrystaat (UV), eens die bastion van Christelik-Afrikanernasionalisme. In die afgelope verkiesing vir die UV Studenteraad 2018/19 het die EFF bo uitgekom en is Sonwabile Dwaba as voorsitter verkies, met in die ander sleutelposte EFF-lede adjunk-president Bokang Fako, sekretaris Khanya Ralarala, tesourier Vuwe Mqushulu, lid vir beleid en transformasie Koketso Khunou en studente-ontwikkeling Patrick Sebudi. De eerste wat Dwaba gesê het is dat die standbeeld van pres. MT Steyn voor die hoofgebou “moet val”. Hy het voorts aan studente gesê: “Ek kan dit alleenlik vermag as julle my help. Slegs studente in groot getalle sal hierdie universiteit transformeer. 'n Student, Mariza Steyn, het in reaksie gesê: “Diegene wat weet wie pres. MT Steyn was en wat hy alles vir die land gedoen het, moet sy nalatenskap verdedig.” 'n oud-student, Anna Jordaan, het gesê: “Dit voel asof al die wit mense se kutuurskatte tot niet gemaak word.” 'n Personeellid wat al 18 jaar by die UV werksaam is, het gesê: “Kort voor lank is dit nie net weg met die beelde nie, maar ook met die wit bevolkingsgroep. Ek voel bedreig en so ook van my kollegas.”