Aletheim 1

► Plaasmoord Hartbeespoort, man en vrou deur ongeveer 5 aanvallers oorval, man tussen bene geskiet en vrou noodlottig in bors ► Plaasaanval Tongaat KZN, 70-jarige man en familie deur drie gewapende aanvallers oorval – juweliersware, kontant en selfoon geroof ► Plaasaanval Onderstepoort/Haakdoornboom, drie aanvallers verrinneweer bejaarde egpaar 77 en 78 jaar oud, vrou heup gebreek, man ernstige kopwonde, aanvallers ontvlug met besittings en motor ► Bettysbaai oorval deur wegholbrand, 31 huise brand af, talle mense onder wie bejaardes verloor alles; vraag brandstigting? ► Valke en snuffelhond ontbloot kokaïne besending op Suid-Amerikaanse vragskip in Port Elizabeth hawe ter waarde van R720 miljoen ► Video sirkuleer op sosiale media van kommentaar deur swart man op kundige swart politiek in SA – vraag is leuens of waarheid – kliek hier om te oordeel ► Britse Laerhuis stem môre oor Brexit, groot toets vir eerste minister Theresa May ► Parlementêre mediaverklaring oor Koffiefontein plaasskietery betreur hartroerend dat Polisieman doodgeskiet is en een gewond, maar hoegenaamd geen melding dat twee blanke boere ook omgekom het nie

Die topbestuur van Agri SA o.l.v. president Dan Kriek en uitvoerende hoof Omri van Zyl vergader vanoggend met die topses van die ANC oor “beste oplossing vir grondhervorming” in die Riverside lokaal, Leriba Lodge, Centurion. Dit is te midde van fel kritiek uit behoudende landbougeledere dat gegee die reeds verklaarde voorneme van die ANC en wat hul korrupte baanrekord is, daar niks konstruktief uit 'n sg. gesamentlike oplossing kan kom nie en dat die hele geval inderwaarheid na 'n nuwe “kodesa-uitverkoop” ruik.

Dit volg op die skerp kritiek wat Agri SA gehad het op die veldtog van AfriForum teen plaasmoorde en grondonteiening sonder vergoeding en AfriForum van destabilisering beskuldig het. Agri SA het gevolglik self met ambassadeurs van Westerse lande in SA gesprek gevoer en klaarblyklik 'n repudiërende boodskap t.o.v. AfriForum oorgedra, sonder om name te noem.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

VVK2 banier